Tensy jy ‘n baie groot bewonderaar is, is jy seker al daarvoor moeg: Michael Jackson wat op TV en die media in jou keel afgedruk word. Dalk het jy selfs al die grappies gehoor. Onsmaaklike goed soos dat hulle hom gaan smelt en Lego-blokkies maak, sodat kinders met hom kan speel.

Is mense wat sulke grappe maak dalk jaloers op sy sukses, soos Rian van Heerden beweer? Is die grapmakers se gedrag slegter, of beter, as mense wat hom bewonder sonder om ‘n oomblik te dink aan misdaadklagtes teen hom? Kan mens redeneer dat mense wat sulke grappe maak, minstens gewalg is deur kindermolestering-klagtes, en die bewonderaars vergeet iets groots?

Ongeag of die molestasie-bewerings waar was of nie, dis onbeskryflik tragies- en totaal onnodig- as mense selfmoord pleeg oor die dood van ‘n sanger wat hulle nie geken het nie. Ja, hy was die top-albumverkoper van alle tye, maar watter ewigheidswaarde het dit?

Op die ou end is daar g’n dalk g’n rede om beroemdes soos helde te vereer nie. Hulle is ook maar net mense. Hulle maak ook foute- party erger as ander. Dalk is Karin Eloff reg dat ons eerder goeie polisiemanne, onderwysers, verpleegsters en paramedici moet vier- mense wat ‘n verskil in die samelewing maak elke dag.

Eendag, so lui die ou legende en John Godfrey Saxe se gedig, het ‘n klompie blindes aan ‘n olifant gevoel.

Die een het aan die stert gevat, en gesê dat hy ‘n toutjie beethet. Nog een het ‘n poot omhels, en beweer dat die voorwerp voor hulle ‘n boomstam is. Die een wat die slurp bevoel het, kon sweer dit was ‘n slang. Vir die een wat ‘n tand aangeraak het, was die ding spies-agtig. Eers toe hulle saam gesels, besef hulle hierdie ding het 4 dik boomstamme(bene) onderaan, en ‘n toutjie agter, én spies-agtige uitsteeksels, ens.
Baie mense sê dat dit is hoe geloof in God werk: Ons moet maar elkeen volgens sy eie belewenisse en ander s’n die waarheid uitwerk. Soos een persoon beweer:
“All conceptions of the inconceivable are equal.” In attempting to write about the nature of God, the prime-mover of all existence is either an exercise in humility or one of futility. Those who speak about the ineffable with absolute certainty, have nothing to say.”

 

Maar daar is iets wat die prentjie, in die Christen se wêreldbeeld, heeltemal verander. Dalk is ons steeds, by wyse van spreke, blindes wat saam die olifant voel, maar ons olifant kan praat. Ons olifant vertel self: “Daardie ’slang’ is die slurp aan my voorkant. Daardie goed wat jy vir boomstamme aansien, is my bene.” Ons glo dat God in die geskiedenis aan mense verskyn het. Hy het lewendig geword, en as mens verskyn in Judea in die eerste eeu. Hy is gekruisig onder ‘n werklike persoon van daardie tyd. Hy het historiese rekords van sy bestaan gelos. Trouens, sy dood, sy leë graf en sy volgelinge se belewenisse met hom na sy opstanding is van die bes bewese geskiedkudige feite van die antieke tyd.


Hierdie man, só bely ons, was (en is) God self. Hy is nie net nog ‘n blinde aardling wat die geloofs-”olifant” bevoel nie. Jesus se boodskap was heel dikwels net: “Kom na my” of “Volg my.” Want Hy is God. Hy het sonde vergewe, en vertel dat Hy alle gesag het in die hemel en op aarde. Hy het beweer dat Hy die begin en die einde was, en dat Hy die enigste weg na God was. Toe hy gevra is om te bewys op watter gesag hy doen wat Hy doen en sê wat Hy sê, het Hy vertel dat Hy uit die dood sal opstaan- wat Hy toe gedoen het.

Hoe weet ek dat die Christendom waar is? Waarom beweer ek dat God nie die Onverstaanbare is, waarvan een konsep ewe goed as die volgende is nie? Want God self het aarde toe gekom en met ons kom praat. Ander godsdienste het ook profete. Profete is maar, soos ek en jy, voelers aan die olifant. (Party van hulle het sekerlik aan meer van God “gevoel” as ons, terwyl party aan iets anders gevoel het en gedink het hulle voel God.) Maar een Individu in die geskiedenis het ‘n groot deel van die wêreldbevolking deur baie eeue oortuig hy is self God. In Sy Naam is daar meer hospitale, skole en kinderhuise opgerig as enige ander naam. Party skeptici reken dat die verskillende gelowe maar net ‘n geval is van om een “primitiewe feëverhaal” bo ‘n ander te kies. Maar Jesus is ‘n werklike historiese karakter waarvan talle bronne bestaan. Wat ookal ander gelowe is, Jesus se lewe, boodskap, sterwe en leë graf val in ‘n klas van hulle eie. Die olifant kan praat. God self het, in die vorm van Jesus, vir ons kom sê hoe om te lewe, en wat anderkant die graf wag.

Radiokansel het glo ‘n lisensie gekry om vanuit Gauteng uit te saai, maar nie vir ‘n Kaapse sender nie. Die rede hiervoor is glo dat “net die SAUK landswyd mag uitsaai.”

Wat vir ‘n reël is dit? Dit is ‘n beperking op spraak- en- mediavryheid in Suid-Afrika vir geen duidelike rede nie. Waarom mag Radiokansel net met mense in een gebied praat? Dink net wat die oproer sal wees as ‘n koerant of tydskrif verbied sou word om landwyd te versprei, met die boodskap “net die regering mag ‘n gedrukte opinie landswyd versprei.” Waarom geld ander reëls vir ‘n radiostasie?

En dis in ieder geval nie waar dat nét die SAUK landwyd mag uitsaai nie. M-Net en E.TV saai ook landswyd uit. Die regering het geen reg om ‘n wet te maak dat slegs hulle mondstuk landwyd mag uitsaai nie. Om presies te wees, hierdie is die soort ding wat spraakvryheid-voorstanders moet laat rooi sien. Baie meer as wanneer politici die media vir rassiste uitkryt, of Steve Hofmeyr tee in ‘n redaktrise se gesig gooi. (Laasgenoemde twee was al genoem in ‘n Tim du Plessis -artikel oor spraak- en mediavryheidvryheid.)

Hierdie blogger het so ‘n klein Engelse blog wat nie gereeld gebruik word nie. Omtrent net as ek die moeite doen om met gepubliseerde statistiek te stry. Vandag was weer een van daardie dae.

Ongelowiges in God op hierdie blog het al vir my gesê dat ongelowige samelewings die gesondste is. Sulke ongelowiges het ongesond sterk geglo in ‘n stel syfers van ene Phil Zuckerman, wat ek hier bevraagteken. (Kortom, hy het abnormaal hoë syfers vir die aantal ongelowiges in Skandinawië se oënskynlik gesonde samelewings, en abnormaal lae syfers vir ongelowige lande soos China, Kuba en Noord-Korea. En dis nie sy enigste probleem nie.)

My Afrikaanse lesers is welkom om daar te gaan lees en hier (of daar) kommentaar te lewer. (Op daardie blog, omdat ek nie so gereeld by hom uitkom as hierdie een nie, word die kommentaar gelees voor plasing. Julle mag dus verkies om hier te praat eerder as om te wag.)

Party slimmes vertel ons armoede is die rede vir misdaadvlakke in Suid Afrika. Dis seker nie 100% onwaar nie. Maar heelwat lande is armer as Suid Afrika, met laer misdaadvlakke. En hoe verklaar armoede korrupte parlementslede? Hoe verklaar armoede verkragting? En is armoede werklik die rede vir die moordsyfer?

Miskien is armoede nie die regte probleem nie. Miskien is die probleem eerder dat mense armer is as wat hulle dink hulle moet wees? In 1994 is die massas huise, elektrisiteit, yskaste en stowe belowe- en vir die meeste van die armes het dit nie gerealiseer nie. Dis nie dat Suid Afrika nou armer is as toe die misdaadsyfers laer was nie. Mense se verwagtings is wel anders. Hulle begeer hulle naaste se “bees” (gebruiksimplimente- yskaste en stowe) en “donkie” (ryding- Mercedes) en alles wat aan hulle “naaste” behoort meer.

Omdat mense glo hulle het die reg op die “rykes” se goed, stem hulle vir ‘n party wat uitgebreide welsynspakkette beloof. (Suid Afrika het 2,5 welsyntoelae-ontvangers vir elke 1 belastingbetaler.)* Omdat mense glo hulle het die reg op die “rykes” se goed, steel en roof hulle en kaap hulle motors.

Miskien is die oplossing in die eenvoud van die tien gebooie opgesluit: “Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie. Jy mag nie sy vrou begeer nie, ook nie ‘n slaaf of slavin, ‘n bees of ‘n donkie of enigiets wat aan jou naaste behoort nie.” Werk vir jou eie huis en jou eie “donkie.” Maak vir jouself ‘n vrou (of man, as jy vroulik is) die hof wat nog nie iemand anders s’n is nie..

As ek glo mense moet werk eerder as om te vra of te gryp, vergeet ek dan die gelowige se plig het om te gee? Is ek onsimpatiek? Nee, die Christen mag nie sy hart verhard teenoor sy medemens nie. Maar verse oor hulp aan weduwees en weeskinders (mense wat te oud of jonk is om te werk) kan byvoorbeeld nie netso van toepassing gemaak word op elke arme in enige kultuur nie.

Dis boonop so dat God nie mense indeel in ‘n ryk klas wat moet gee en ‘n arm klas wat net hoef te vat nie. Die gelowige moet deel, al het hy net twee kledingstukke. My droom is dat sowel misdadigers as welsyn-ontvangers, gewers (van hulle talente en gewilligheid- vir werkgewers of klante), in plaas van net vatters sal word.

————

* Volgens verskeie bronne is daar 5,3 miljoen belastingbetalers en 13,3 miljoen ontvangers van staatshulp in Suid Afrika. Hierdie toedrag van sake gaan na verwagting vererger. Selfs buitelanders, as hulle wettiglik die land binnegekom het, mag welsynstoelaes vanaf die regering kry. (Lees “belastingbetaler” waar “regering” staan.)

Science flies man to the moon. Religion flies man into buildings.

Ons kan gerus skepties wees oor sulke slagspreuke. Die eerste probleem met daai stelling is natuurlik dat wetenskap (en tegnologie) mense wel in geboue invlieg, in presies dieselfde opsig as wat wetenskap (en tegnologie) mense maan toe vlieg. Dis wetenskap wat die mens laat vlieg het, wat uitgewerk het dat ‘n gebou deur ‘n vliegtuig vernietig kan word. Wetenskap verskaf die tegnologie en vermoë vir albei.

En politiek is ‘n vername rede waarom albei hierdie dinge gebeur het: Die eerste maanreise was tydens die koue oorlog ‘n (baie duur, vir die belastingbetaler) manier van spiere wys, en 9/11 gaan oor politiese sake soos die verdrukking van die Palestyne, asook die Amerikaanse en Britse steun aan Egipte en Saudi-Arabie. Alle oorloë word deur politiek en regerings veroorsaak, maar die oorgrote meerderheid oorloë het nie godsdiens onder die oorsake nie.
Waarom kry wetenskap eer as iemand op die maan land, maar kry hy nie nie skuld as iemand hom gebruik om atoombomme te maak of vliegtuie in geboue vas te vlieg nie? As jy wetenskap bedank vir die “goeie” dinge waartoe hy die vermoë gee, moet jy hom mos kritiseer vir die slegte dinge waarvoor hy die vermoë gee?

 

Wetenskap is nie iets om te verafgod nie.Wetenskap kan fantastiese of aaklige gevolge hê. Wetenskap alleen kan ons nie in ‘n utopia inlei nie. Om onkrities lof aan wetenskap te gee, is ‘n vorm van scientisme, ‘n religie wat teen alle rasionaliteit ingaan. Die regte gesindheid in die mens is nodig om wetenskap, of watter nuttige ding ookal, reg aan te wend.

Op ‘n ander blog het deelnemers hierdie week ‘n gesprek gehad oor geloof en wetenskap. Iemand vertel daar dat hy bang is vir die pad waarop dit hom dalk sal plaas as hy eers begin glo dat sekere dinge in Genesis nie letterlik bedoel is nie. Dit bring die gesprek op die ou end by deconversion uit, en by lewe sonder om in God te glo. Iemand sê toe dat sonder God, sy lewe betekenis sou verloor. Waarop meer as een ongelowige (billik) antwoord: “Maar my lewe het dan betekenis! Moenie veralgemeen nie!”
En dis waar. ‘n Spesifieke ongelowige kan ewe veel of meer sin in sy lewe beleef as ‘n blindweg gekose (randomly chosen) Christen. Die verskil lê elders: As ons vir ewig leef, en as ons dade ewig betekenis het, teenoor medemense wat ook ewig leef, dan is “betekenis” ‘n objektiewe realiteit, ‘n feit. As die mens maar net vergaan, en geen hoër gesag bestaan om te sê wat waarde het en wat nie, is betekenis ‘n subjektiewe opinie.
As gelowige kan ek rasioneel glo dat die lewe wat God my gee, vir ‘n rede gegee is. Geloof in Jesus maak dat ons realistiese gronde het vir die dinge wat werklik saakmaak – dinge soos betekenis en omgee. Ons is hier vir ‘n rede. Ons moet ons kanse en talente gebruik. Wat jy sê en doen en leef maak vir ‘n verskil- vir ewig.
 

 

pic

20090405_110716_DebateTop_300Die geleentheid was uitverkoop. Mense het ure tougestaan om in te kom. Elke ouditorium op die kampus was volgepak, en daar was ‘n web-uitsending na 35 ander Amerikaanse state en 4 ander lande. Waarvan praat ons? ‘n Beroemde sanger? ‘n Sportbyeenkoms?

Nee, ons praat van ’n debat. Tussen Christopher Hitchens (Joernalis en skrywer van God is not great: How religion poisons everything) en William Lane Craig (Professor in Filosofie). En die onderwerp? Dit was “Does God exist?” (En party mense sê dat byna niemand meer in godsdiens belang stel nie!)

Mens kan seker die video koop, maar vir nou moet ek maar tevrede wees met opsommings soos Doug Geivett s’n, Rebecca LuElla Miller s’n, en Wintery Knight s’n.(As jy net een van hierdie wil lees, beveel ek Geivett aan.)

Dit is so dat mense nie vinnig hulle opinie verander in sake soos hierdie nie. Nogtans lyk dit of selfs ongelowiges erken dat Craig gewen het. (En party gelowiges hoop selfs dat hierdie vir Hitchens op die lang duur in bekering se rigting sal help.) Natuurlik het Craig se voorbereiding en debatsvernuf iets met sy oorwinning te doen, maar op die ou end kán hy só ‘n debat wen oor daar bewyse is vir God se bestaan.

En hierdie soort debatte gaan nie net oor die kop nie. Soos Rich Bordner daaroor sê:

The highlight of the debate for me was when Craig made an evangelistic appeal to both Hitchens and the non believers in the audience. Of course, Hitchens wasn’t just gonna bow the knee right there, but this underscores a proper view of apologetics: it is an evangelistic, missionary enterprise.
I frequently hear Christians dismiss apologetical ventures because “its all just arguing about words. You can’t win anyone to Christ with an argument. Only the Holy Spirit can do that. It’s all head and no heart and is totally irrelevant to my life.”
First, I think anyone watching tonight could see Craig’s character and fervent love for the Lord. I’ve seen the same for many Christian philosophers and apologists on the intellectual front lines. They are winsome and attractive ambassadors, as Koukl says. This puts that last objection (it’s all head and no heart) in it’s place.
Secondly, *nothing* in isolation can win someone to Christ without the Spirit, not even love or acts of service. But people are won over to Christ with arguments all the time when they are used by the Holy Spirit. With the Holy Spirit’s help, they are quite potent.

Ja, daar is redes om te glo. En daar is redes om jou lewe aan Jesus oor te gee.

die-chroniken-von-narnia-der-konig-von-narnia-wallpapera

Ons is hier vir ‘n rede. Ons is deel van ‘n oorlog tussen lig en donker. Ek kom gister af op hierdie inspirerende toespraak (met verwysings na Lord of the Rings en Narnia) deur Anthony Horvath. Koningskinders mag nie moed opgee nie.

Op ‘n onlangse draad hier het iemand indirek beweer dat Hitler ‘n Christen was, en ‘n stuk aangehaal wat Hitler daaroor gesê het in die openbaar, toe hy nog wou hê mense moet vir hom stem. (Ons almal weet hoe politici kan lieg om verkies te word.) My antwoord was om ander Hitler-aanhalings te gebruik om te wys hoe hy regtig oor die saak gevoel het, opmerkings wat gemaak is toe hy nie stemme gesoek het nie.

Hier is ‘n webblad wat ek vandag oor die tema raakgeloop het (’n skakel soontoe het in my inbus beland.) Die blad se subopskrif beweer dit gaan oor “A Scriptural Analysis of Anti-Semitism, National Socialism, and the Churches in Nazi Germany. Debunking the Myth that Hitler was a Christian.” Die blad lyk vir my na ‘n sinvolle besprekingsbron oor die vraag van: “Baie mense het idees oor hoe die samelewing, ideaal gesproke, moet werk. Wat maak dat sekere idees op die ou end tot doodslag lei? Hoekom lei sekere idees meer gereeld as ander tot massaslagtings?

Next Page »