Eendag was daar ‘n jong vrou met die naam Judy. Toe Judy vir Kobus ontmoet, vertel sy hom van haar hartseer verlede: Hoe sy as kind misbruik en mishandel was, hoe sy toe, om uit haar ouerhuis te kom, deurmekaar geraak het met Martin. Maar Martin, vertel sy, sit hierdie siklus van mishandeling voort. Om dit erger te maak, het sy sopas ‘n baba by Martin gehad.
Kobus, wie se ma en pa hom respektabel grootgemaak het, is geskok en probeer vir Judy red. Hy oortuig haar om ‘n interdik teen Martin te kry, en trou ‘n paar maande later met haar. Hy neem ook haar kind aan. Nie hoe te lank nie, of Kobus en Judy het ook ‘n kind van hulle eie.
Maar dinge gaan nie goed in hulle huwelik nie. Judy sê Kobus sleg van ‘n kant af as hy tuis kom, en Kobus reageer deur vroeer te gaan werk en later by die huis te kom. Ten minste word hy by die werk gerespekteer- hy is ‘n bekwame bestuurder van sy eie besigheid. Een slegte dag is die balju by Kobus. Met ‘n skeibrief. Toe hy huis toe gaan om met Judy te praat, is die slotte verander. Maar dinge raak erger. Kobus word kort daarna gearresteer op klagtes dat hy sy kleuters (een aangeneem, een sy eie) gemolesteer en sy vrou geslaan het. Kobus is totaal verbysterd. Na alles wat hy vir Judy gedoen het!
Om ‘n lang storie kort te maak, Kobus het enige besoekreg oor sy kinders verloor. Hy het sy blyplek verloor- Judy het die huis gekry. Judy het reeds ‘n ander man, Eugene, in die oog gehad toe sy hom los. Sy het vir Eugene vertel van die nare Kobus wat haar geslaan en haar kinders misbruik het. En Eugene se mense, en alle vriende wat sy na die Kobus-tyd gemaak het, het gegluur en agter hulle hande gefluister as hulle Kobus sien. Kobus het maar op die ou end sy besigheid (wat klaar minder klante gehad het oor die beskuldigings) toegemaak en vir hom werk iewers anders gekry waar niemand hom ken nie.
(Terloops, Kobus is ook nie meer so seker dat Martin vir Judy mishandel het nie…)
Volgens ‘n studie van verkragting- beskuldigings in Indiana is meer as 40% vals bewys. Nie bloot “nie genoeg getuienis nie” – uit die aard van die saak sal daar dikwels nie genoeg getuienis wees in so ‘n saak nie- maar bewysbaar vals.
Andere beweer weer dat gesinsgeweld (domestic abuse) baie seldsamer is as wat soms beweer word. Om presies te wees, dit word moontlik 2 250% oordryf!
Ek wil geensins geweld teenoor vroue of kinders goedpraat nie. Maar hoe kan vroue gestraf word as hulle willens en wetens leuens hieroor vertel? En wat kan mens doen om die saak reg te maak? Want om vroue ongestraf te laat bly vir leuens wat mans vernietig, is nie reg nie. Dit is nie aanvaarbaar dat vals aantygings ‘n wapen teen mans -of enigiemand -word nie.
November 2, 2009 at 9:17 nm
Ek het al baie hieroor getop.
Straf die vroue met dieselfde straf wat die mans sou kry as hulle skuldig was.