‘n Tyd om te praat: Robbie Klay, molestering, stilswye en kriminele nalatigheid

Die jong sanger Robbie Klay het onlangs gesê dat iemand hom jare lank seksueel misbruik het sedert hy tien was. Party mense vra hoe hy dit kon toelaat om aan te hou gebeur tot hy 17 was, en dat ‘n outjie van 16 of 17 mos genoeg weet om te protesteer en nee te sê. Maar molesteerders maak juis werk daarvan om met kinders se koppe te smokkel. Hulle moet, om weg te kom daarmee en om die kinders te “programmeer” om stil te bly. ‘n Seun van 16 of 17 wat nooit gemolesteer is nie kan seker vinnig ontslae raak van iemand wat hom wil begin molesteer. Maar ‘n kind wat van kleins af stilbly oor misbruik, en geleer is om stil te bly daaroor, se kop is (doelbewus- deur die vuilgoed wat hom/ haar misbruik) so opgemors dat hy/sy nie helder kan dink oor die probleem nie.

Maar ek wil tog iemand blameer vir stilswye: Geen prys vir die “gesiene lid van die vermaakgemeenskap”, wat duidelik gesien het hoe ‘n twaalfjarige Robbie Klay oor en oor vasgedruk word en die “oom” sy mond teen Robbie se nek druk nie. Die misbruiker het nog duidelik vir die “prominente lid van die vermaakbedryf”, vertel hoe “lief” hy vir die kind is. Kon daardie persoon nie dadelik vir Robbie se ma/ die polisie gesê het wat hy gesien het nie? Ek meen, iewers moes dit tog waarskuwingsklokkies in ‘n volwasse toeskouer se kop laat lui het? Dit is krimineel nalatig om anderpad te kyk as jy  rede het om kindermolestering te vermoed.

En as hierdie persoon so iets waargeneem het to Robbie 12 was, het ander mense dit nie ook gesien nie? Hy kon dan seker ook ander kere voor mense begin vroetel het? Dalk het iemand al iets soortgelyk gesien gebeur toe Robbie 10 of 11 was. As ander dit ook gesien het, het daardie persone ook gekies om weg te kyk en niks te doen om die seuntjie te help nie. G’n wonder dat gemolesteerde kinders soms die idee kry dat dit wat gebeur maar “normaal” is nie- mense wat sien hoe daar met hulle gevroetel word doen dan niks!

(Hoewel meeste van die media net die naam van die molesteerder impliseer, sien ek dat Rapport se webblad wel die naam noem. Meeste koerante en tydskrifte sê: “Ons mag nie sê wie die beweerde molesteerder is nie. Jurie Els se interdik keer ons om die molesteerder se naam te noem.” Hierdie Rapport-berig sê: ” Jurie Els [het] geslaag met ’n hofaansoek wat Huisgenoot/You verbied het om te publiseer dat hy (Els) die “oom” is van wie Klay in ’n koerantonderhoud gepraat het. En die Rapport-berig het die 16de op hulle webblad verskyn, terwyl die Huisgenoot met die name-doodgetrek-berig eers die 18de op straat was. )

Terug na die onderwerp van stilbly wanneer jy moet praat: Wat meer is, iemand noem selfs nou in ‘n blog-kommentaar dat Els “onder ‘n wolk” weg is by die laaste skool waar hy klas gegee het. ( Hy was eers ‘n onderwyser.) As hulle daarmee bedoel dat daar rede was om hom van molestering te verdink, waarom het niemand van daardie skool probeer om dit onder sy ma se aandag te bring toe die media noem dat Jurie Els hierdie seuntjie van 10 “onder sy vlerk neem” nie?

Iemand, iewers het sekerlik redes gesien om suspisieus te wees. Iemand, iewers het sy of haar kop weggedraai. Die resultaat was ‘n outjie wie se kop so opgemors was dat hy al 16 en pa was, maar nog steeds nie geweet het hoe om ontslae te raak van die lastige oom nie.As daardie “gesiene lid van die vermaakgemeenskap” dadelik alarm gemaak het, kon die molestering na twee jaar opgehou het, eerder as na sewe. Laat dit vir ons ‘n les wees om nie ons koppe weg te draai nie. Ons wat grootmense is, moet ons oê oophou. Ons moet sê as iets nie pluis lyk nie. Kinders kan nie alleen hierdie stryd wen sonder grootmense se hulp nie.

“And if you stand by watching without even trying to help them, then you’re guilty too.”- Uit die liedjie “Look what they do to my children”

4 responses to “‘n Tyd om te praat: Robbie Klay, molestering, stilswye en kriminele nalatigheid

  1. lets not jump the gun and crucify Hestrie and her husband .The mystreious “oom” could be stupid Steve Hofmeyer for all we know.Get all the facts before judging

  2. christianrethinker

    I am not “crucifying” anyone, I have not even mentioned Hestrie, except for telling Dana’s opinion of them going to NZ. And I quote Rapport and give a link to how I get the fact that Jurie is the accused-not between the lines, but on them- from Rapport.

  3. Ek voel rerig jammer vir jou Robbie, ek was ok al so gemolesteer deur my neefie op 6 jaar oud. Darem het dit nie aangehou nie en vandag is ek 16 en die waarheid is uit soos dit moet wees. Ek haat dit dat God toelaat dat die goed met ons gebeur en wens die here het dit gekeer. Ons is vonderstel om troos te kry by die kerk maar dis reeds die priesters wat ok kinders molesteer. Maar die skade is kla gedoen en moenie verwag dat daar een of ander doel daarmee is nie glo net jy is onskuldig en dat dit HY was wat dit gedoen het aan jou. Pedofiles laat mens voel jy is saam in die ding terwyl jy onskuldig is. Maar ek is seker jy is slim en sal seker maak goedheid en geregtigheid skied!

  4. (((Stephen)))
    Geluk met die moed wat jy gehad het om te vertel! Staan sterk, moenie enige slegte dinge oor jouself glo oor ander mense se vieslikhede nie. Jy is ‘n waardevolle mens met ‘n wonderlike doel in hierdie wêreld. Jy is nie gemaak om maar net gebruik te word nie- niemand is nie. Jy is nie meer ‘n bang/ kwaad, magtelose seuntjie nie- jy is nou ‘n jong man. Sterkte vir jou, en onthou wie en wat jy is.

    Dit maak my ook woedend as iemand met kinders lol en agter sy sogenaamde godsdienstigheid wegkruip, of probeer vertel watter nare liegbek die kind/ jongmens is as die kind iemand vertel. (Terloops, in die 2delaaste paragraaf hier: http://www.godandscience.org/apologetics/religion_as_child_abuse.html -does theism lead to real child abuse- skryf Rich Deem hoekom hy dink daar is priesters wat met kinders lol.)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s