Verkeerde argumente om gays mee af te kraak

Argument 1: “God haat gays.”

Daai een maak my vinniger kwaad as enige pro-gay argument, hoe verdraaiend ookal. Gays is mense. God is lief vir mense, of hy van hulle dade hou of nie. Om dit te vererger, het dit gewoonlik nie die woord gays in nie, maar ‘n skelnaam. Sien my opinie oor skelname in Argument 3.

Argument 2: “God made Adam and Eve, not Adam and Steve.”

As elke paartjie Adam en Eva as hulle model beskou, beteken dit dan dat die man in elke paartjie net-net ouer as die vrou moet wees? (Dit was die geval met Adam en Eva.) Beteken dit elke paartjie se eerste kind moet ‘n seun wees? (Adam en Eva s’n was.)
Konsekwente skrif-uitleg is moeiliker as vinnige slagspreukies soos “God made Adam and Eve, not Adam and Steve”!

Argument 3: “M*ffie!”

Mens kwes nie mense met onnodige skelname nie. Die Bybelse opdrag om sonde te los gee genoeg aanstoot vir baie mense. Dit is nie nodig om nog aanstoot te gee met beledigende etikette nie. En beledigende etikette is liefdeloos.

Argument 4: As jy homoseksuele huwelike goedkeur, wat gaan jy volgende goedkeur? Poligamie?Huwelike met diere?

Hierdie word die slippery slope fallacy genoem.

(Een van ‘n tweelingstel inskrywings. Die ander een is “Verkeerde argumente om gay gedrag mee te verdedig.”)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s