Eendag, lank gelede, het ‘n dief in ‘n juwelierswinkel ingebreek. Die juwele was goed beveilig in geslote uitstalkaste met alarmstelsels, maar die pryse was buite-op die kaste. Hy het toe al die pryse omgeruil met die doel om bedrog te pleeg: Peperduur diamant-en-platinum hangertjies het die pryse van kostuumjuwele gekry, en goedkoop plastiek-oorbelle die pryse van duur ringe. Die volgende dag maak die winkel soos gewoonlik sy deure oop. Maar die snaaksste ding was dat niemand dit agtergekom het nie! Die klante het ingekom en hulle neuse opgetrek vir goeie werkmanskap in goud en edelstene, maar soms jare lank afbetaal aan namaaksels. (‘n Storie)

 

 

“Hollywood is a strange place. They give you $10 000 for a kiss and 50 cents for your soul.” – glo gesê deur Marilyn Monroe

 

 

Kougom wat Britney Spears na bewering gekou het is op ‘n stadium op die Internet verkoop. Dis moeilik om agter die ware syfer te kom, maar dit het volgens gerugte $270; $350, of $5 200 gehaal. “The meaning of life”  was ook ‘n tyd gelede op e-bay verkoop- vir $3,26.

 

 

 

Dis nie net Hollywood nie, Marilyn. Die hele wêreld is ‘n snaakse plek.