Nooi al jou huweliksgaste vir die egskeiding?

skeikoek.jpgElders op die net vertel iemand nou die dag: “Wat ek nie kan verstaan nie die dag as jy trou moet béídé partye trou beloof………….die dag as jy wil skei is slegs één party nodig, die ander het selde indien ooit regtig ‘n sê in die saak.”

Dit bring die mense toe by ‘n bespreking uit: ‘n Paartjie beloof gewoonlik trou voor ‘n dominee/pastoor, en al hulle familie en vriende. Dalk moet mens almal wat vir die troue daar was vir die egskeiding nooi. Dan verduidelik die een wat wil skei waarom hy/sy nie meer sy/haar beloftes wil hou nie. (Hy of sy moet bly verduidelik tot die meerderheid gaste glo ‘n egskeiding is die regte ding. “Die huwelik was ‘n fout” is nie goed genoeg nie. ) Op die ou end het die mens wat nou wil skei tog ons almal wat by die troue was belieg met sy/ haar huweliksbeloftes, nie waar nie?

Het hulle die reg om nou te maak of dit nie ons saak is nie? En as mens trougeskenke moet gee by ‘n troue, moet die paartjie nie dan skei-geskenke uitdeel vir die familie en vriende by ‘n egskeiding nie?

As ‘n derde party by die egskeiding betrokke is, moet díé dalk die onthaalkoste dra?

Miskien, net miskien, sal dit mense twee keer laat dink oor die egskeiding-idee…

Wat dink julle?

2 responses to “Nooi al jou huweliksgaste vir die egskeiding?

  1. Miskien, net miskien, sal dit mense twee keer laat dink oor die egskeiding-idee…
    Baie goeie punt!!

  2. Die huwelik is ‘n driehoek tussen jouself, jou vrou en God. Hy lewe in en om ons almal, alom teenwoordig, en as jy vir jou lewens maat loer behoort jy Hom raak tesien. Almal is nie gelowiges nie, en almal bid ook nie gereeld nie maar die dag wanneer jy as mens val en Hom aanroep, daai dag praat ons almal mooi en nederig, of hoe? Kyk en loer mooi na jou lewens maat, sien God raak en wees nederig, soos in gebed, as julle komminikeur, en eigskeiding sal nooit opkom nie! Ek honeymoon nou al vir 9 jaar en dit werk.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s