Hier kom die ( verteenwoordigende) Bokke….

 springbokemblem1.jpgDaar is gedurig sprake daarvan dat die land ‘n rugbyspan moet kies wat meer “verteenwoordigend van SA se bevolking” is.

Aangesien dit so ‘n uitstekende idee is, wil ek graag ‘n paar aanbevelings maak van hoe ‘n werklik verteenwoordigende Springbok-vyftiental sal lyk:

 

Suid Afrika het effens meer vroue as mans. Daar sal dus 8 vroue en 7 mans in ‘n verteenwoordigende span moet wees.

 

As ons dit verteenwoordigend van ons etniese groepe wil maak, sal ons mense van al 11 landstale, en minstens een Zimbabwiër wat oor die grens gevlug het in die span moet hê.

 

En moenie van ons land se gestremdes vergeet nie: Ons eis dat mense wat blind is/ in ‘n rolstoel is in die toekoms vir die Bokke uitdraf/ uitgestoot word in rolstoele.

 

Watter persentasie van ons mense het al ooit rugby gespeel? As jy al 48 miljoen van ons land se mense – elke ouderdomsgroep, albei geslagte en alle bevolkingsgroepe intel, dan het seker nie eers 15% al aan ‘n rugbywedstryd deelgeneem nie. Ek dring aan op ‘n verteenwoordigende span, en dit beteken minstens 13 spelers wat nog nooit aan ‘n rugbywedstryd deelgeneem het nie.

 

Die ouderdomsdiskriminasie is nog duideliker: Net mooi al die Bokke is in hulle twintigs of vroeë dertigs! Dit is werklik nie verteenwoordigend van die landsbevolking nie. Ons land het mense van ander ouderdomme ook! Duidelik moet die span volgende keer ‘n baba, kinders, tieners, middeljariges en ‘n senior burger ook insluit.

 

Baie van SA se potensiële werkersmag is werkloos. Ek beveel dus aan dat 6 uit 15 Springbokke in die vervolg op die veld rondstaan en nie saamspeel nie. Dit sal inderdaad ons land se bevolking-samestelling goed verteenwoordig.

 

Baie Suid-Afrikaners doen hulle werk minder as heelhartig. Ek vra ‘n Springbokspan wat dit ook verteenwoordig: Ons soek halfhartige rugbyspelers.

 

Onfiksheid en oorgewig is algemeen in hierdie land. Om hierdie mense ook te verteenwoordig, soek ons dat minstens sewe van die spanlede nie wedstrydfiks is nie. Ons soek ook 4 oorgewig Springbokke.

 

‘n Alternatiwe benadering:

 

Miskien kan ons van die veronderstelling uitgaan dat ‘n Springbokspan net een ding hoef te verteenwoordig: Die heel beste rugbyspelers wat Suid- Afrika op ‘n gegewe dag kan uitstoot.

 

Miskien kan ons nog verder gaan en redeneer dat ons wel ‘n verteenwoordigende Bok-span nodig het. Maar op ‘n teenoorgestelde manier. Ons Bokke is al omtrent ‘n eeu bekend as onder die wêreld se beste (soms die heel beste) op hulle eie gebied: Rugby. Hulle doen dit met entoesiasme. Hulle doen dit met ervaring. Hulle doen dit met vaardigheid. Kom ons maak dít verteenwoordigend van ons land.

 

Maak Suid Afrika verteenwoordigend van dit waarvoor die Springbokke nog altyd gestaan het: Die mees vaardige mense op hulle gebied denkbaar; wat met entoesiasme hulle beste gee en ons almal trots maak.

 

(Naskrif: Hierdie stuk is laat verlede jaar al geskryf; maar nou eers gepos.)

3 responses to “Hier kom die ( verteenwoordigende) Bokke….

  1. Hi. LOL .. Ek lees jou gereeld raak. Ek dink jy kan ‘n punt regtig goed raakvat. Hou so aan.

    ps. kan jy lag ook ?

  2. Wel, ek het gelag toe ek die prentjie van ‘n Springbokspan met ou tannies en babas en mense wat op die veld rondstaan en nie saamspeel nie in my kop gesien het. Hoekom vra jy, klink ek vir jou te ernstig?

    En dankie vir jou waardering!

  3. Retha
    Ek’s bly dat ek jou regtig vandag op BP “herontdek” het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s