Gee my krag! Hoe (on)waarskynlik is hierdie “conspiracy theory?”

Volgens JOY magazine het die ACDP ‘n ruk gelede ‘n paar vrae gevra aan Minister Alec Irwin.

Hulle vra oor die besluit om kernkrag te gebruik as vernaamste komponent vir hulle energieplanne. Het die regering die publiek genoeg betrek? Nadat gevaar en probleme veroorsaak is in myne en fabrieke en oral, het Eskom heeltemal opgehou met kragonderbrekings en vermeerderde aanvraag in die winter het nie nuwe onderbrekings nodig gemaak nie. Dit verhoog glo suspisie dat die onderbrekings niks met kragaanbod te doen gehad het nie.

Daar is beskuldigings dat die onderbrekings ‘n lomp, ingewikkelde plan was om die nasie te manipuleer. Sodat ons kernkrag sal aanvaar sonder om vrae te vra oor die effek wat dit op die omgewing sal hê.

Wat dink julle van hierdie sameswerings-teorie? Wat maak dit meer waarskynlik? Wat maak dit minder waarskynlik? En watter samesweringsteorie is vir jou die vreemdste? (Die teorie dat die Amerikaanse regering 9/11 beplan het? Dat niemand ooit op die maan geland het nie?) En as dit geen sameswering was nie, hoe kom dit dat “load shedding” ewe skielik onnodig is, selfs al gebruik mens meer krag in die winter? Veels geluk aan ons Suid-Afrikaners as ons ewe skielik so goed krag spaar!

4 responses to “Gee my krag! Hoe (on)waarskynlik is hierdie “conspiracy theory?”

  1. Wat’s verkeerd met kernkrag? (vgl oa Frankryk en Korea)

  2. Dalk is daar nie veel om te kla oor nie. Dan is dit nog minder waarskynlik dat die kragonderbrekings ‘n doelbewuste poging was om ons kernkrag te laat aanvaar. Jy sien seker, die punt van die stuk is nie “die effek van kernkrag” nie, maar “die waarskynlikheid van die-kragonderbrekings-was-doelbewus-so-beplan.”

  3. Ek dink ‘n sameswering is hoogs onwaarskynlik. Kernkrag is reeds lank ‘n aanvaarbare en veilige bron van krag. Ek glo nie daar is motivering om “saam te sweer” sodat mense dit hoef te aanvaar nie. 8)

  4. Ek dink ook nie daar is ‘n sameswering nie. Inteendeel, daar bestaan genoeg bewyse dat onbevoedghede en ‘n swak onderhoudskedule die oorsaak van hierdie kopseer was. Hier is nie sameswerings nodig om die waarde en behoefte aan kernkragsentrales uit te spel nie; wêreldwyd is dit ‘n aanvaarbare energiebron, en veilig, mits dit gepaard gaan met behoorlike onderhoud.

    Dit het beslis sekere tekortkominge uitgelig wat nou aangespreek is, en meer effektief hanteer word, soos die uitvoer van krag na die buurlande. En mense is nou ook meer ingelig oor hoe om oordeelkundig met krag om te gaan.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s