Dit is die blog van Retha Faurie

Talle dinge weet sy nie

Maar wat sy weet, dit sal sy lys:

Jesus is God, en het dit op talle maniere bewys.(1)

Wanneer sy nie weet, vra sy vrae

oor al die dinge wat haar breintjie pla.

Sy blog oor geloof, wat moet saak maak

want Jesus het haar nuut gemaak.

Sy blog oor Nuwe Ateïste, vir hulle opinies so-aan-die-brand

hulle reken sowaar logika is aan hulle kant

Sy blog oor omgee, wat dit sou beteken

om op hierdie aarde jou medemens se belange in te reken

Sy blog oor sommer kleinighede wat sy tussenin dink

Terwyl haar mede-bloggers met comments rinkink.

 

Salomon Ibn Gabirol het lank terug vertel wie jy kan glo(2)

As jy my dan dwaas vind, behandel my so.

As jy egter reken ek is ‘n kind

Help my om die waarheid te vind

As ek aan die slaap is, kan jy my wek, asseblief?

En as ek wys is, leer hier en wys jy het die waarheid lief.

 

———–

(1) I believe in Christianity as I believe that the sun has risen: not only because I see it, but because by it I see everything else.

–C.S. Lewis

(2) There are those who know not and know not that they know not

They are fools- shun them

 

There are those who know not and know that they know not

They are children- teach them

 

There are those who know and know not that they know

They are asleep- wake them

 

There are those who know and know  that they know

They are wise- follow them

 

–Salomon Ibn Gabirol

9 Responses to “Oor my”

  1. Bierpens Says:

    nog iemand wat verstaan…

    “mens gemaakte blik gedrukte christelikke bestaan”

    Dog ek raak van my kop af… wa het alles verkeerd gegaan?

  2. My name is Botha (as in Earl) Says:

    “Ek wil my koppie toevou om God en godsdiens (die twee pas nie altyd so goed bymekaar as wat mens dalk dink nie)”

    Dit is omdat godsdiens mensgemaak is en eintlik niks van God bevat nie.

    Godsdiens is net ‘n WYSTER na God — dit dui rigting aan — dit is nie God nie.

  3. My name is Botha (as in Earl) Says:

    Retha

    Ek dink aan iemand:

    Die persoon het uiters bekend oor die aardbol, hy het geweldig baie invloed op baie mense, en hy is/was ‘n Christen nie.

    Aan wie dink ek?

  4. My name is Botha (as in Earl) Says:

    Sorry! Moes lees:

    en hy is/was nie ‘n Christen nie.

  5. Nem Says:

    Cool site – hou van jou views.

  6. Emil Says:

    Retha, ek het ook ingeloer. Jy het ‘n wonderlike missie. Ek kom kuier weer en sien uit na indringende gesprekke met jou.

  7. annerkant Says:

    Retha, dit is sommer net lekker om te sien dat iemand dink en nie net sluk wat die lepel voer nie. Sal gereeld hier inloer.

  8. Poenerhoes Says:

    Hi Retha, jy klink vir my heeltemal te veel soos ek self! Mail my asseblief by marius@eprojects.co.za ek sal graag meer van jou wil hoor.

    Groete
    Poener

  9. Berns Says:

    Hi Retha,

    Dankie vir die inloer op my blog. Dit lyk vir my of ek hier ook nogal gereeld iets van waarde sal kan lees.

    Groetnis en seën vir jou,
    Berns

Leave a Reply