Idees vir lesmateriaal

bidkidjap1Hallo! Dis alweer die begin van die jaar vir Sondagskool en kinderkerk en al daardie dinge begin. Watter lesmateriaal vind ek goed vir jeugwerk?

Werner en Tania Schultz (wat my opgelei het in kinderwerk) gee as KidsXpress ‘n hele paar boeke kinderwerk lesse uit. Hulle materiaal betrek die kind aktief en is maklik om te gebruik. (Miskien is ek hier besig met nepotisme, want ek ken vir Werner en Tania. En Chrissie wat deels hulle kleuterboeke skryf.)

Modkats is goeie tematiese stof vir kinder- en tienerkategese, wat selfs so nou en dan gesinspreek- materiaal insluit. Dit verg egter ‘n metode-skuif van die gemeente, omdat dit vra dat diegene wat by die kategese betrokke is baie nouer saamwerk, en sommige programme saam voorberei vir grootgroepe of graadgroepe. Gemeentes wat bloot hierdie materiaal in elke kategeet se hand wil druk sonder om die samewerking-kultuur te vestig, hou nie van Modkats nie. Groter gemeentes is blykbaar meer gewillig om die moeite te doen hiermee as kleiner gemeentes.
 

As jy ‘n ouer is wat jou kinders van God wil leer, het Jane van Deventer, wat ek ken oor ek as vrywilliger vir Child Evangelism Fellowship werk onder haar, onlangs ‘n webblad daaroor begin, en   ‘n boek daaroor uitgegee. (In die VK versprei die uitgewer die boek, hier het sy kopieë om self te versprei.)

(Hier is gou ‘n boekie met idees vir lofgebede met kinders: praise . Hierdie boek en heelwat soortgelykes was beskikbaar op www.praykids.com . Die blad is nie tans meer beskikbaar nie.)

————-

Soortgelyke artikels hier en hier.

14 Responses to Idees vir lesmateriaal

  1. Hi Kan Jy my help met kinderkerk idees vir kinders van 3-5 asb ek begin die 8 Feb 2009 Klas gee asb en dankie

  2. Louwrieka, nou is natuurlik bietjie laat om te begin materiaal soek vir môre. Wat ek op die langer duur kan aanbeveel is KidsXpress se 2 kleuterboeke. Hulle skakel is hierbo.

  3. Hanli Rose-Innes

    Sjoe, is ek bly om op hierdie webwerf af te kom. Ek is by die diepkant ingegooi by ons kerk – daar is hoegenaamd beplanning, ‘n skedule of enige iets nie. Dankie vir julle moeite en dat julle bereid is om julle vernuf te deel!

  4. Hier is ook ‘n plek waar ‘n verskeidenheid lesmateriaal te koop is: http://www.bmedia.co.za/dienste/index.php?option=com_content&task=view&id=419&Itemid=207
    As jy op daardie bladsy is, gebruik die “Klik hier om die Jeugfokuskatalogus 2008 af te laai” -skakel. (Moenie my mening vrA oor die waarde van soorte materiaal in daardie katalogus nie, want ek ken nie alles daarin nie.)
    Ek hou van die Kingdom Visuals materiaal daar, veral as jy ‘n groep lei wat jy nie soos by die gemiddelde gemeente-Sondagskool, van weet dat hulle oor ‘n paar jaar lank betrokke gaan bly nie. Vir Sondagskoolgroepe bestaan daar meer sistematiese materiaal.

  5. idees vir kinderkerk leier

  6. Kan julle my help met voorstelle vir kinderkerk sertifikate?

  7. Die vraag waaroor ek dink, is: Hoe hou mens ‘n einde van die jaar seremonie wat nie net beloon vir bywoning (dikwels is getroue bywoning en ontrou bywoning te danke/ wyte aan die ouers se getrouheid/ ontrouheid, in elk geval)nie? ‘n Seremonie wat kombineer met die les dat God jou gaan beloon, ook vir dinge wat jou kategeet nie sien nie? As die Here my antwoord, sal ek DV my idee pos. Maar dit sal dalk te laat vir hierdie jaar wees…

  8. Marlene Joubert

    Kan jy asb vir die die adres gee waar ek KidsExpress kan koop.

    Baie Dankie

  9. Webblad by:
    http://www.kidsxpress.org/

    Koop by: http://www.kidsxpress.org/bestel_a.htm

    (Terloops, die grys woorde en donkerrooi woorde in my artikel hierbo is skakels.)

  10. Hi

    Kan jy my asb help met lesmateriaal of idees vir kinderkerk Gr6? Dis die eerste keer wat ek sondagskool gee, en ons kerk het nie lesmateriaal nie.

    Dankie

  11. Op die lang duur sal ek jou aanbeveel om handboeke by Fixit te bestel, skakel hier: http://gelowigenondersoekend.wordpress.com/2010/01/27/lesse-vir-kinderwerk-nuwe-skakels/

    Op die kort duur tot die handboeke opdaag kan jy dalk die God ken jou naam, (in ‘n skakel vanaf die skakel wat ek hierbo gee) of die Jona-les, gebedsles of kruisles in hierdie afdeling (Kliek op die rooi woorde Idees vir Sondagskool Kleuterkerk Bybelklubs) gebruik.

  12. Ek is tans besig om ‘n boekie vir tieners te skryf. Dit is my 1ste poging en handel dit hoofsaaklik oor die drie-enige God. Ek het vir jare kategese gegee en a.g.v. my ondervinding met tieners en my verhouding met God, is dit my dringende begeerte om dit met jongmense te deel. Ek weet egter nie of daar dergelike boekies bestaan wat die onderwerpe aanraak nie en of dit enigsins van waarde sal wees vir die jongmense nie. Is daar ‘n manier hoe ek die eerste gedeelte wat ek geskryf het vir iemand met kennis van die haalbaarheid van my boekie kan stuur vir kommentaar?

  13. Hi in Jesus Naam .

    Ek wil by u hoor of u inkleur bybel prentjies het vir gdr 1 – 3 en ,ek moet hierdie Sondag iet he oor geloof ,wat my kindertjies in die kinderkerk kan in kleur maar daar moet onder aan ook n bybel versie wees by die prentjie .As dit moointlik is om van die hele bybel vir kinders te kan deur e-pos of waar ek dit kan kry . Dit moet so wees dat ek dit kan print , vir my bediening . Ek wil ook kinder vidoes in afrikaans ook he en hoe moet ek maak ?

    Seen Groete in onse Koning Jesus Naam .

  14. Ek weet nie waar jy videos kan kry in Afrikaans nie. My algemene gevoel oor Christelike kindervideos (ander mense kan kommentaar lewer dat hulle nie saamstem nie) is dat dit nie die gesag aan ‘n boodskap gee wat ‘n vlees en bloed onderwyser doen nie. As hulle dit tuis kyk is dit beter as sekulêre cartoons en baie beter as party goed wat hulle soms kyk, maar ek beveel dit nie aan vir kinderkerk nie. Mens kan wel met baie vrug klein grepies uit videos (nie eers godsdienstig nie) gebruik sonder om die les te vervang daarmee, bv.om ‘n argument met boetie uit te beeld as voorbeeld vir jou les oor hoe om boeties en sussies te behandel.

    Wat inkleurprente betref, kyk in http://gelowigenondersoekend.wordpress.com/category/idees-vir-sondagskool-kleuterkerk-bybelklubs/ vir die kruisiging-les, Hanna-les en Jona-les. Al 3 het swart-en-wit prente by. As jy ‘n teks daarby soek, skryf ene by voor jy fotostate maak.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s