Ek moes onlangs ‘n kleuterkerk-les aanbied waarin kinders geleer word om te deel en nie selfsugtig te wees met hulle goed nie. (Kleuters is van nature selfsugtig: “Dis myne!”)
Hier is woorde oor mededeelsaamheid op die wysie van “Lees jou Bybel, bid elke dag.” Dalk is daar ‘n kleuterkerk-leidster of kleuterskooljuffrou wat dit kan gebruik iewers.
Die oorspronklike liedjie:
Lees jou Bybel,
bid elke dag x3
Lees jou Bybel,
bid elke dag
en jy sal groei, groei, groei x3
Lees jou Bybel,
bid elke dag
en jy sal groei, groei, groei
Los jou Bybel,
vergeet om te bid x3
Los jou Bybel,
vergeet om te bid
en jy sal kwyn, kwyn, kwyn x3
Los jou Bybel,
vergeet om te bid
en jy sal kwyn, kwyn, kwyn
Ekstra woorde:
Vat alles en
deel met niemand x3
Vat alles en
deel met niemand
en dan’s jy self-sug-tig x3
Vat alles en
deel met niemand
en dan’s jy self-sug-tig
Deel jou goed,
wees lus om te gee x3
Deel jou goed,
wees lus om te gee
en dan’s jy lief-de-vol x3
Deel jou goed,
wees lus om te gee
en dan’s jy lief-de-vol
Bewegings
(1) Laat kinders grypbewegings maak vir “vat alles”
(2) Laat kinders hulle arms styf teen hulle borste vashou asof hulle ‘n speelding het wat hulle nie wil deel nie, vir “deel met niemand”
(3) Maak uitdeelbewegings met arms vir “deel jou goed, wees lus om te gee”
(4) Laat kinders mekaar sydelings druk vir “en dan’s jy liefdevol”
Ai, die extra woorde is pragtig. Gaan dit defnitief vir my kleinding leer sodra hy kan begin verstaan. Die liedjie hummmmm nou hier in my kop!!
Ek dink dis pragtig. Ek soek idees. Die Here is besig om my te lei om ‘n nuwee Sondagskoolreeks boeke te skryf. As u idees het, laat weet.
My 2 jarige dogtertjie het my gevra om die liedjie te sing saam met haar, en kon nie die woorde onthou nie, het almal gebel. Dit is die mooiste woorde en gaan dit neer skryf en dit elke dag vir haar sing en dit vir haar leer. Dankie