Ek kom vandag af op verskeie artikels oor die tyd van die jaar wat Jesus gebore is.
Die een maak ‘n saak dat Hy 25 Desember gebore is. Hiervoor gebruik hulle die tyd van Sagaria se priesterdiens, asook die vroeë kerk se geskrifte. Om aan te haal:
Bishop Cyril of Jerusalem (348-386 A.D.) had asked Pope Julius to ascertain the date of Christ’s birth “from the census documents brought by Titus to Rome” after the destruction of Jerusalem in 70 A.D. Julius then determined the date of Christ’s birth to be Dec. 25.
Die ander artikel reken Maria het swanger geraak met Jesus op die 25ste Desember. Dit grond hulle veral op die die van die jaar wat die vroeë kerk die fees van engele gevier het. (laat September.) In die Bybel het die menigte engele die nag van die geboorte aan die herders verskyn. Die artikels verskil in hulle mening of skaapwagters daardie tyd van die jaar skape op die veld sal hê.
Hierdie stuk maak die (meer algemeen geglo-de) saak dat die geboorte waarskynlik nie 25 Desember was nie- en dat dit nie werklik saak maak nie. Ook dat die Christene reeds 25 Desember (Noordelike winter) vir Kersfees gekies het op ‘n tyd toe die afgode Osiris en Dionysus se viering nog in die Noordelike somer was. (Daar is mense wat dink dat Christene hulle tyd vir Kersfees van die tyd van Osiris en Dionysus se vierings ge-erf het.)
———
Naskrif: Onthou dat skakels op hierdie blog donkerrooi of liggrys is, nie blou of pers nie.
