Antwoord as jy kan

Hoekom sal my mediese fonds nie betaal vir eenvoudige toetse (bloedsuiker en bloeddruk, in hierdie geval) by die apteek nie, maar hulle sal my betaal om die toetse by die dokter te doen, waar dit duurder is?

Hoekom, wanneer mense begin “Ek wil nou nie skinder nie/ek wil nou nie beledigend klink nie/ ek wil nou nie negatief wees nie” eindig hulle altyd hulle sinne deur te doen wat hulle glo nie wou doen nie?

Hoekom maak onderklere-vervaardigers 38D bra’s in Medium Beheer en mooi vroulike style, maar 40C bra’s net in enkele onvroulike Ferm Beheer style? ‘n C-bors is kleiner as ‘n D-bors. En bra’s beheer borste, nie borskaste nie.

Hoekom word soveel goed as ‘n moet-hê” geadverteer terwyl die grootste deel van die wêreldbevolking al hoe lank daarsonder klaarkom?

Hoekom reken mense ek is ‘oopkop’ wanneer ek met hulle saamstem, en dan begin sê hulle ek is “toekop’ sodra ek van hulle begin verskil?

Hoekom reageer verskeie mense op my pos oor rugby en niemand op poste oor kinders se veiligheid nie? Is rugby vir Suid-Afrikaners meer belangrik as hulle kinders?

Hoekom verdwyn sokkies en los een van ‘n paar? En waarheen verdwyn sokkies?

Hoekom kan mense wat skeptisisme as ‘n deug beskou nie skepties wees oor Richard Dawkins se opinies nie? Alle ander mense wat hom lees kan dan?

Hoekom is dit so moeilik om goeie gewoontes aan te leer?

Hoekom is dit so maklik om slegte gewoontes aan te leer?

Hoekom is daar soveel hoekoms sonder antwoorde?

7 responses to “Antwoord as jy kan

  1. Hoekom nie😉

  2. nou vra ek ook maar net hoekom?

  3. Seker maar sommer…

  4. Want dis die wêreld waarin ons leef en bra ontwerp kort buitendien ‘n wake-up call?

  5. Mense moet mos altyd dink hulle eie punt is meer belangrik en ja, sokkies verdwyn sokkieland toe i.e een word verwyder en dan gooi ons die ander een uit en VOILA!

  6. Sokkies raak weg omdat die wasmasjien kleurblind is!

  7. Omdat hoekom hoekom is en nie straat-af nie!
    Op ‘n ernstige noot: daar sal maar altyd meer vrae as antwoorde wees. Dis maar deel van die “package” van die lewe.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s