Dieselfde ou (nuwe) storie

Daar is nou ‘n boek uit met die naam: “Die Nuwe Geskiedenis van Suid Afrika.”

Nuwe geskiedenis? Wel, hulle bedoel klaarblyklik nie “onlangse geskiedenis” nie.

Geskiedenis bly dieselfde. Wat gebeur het, het gebeur. Al wat verander , is dat mense ander dinge wil beklemtoon as voorheen- en ander dinge wil verswyg. Oorlede helde word skurke en oorlede skurke word helde. Intussen het die “helde” en “skurke” almal al die tydelike met die ewige verwissel en moes hulle almal al voor ‘n Ander Gesag verantwoording gedoen het vir hulle dade. Held of skurk, hulle kan nie meer omgee wat ons hierdie kant van hulle dink nie.

Maar die vraag is nie of ons geskiedenisboeke her-interpreteer en herskryf nie. Die vraag is: Leer ons iets prakties uit die geskiedenis? Of herhaal ons hom net?

One response to “Dieselfde ou (nuwe) storie

  1. Verseker leer ons uit die geskiedenis. Of ons daaraan aandag gee, is natuurlik ‘n heel anderse kwessie. En ironies, herhaal ons dit net maar weer en weer, in verskillende vorme.

    Wat Giliomee en Mbenga hier met “Nuut” impliseer, is nie ‘n ontkenning van die “Oud” nie – daar is nie so iets nie, want geskiedenis leef vanuit sekere perspektiewe.

    Dit is belangrik om die Inleiding van hulle werk te lees om juis die verwysing na “Nuut” te verstaan. Die geskiedenis van Suid Afrika begin weliswaar nie met Jan van Riebeeck nie (soos ons in die “ou” geskiedenis geleer het). Die historiese feit is steeds dat Jan van Riebeeck aan die Kaap geland het, maar die interpretasie dat die land “onbewoon” was, word aangeveg. Dit is dan ook so dat die “ou” geskiedenis baie sterk op die Afrikaner-Engelse verhouding gefokus het en die rasse-kwessies meestal buite rekening gelaat het.

    Nou, in die “Nuut”, beskryf Giliomee en Mbenga migrasie van volke, pre-historiese data van 200 000 tot 100 000 jaar gelede, en werk deur die Ystertydperk vanaf 300 AD tot uiteindelik 1652 eers op bladsy 42! En daarna ‘n inklusiewe bespreking oor Afrikaners, Xhosa’s, Zoeloe’s ens.

    Daar is ‘n verskil tussen histografie en propagandistiese geskiedenis. Hulle maak ‘n belangrike punt, en ek haal breedvoerig aan, soos op bl x van die Inleiding:

    “As historians of South African history, we are fully conscious of our apartheid past in which gross racial injustices were committed. We are also aware of some of the distorted historiography of the past. We have set out to redress past distortions and biases. This multi-authored book draws on the perspectives of different ‘schools’ of historians, while also incorporating the most recent scholarship on South African history … Our goal is to present our history in all its complexity in a fair and balanced manner. We have striven for objectivity.” Tog is hulle ook realisties: “Yet it would be foolhardy to deny the persistence of subjectivity.”

    In my persoonlike opinie, ‘n uitstekende werk, vergeleke met Oxford History of South Africa (1969-1971) en Beinart se Twentieth-Century South Africa.

    Dan is ek ook die eerste om te erken dat ‘n hele geskiedenis nooit werkik in een enkele werk saamgevat kan word nie. Steeds bly hierdie Nuwe Geskiedenis ‘n waterskeiding in Suid Afrikaanse histografie. Ek het dit as my April-boek beskryf: http://emiljung.co.za/?p=248

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s