Nou laas moes ek op ‘n form my ras merk. Daar was vier keuses: White, Indian, Coloured en African.
Nou ja, ek is definitief nie Indian nie- nie ek of een van my voorsate (díé waarvan ek weet) kom van Indië nie.
Hulle wil seker hê dat ek “white” invul, maar ek is nie White nie. My vel het so ‘n ligte kleur iewers tussen pienk en appelkoos, maar behawe vir die wit in my oë is ek nie wit nie. Nie eers my tande is wit nie.
Ek is African, want ek bly nog my hele lewe in Afrika (het al in Suidwes en in Transkei gebly as kind, maar meestal in SA.) Ek het van geboorte af burgerskap van ‘n Afrika-land: Suid Afrika. Al my voorsate waarvan ek weet – op een Joodse oorgrootjie na – bly hulle lewe lank in Afrika.
Ek is ook Coloured- alles aan my het ‘n kleur.

Nou wat is ek veronderstel om in te vul?