1 Die Bybel is histories en argeologies baie betroubaar Hier, hier en hier is skakels.
2 Die Bybelkopiëerders het moeite gedoen om baie akkuraat die boodskap oor te dra. Hier, in die afdeling “the reliability of the Old Testament” hier en hier is skakels.
3 Die Bybel is wetenskaplik besonder akkuraat op ‘n hele klomp punte wat die menslike skrywers van daardie tyd nie sou kon weet nie. Hier, hier en hoofstuk 12 hier is skakels.
4 Die Bybel voorspel reg – in fyn detail – soms eeue voor dinge gebeur. Hier, hier en hier is skakels
5 Die Bybel het ‘n merkwaardige eenheid, al is dit deur omtrent 40 skrywers oor 1600 jaar geskryf.
“Paradys verlore” in Genesis se begin word “Paradys teruggevind” aan die einde van Openbaring. Waar die Boom van Lewe toegesluit was in Genesis, is hy vir ewig oopgesluit aan die einde van Openbaring. Die eerste boeke van die OT lê die fondament vir Christus, die geskiedenisboeke berei voor vir Christus, die poëtiese boeke aspireer na Christus, die profetiese boeke verwag Christus, die NT evangelies vertel van Christus se historiese manifestasie; Handelinge van Christus se verspreiding; die briewe die interpretasie van Christus; en Openbaring die volbringing van alles in Christus.
5a Meeste sogenaamde “teenstrydighede in die Bybel is maklik om weg te verklaar (Hier, hier en hier is skakels waar sogenaamde “teenstrydighede” verklaar word.)
Gevolgtrekking: As ek uit die Bybel aanhaal, gebruik ek ‘n uiters betroubare bron. (Ter vergelyking: ‘n Groep kenners het onlangs na ‘n aantal Wikipedia en Encyclopedia Brittannica artikels gekyk. In EB was 4 ernstige foute en 123 feite-foute, weglatings en misleidende stellings gevind, in Wikipedia nog meer. Nogtans gebruik mense ensiklopidieë as betroubare bronne! Die Bybel is meer betroubaar as dit!
As die Bybel vertrou kan word in die baie dinge wat toetsbaar is, is dit rasioneel om te glo hy is betroubaar in ander dinge ook. (As die skrywers stories opgemaak het soos dit hulle doelwitte pas, sou party van die leuens nou nog verkeerd bewysbaar gewees het.)
Punte A3-A5 dui daarop dat daar ‘n Intelligenter brein met ‘n meesterplan agter die menslike Bybelskrywers was.
B BEWYSE VIR JESUS
1 Jesus was ‘n bestaande historiese karakter. Lees daaroor hier en in die afdeling “Historicity of Jesus” hier.
2 Jesus word as God/ Seun van God beskryf op talle maniere, party openlik, ander subtiel. Jesus vergewe sonde; Hy aanvaar dat sy volgelinge Hom Here (YHWH) noem; Hy sê sy dissipels hoef nie te vas solank hy by is nie, hy noem homself groter as die tempel en tree op as verhewe bo die Sabbat; as gevra word wie Hy is antwoord Hy direk en indirek Hy is die Messias en God se seun(Aan Simon in Matt16:, aan die Hoëpriester in Mrk. 14:62); sy hele verhoor gaan oor wie Hy is en nie wat Hy gedoen het nie. Die evangelieskrywers sou kwalik, as Jesus se Goddelikheid ingelieg was, so ‘n samehangende prent kon skep. (Hier, hier en hier word van Sy woorde daaroor gelys.)
2a Van alle verklarings vir wie Jesus was, maak “Jesus is God” die meeste sin. (Hierdie trilemma werk net as en omdat punt 2 -Jesus word as God beskryf, en die dissipels kon dit nie uit hulle duim suig nie – waar is. ) Hier is nog ‘n skakel hieroor.
3 Die opstanding -dit waarop die kerk hulle geloof grond (1 Korintiërs 15:14-19) is een van die bes geverifieerde feite in die antieke geskiedenis. (Hier, hier, hier, hier, hier en hier is skakels. )
4 Jesus se koms, lewe en sterwe is in die fynste detail deur die profete voorspel. (As so ‘n paar van hierdie profesieë lyk of dit nie na Jesus verwys nie, kan jy een van twee benaderings volg: Jy kan daardie paar voorspellings uitlos in jou berekenings of jy kan aanneem dis gemaak om te pas.
Enige van die twee metodes sal nog steeds wys dat die kanse dat die Bybel toevallig soveel detail oor Jesus regkry byna nul is.) Hier, hier en hier word van daardie profesiee gelys.
5 Die dissipels sou nie so ‘n storie opmaak nie, maar was gewillig om te sterf vir hulle boodskap.
6 Die evangelies is betroubare bronne, deur betroubare getuies ; getrou en akkuraat oorgedra en geskiedkundig akkuraat. Sien ook punt A1.
Gevolgtrekking: Jesus was ‘n werklike historiese persoon, wat akkuraat beskryf word in die evangelies. Eeue voor Sy koms was dit al God se plan om Hom te stuur. (Sien B4.) Hy was God en het uit die dood opgestaan, soos voorspel. Ons kan dus glo Hy is wie Hy gesê het: Die Seun van God, die verlosser.
C BEWYSE VIR DIE WAARDE VAN ‘N EVANGELIESE (CHRISTELIKE) LEWENSUITKYK
1 Bekering verander lewens, klaarblyklik van binne. Hierdie verandering is in ooreenstemming met die sentrale evangelieboodskap in die Nuwe Testament, ‘n boodskap van bekering en vernuwing. 2 Kor. 5:17 Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.
2 Die Christendom is ‘n bewese, statistiese positiewe invloed op die wêreld.
2a Geloof beïnvloed gedrag (Hier, hier, hier en hier is skakels), en lelike dade wat deur “Christene” gedoen word, is statisties minder algemeen as soortgelyke dade deur ateïste.
3 Die Bybelse lewensuitkyk het selfs antwoorde vir moeilike vrae soos waarom slegte dinge gebeur. (Hier en hier is skakels. ) (Aan die ander kant kan die ateïstiese lewensuitkyk nie eers rasioneel sê iets is objektief ‘n slegte ding nie. Lees die paragraaf “now we must deal” hier.)
4 Talle mense getuig dat God hulle emosioneel genees het. Derduisende mense uit talle lande sê dat geloof hulle gehelp het om hulle pynlike verledes te oorkom: Verledes van mishandeling of molestering of verwerping, of watter denkbare pynlike verhaal ook al. Hierdie getuienis van innerlike genesing kom voor onder alle lae van die samelewing… vanuit talle lande …. onder oud en jonk.. manlik en vroulik; en heel dikwels waar sielkunde gefaal het.
5 Gelowiges leef langer en is gesonder
6 Die predikers in die vroeë kerk was grootliks ooggetuies, en het die mense –waarvan talle ooggetuies was- aangesê om die bewyse- veral die opstanding- na te gaan. As mense dan geglo het, was dit waarskynlik omdat die bewyse sin gemaak het. Die Bybel sê ons nou nog om bewyse na te gaan.
6a Die predikers was ooggetuies
6b Die hoorders het baie ooggetuies ingesluit -Hand 2:22; Hand 26:24-26
6c Die Bybel vra ons om bewyse na te gaan -1 Tes 5:20-22; 1 Joh 4:1
8 Jesus het ‘n oplossing vir die probleem gemaak, en dit maak die evangelie anders as ander godsdienste. (Hier en hier is skakels.)
Gevolgtrekking: Selfs as jy nie self in die Bybel, God en Jesus wil glo nie, moet jy erken dat die Christendom genoeg positiewe invloede het om sy bestaan ‘n goeie ding te maak. (Sien C1, C2, C3, C4 en C5) Om Jesus te volg is rasioneel, (sien C6 en C8) en het ‘n geskiedenis van bewyse wat getrou ondersoek is. (sien C6)
D ANDER LEIDRADE VIR GOD SE BESTAAN
1 Intelligente ontwerp word gebruik in vakrigtings soos argeologie, antropologie(is hierdie klip van nature só gevorm, of is hy deur mense só gevorm?), en forensiese navorsing. Dit kan ook gebruik word om te wys hoe waarskynlik die betrokkenheid van ‘n ontwerper by lewe op aarde is. (Hier en hoofstuk 5 hier is skakels.)
1a Kodes het ‘n kodemaker (Een van die eenvoudigste en sinvolste argumente van IO)
1b Dis statisties feitlik onmoontlik dat lewe vanself kon ontstaan. (Hoofstuk 6 hier)
1c Die heelal lyk of hy fyn ingestel is vir lewe .
3 Slegte gebeure (evil) as bewys
4 Universele morele waardes as bewys
Kortom: Die volgeling van Jesus het baie meer as net geloof om op Godsbegrip en lewe te grond. Geloof is nodig, ja. Maar Bybelse geloof is nie ‘n blinde sprong nie. Blind en spring is albei verkeerd! Nuwe Testamentiese geloof is om te loop in die lig.
En dit sluit die lig van logika en kennis in.
Julie 28, 2008 at 8:15 nm
Baie interesant, sal meer hiervan wil sien
Julie 28, 2008 at 8:15 nm
As die onderwerp wat ek hierbo aanraak vir jou nuut is, maar interessant klink, dit word apologetics genoem in Engels. Jy kan hier meer lees oor wat apologetics is:http://en.wikipedia.org/wiki/Christian_apologetics (Ek weet, ek skakel nou na ‘n bron wat nie naastenby so betroubaar as die Bybel is nie.
Jammer daaroor!) Die Wikipedia-artikel gee verskeie skakels na boeke en name van mense betrokke by apologetics.
As jy dan ‘n plek soek om meer hieroor te begin oplees, beveel ek die webwerwe Stand to Reason ( http://www.str.org/site/PageServer?pagename=homepage ) en God and Science ( http://www.godandscience.org/ ) aan, en die boeke Mere Christianity (CS Lewis) en Evidence that demands a verdict (Josh McDowell).
Julie 30, 2008 at 2:08 nm
Ek het een belangrike webblad vergeet toe ek goeie plekke genoem het om hierdie tema te begin bestudeer. William Brugman het ‘n hele boek, wat woord vir woord vir lees (gratis en sonder registrasie) beskikbaar is op die internet, met ‘n breë oorsig oor baie van dieselfde temas as hierbo.
http://www.williambrugman.com/default.asp
Augustus 12, 2008 at 9:56 vm
y Een plaatje zegt alles, toch ? u Het volledige rapport is hier te vinden. Lees natuurlijk o de blogposting. m l
ламинат 8r
Augustus 15, 2008 at 6:57 nm
Your blog is interesting!
Keep up the good work!
Oktober 4, 2008 at 3:22 nm
Dit gaan ‘n ruk vat om deur alles te lees, maar ek is baie dankbaar vir jou inskrywing. Dit antwoord ‘n hele paar van my vrae.
Oktober 4, 2008 at 11:41 nm
Die Afrikaans vir apologetics is apologetiek. Mense wat dit beoefen, is apologete
Oktober 5, 2008 at 8:22 vm
Daai link is: http://en.wikipedia.org/wiki/Christian_apologetics
Oktober 5, 2008 at 8:59 vm
Johan. Jy is reg.
Dit bewys weer hoe woorde se betekenis verander. “Apologize” het eers beteken om ‘n rede te gee.
Voorbeeld:
Persoon A vra: Hoekom is jy laat?
Persoon B antwoord: “Ek is jammer. Ek het nie besef dis al so laat nie.”
In die oorspronklike betekenis van apologize is persoon B se tweede sin apologie. In die huidige verstaan van die woord is die eerste sin apologie. Apologetiek is, volgens die verklarende woordeboek “wetenskap van die geloofsverdediging.” Dit behou nog apologize se oorspronklike betekenis.
———-
Roer- dankie dat jy links reg hier gee!
Oktober 29, 2008 at 4:25 nm
Ek het 5jaar gelede langs die stand in Stilbaai gesit en sommer so op die AM radio in my motor gesit en rondspeel toe ek op die radio uitsendings van Family Radio afgekom het. Ek wou graag weet wie die vrou wat op die dier sit in Openb 17 en wie die moeder van die hoere in Openb 18 kan wees…..?
Terug by die huis het ek al hulle Bybelstudies op hul website http://www.familyradio.com begin deurwerk en agtergekom dat hierdie ouens nie alleen Bybel getrou is nie maar dat hulle tans die hele wereld bereik. Ja selfs die armstes van die armes in die derde wereld.
Ek het nog nie eendag omgekyk nie….!
Ek glo jy sal ook dieselfde seninge uit hulle teachings kan put.
Mag God jou ryklik seën.
johannes coetzee
Family Radio (SA)
November 20, 2008 at 4:19 vm
Net so terloops:
Dis nie hoe ek dit verstaan nie: die “anthropic principle” is ‘n teen argument vir die “finely-tuned-must-be-designed” argument.
http://en.wikipedia.org/wiki/Anthropic_principle
November 20, 2008 at 2:08 nm
Dankie, Hugo. Ek sal fyn daarna gaan kyk (waarvoor ek dalk eers die naweek gaan kans kry) en indien nodig die sin ” Dit word die “anthropic principle” genoem.” verwyder.
Konstruktiewe kritiek-dis hoe my blog verbeter.
December 28, 2008 at 10:06 vm
Hierdie is ‘n tweede antwoord op ‘n ou stelling deur Hugo, maar die saak verdien seker verdere bespreking.
Ek het die woorde “Dit word die “anthropic principle” genoem.” uitgehaal kort na Hugo sy kommentaar gelewer het. Want daar is verwarring oor die saak. Party mense, soos sy wiki-skakel sê, reken inderdaad die anthropic beginsel is ‘n rede om te glo dat Intelligente Ontwerp of ‘n multiverse nodig is om die bestaan van die heelal te verklaar. Ander probeer redeneer dat al lyk die heelal presies ingestel vir lewe, dit nie noodwendig beteken dit is ontwerp nie. Maar die anthropic principle self sê: “that physical and chemical theories, especially astrophysics and cosmology, need to take into account there is life on Earth, and that one form of that life, homo sapiens, has attained intelligence.”
“ Anthropic reasoning attempts to explain and quantify this fine tuning. ”
Die kwantifisering-deel van anthropic reasoning is beslis ‘n wetenskap. Dit gaan oor hoe fyn ingestel ons heelal is vir lewe. Die verklarings (‘n multiverse en Intelligente Ontwerp) nie noodwendig so nie. (‘n Multiverse is totaal onbewysbaar en onwaarneembaar.) Party mense probeer vanaf daardie beginsel verklaar “Dit wat ontwerp lyk is nie noodwendig ontwerp nie,” maar dit is nie die beginsel self nie. Dit is ook nie die enigste moontlike gevolgtrekking waartoe daardie beginsel kan lei nie.
Maar ek het “1c Die heelal lyk of hy fyn ingestel is vir lewe. Dit word die “anthropic principle” genoem.” verkort tot “ 1c Die heelal lyk of hy fyn ingestel is vir lewe.” Die verkorting is net om verwarring te voorkom.
Januarie 17, 2009 at 10:15 vm
Mense wat in hierdie inskrywing belangstel, kan dalk in hierdie een ook belangstel.
Lionel Luckhoo, wat in die “Guinness Book of World Records” as die “World’s Most Successful Advocate” gelys word, maak sy saak vir Jesus.
http://www.livingconnections.com/christian_testimonies/evidence_of_God.html
Hy het die GB of WR gehaal oor hy onskuldig-bevindings gekry het in 245 moordsake in ‘n ry. Hy sê: “I say unequivocally the evidence for the Resurrection of Jesus Christ is so overwhelming that it compels acceptance by proof which leaves absolutely no room for doubt.”
Augustus 22, 2009 at 8:14 vm
‘n Soortgelyke pos, met talle skakels en ekstra argumente, aan myne hierbo is “The case for Christian theism” deur Wintery Knight: http://winteryknight.wordpress.com/index-to-christian-posts/
Oktober 19, 2009 at 11:31 vm
Haai Retha,
Thanks, dit is vir my minder verwarrend so ja. Ek verstaan nou hoe jy dit gebruik het, en hoe die definisie in pas. Dis nou maar net uit wetenskaplikes se perspektiewe wat ek dit ken. Basies, ons *bestaan* is reeds ‘n “act” van “observational selection” – ons kan nie dinge waarneem waarin ons nie bestaan nie.
In iedergeval, ek’s bietjie off-topic.
Laat weet indien iemand belangstel in ‘n krietiese kyk na sekere aspekte of artikels hierbo. (Met hierdie comment het ek die “Notify me” opsie geclick.)
Oktober 19, 2009 at 4:41 nm
Terloops, Hugo, aangesien ons nou off-topic gaan: Ek was laas naweek (soos in gister nog) by ‘n kerk-vrouekonferensie. Toe gesels ek en ander dames op ‘n stadium oor Christelike boeke. Ek was geskok om te besef nie een van hulle het al van “Mere Christianity” gehoor nie, wat nog te sê dit gelees. Ek het, om die minste te sê, hulle probeer oortuig om die sakie reg te stel. En gisteraand terug by die huis sien ek jy noem die boek in ‘n draad oor godsdiens op skool, by, ek dink, anderkant. En nog verder off-topic: Ek het ‘n broer met die naam Hugo, maar hy stel meer in toetskrieket as tekskritiek belang.
Oktober 19, 2009 at 5:50 nm
Jou kommentaar oor observational selection word hier geantwoord: http://www.leaderu.com/science/ross-justright.html
Oktober 20, 2009 at 10:08 vm
Omtrent krities na dinge kyk, is daar maar hopeloos te veel “stuff” om op alles te antwoord, die dat ek eers belanstel waar daar belangstelling is.
Omtrent “observational selection”: dit het ek genoem meet net in terme van wetenskap en so iets, eerder as in die konteks van geloof kwessies. Neem die ou wat oorleef het: as hy nie observational selection in ag geneem het nie, sou hy die fout kon maak om te sê “ek het oorleef, dus, hulle skiet duidelik swak” en dalk aanvaar hulle skiet gewoonlik mis. As hy dit in ag neem, en/of verder kyk na ander stats, sou hy kon sien 99.9% word wel dood geskiet, en so ook sien dat hy erg ge”bias” was met sy gevolgtrekking van “hulle skiet gewoonlik mis”. Um, sommer net so. Nie veel te doen met geloof nie.
Kan dit wel konnekteer aan ‘n multiverse idee en in terme van “tuning”: as ons die geleentheid gehad het om baie ander “tunings” of “non-tunings” te sien, sou ons beter kon bepaal hoe skaars en “ontmoontlik” die lewe werklik is. (Deel van daardie nuuskierigheid dus om te kyk watter ander soort lewe ons kan ontdek op ander planete. Of dit nou intelligent is of net iets nader aan bakterieë miskien.)