Mens kan maklik die woorde “apologeet” , “apologie” en “apologetiek ”verkeerd verstaan. Apologize” het oorspronklik beteken: “Om ‘n rede te gee vir jou gedrag of standpunt.” Of om van ‘n ander webblad af aan te haal wat dit beteken:

 Apologetics is derived from the Greek word (apologia) meaning “defense” or “answer.” Apologetics is giving a reason for the hope of Christianity and a defense of the gospel. Because of the identity of Christians with the One true God, the Christian worldview is antithetical with the world of unbelievers who hate their Maker and thus Christianity as well. Christian apologetics serves its Creator by affirming Him as the basis and purpose of rationality before men, and showing that the basis of other worldviews cannot account for the reality they live in. The goal of reformed apologetics is to defend the gospel from the wisdom of the world by silencing its foolishness and offering the only possible interpretation of reality in light and hope of Jesus Christ.

Daar het ons dit: Apologetiek het niks te doen met verskoning vra nie. As jy verstaan wat en waarom jy glo, kan jy ‘n apologeet wees, ofte wel, jou redes gee vir wat jy glo. En waarom gee ek redes? Want die hart kan nie bly wees oor iets as die verstand dit verwerp nie.

 

 

 Waarom kan ‘n mens glo?

 

 Want die Bybel is betroubaar, Christus het duidelik bewys wie hy is, en Christenskap is ‘n bewese positiewe invloed op die wêreld. (Ook diverse ander redes.) 

 

Want as daar ‘n God is, maak dit sin om Hom te volg.

 

 Want ander wêreldbeelde maak nie sin nie. (Hier en hier)

 

 Want Jesus is betroubaar.

 

 Want die bewyse vir die Christelike geloof kan getoets word. (Jy hoef nie soos ‘n kind te glo nie; en Tomas word nie berispe oor hy bewyse vra nie.)

 

 

 Is God nodig? 

 

Hy is nodig, anders kan moraliteit nie bestaan nie.

 

 ‘n Verklaring is nodig vir die heelal se bestaan

 

 

Wetenskap en geloof

 

Objeksie: “Evolusie bewys Christenskap verkeerd” Antwoord: Dit bewys nie die basiese beginsels van die Christendom verkeerd nie.

 

Objeksie: “Evolusie beteken God is onnodig om die ontstaan van alles te verklaar.” Antwoord: Evolusioniste kan nie die ontstaan van lewe verklaar nie.

 

 Objeksie: “Genesis 1 kan nie waar wees nie, dis anti-wetenskap.” Antwoord: As mens hom op een bepaalde manier verstaan, is hy in stryd met wat ons dink ons wetenskaplik weet, ja. Maar daar is ook ander maniere om daai verse te verstaan.

 

 

Allerhande objeksies van ongelowiges

 

 Objeksie: “Die Bybel is wreed.”n Kommentaar op verse waar steniging van rebelse kinders (klaarblyklike rebelse grootmenskinders van hulle ouers) aanbeveel word. Ook oor gedeeltes waar groot groepe dood gemaak word. Hier is ‘n deeglike antwoord oor die Amalekiete en oor die Midianiete.

 

Objeksie: “God is wreed teenoor mense wat nooit van Hom gehoor het nie.” Antwoord: Net as jy verkeerd verstaan wat die Bybel sê.

 

 Objeksie: “God is ‘n versinsel van predikante om werk vir hulself te skep.” Antwoord: Daardie bewering pas nie by die feite nie.

 

 Objeksie: “Dis “kindermishandeling” om kinders van God te leer. Antwoord: Die bewering is belaglik, totaal uit pas met statistiese feite.

 

 Objeksie: “Jy glo in Jesus oor jy so grootgeword het.” Daardie objeksie is nie heeltemal waar nie, en het geen betrekking op hoe waar die evangelie is nie. 

Objeksie: Die aarde sou nie weer vinnig genoeg kon herpopuleer na Noag nie. Antwoord: Wiskunde sê anders. 

 

Antwoorde op heelwat vrae en objeksies teen Christenskap.

 

 

Verstaan geloof:

 Waarom die Christen nie, soos party beweer, binnekort mense gaan begin stenig soos Levitikus sê nie

 

 

Lewe as deel van die samelewing: 

 

Verkeerde argumente om gays mee af te kraak:

 

Verkeerde argumente om gay gedrag mee te verdedig:

 

 Veroorsaak godsdiens regtig soveel oorlog, konflik en onverdraagsaamheid in die samelewing as wat mense beweer?

 

 Is ateiste regtig minder geneig om in die tronk te wees?

 

 

Oor logika:

 

Die logika van ateïste

 

 Objektiewe waarheid bestaan. ‘n Grap-storietjie oor objektiewe waarheid, en ‘n verduideliking waarom daardie storietjie geskryf is.

 

 

Is al die argumente hierbo nodig om te weet? Wat is regtig belangrik?

 

‘n Eenvoudige boodskap vir ‘n verwarde mensdom met komplekse probleme.

Een Reaksie to “Apologete vra nie verskoning nie”

  1. Retha Says:

    As enigiemand raad kan gee oor hoe ek hierdie lys van skakels beter kan rangskik, sal ek dankbaar wees.

Leave a Reply