Paidion kinderbediening verkoop materiaal vir kinders van peuters (2 en 3 jaar) tot Gr. 6.
Ek is regtig beindruk deur Paidion se Gr. 4-6 voorbeeldles (hier en hier), en die lys temas vir daardie ouderdomsgroep. Aan die bietjie wat ek sien lyk dit meer intellektueel stimulerend as meeste materiaal – dit is die eerste kinderles wat wat ek ooit gesien het wat werk maak van ‘n sogenaamde teenstrydigheidin die Bybel (Die verskillende klem in Genesis 1 en 2). Te oordeel daaraan dat kinders gevra word om ‘n paar Bybelboekname ‘n slag op ‘n ry te leer lyk dit of Bybelhantering deel van die lesse is. En die program-siklus lyk op die oog af meer gebalanseerd en op wêreldbeskouing en dissipelskap gefokus as baie kinderlesse se eensydige, “vroulike” fokus op God se liefde en genade en ander liewe en dierbare sake. (Hierdie is ‘n eerste oogopslag- beoordeling, van materiaal wat ek nog nooit gebruik het nie.)
KidsXpress het nuwe Kinderkerk-materiaal: 4×4 avontuur vir kinders: ‘n Reeks van 6 lesse oor die lewe van die volk van God vanaf die beloftes van Abraham tot die bou van die Tabernakel.
En Bybelmedia se jeugfokus-katalogus kan hier afgelaai word.
Hier is ‘n paar kort voorwerplesse vir wanneer jy net vir ‘n paar minute iets met kinders moet aanbied, les-idees as jy oor Paulus se sendingreise praat, en gebed-idees.
————-