Glimlag!

Ek sien onlangs iemand wat na hierdie blog kruisverwys noem dit ‘n “godsdiens” blog. Is dit regtig? Nie alles hier pas mooi presies in die gaatjie “godsdiens” nie. Maar then again, vir iemand wat die Here liefhet, is alles wat hy doen of dink of lees deel van sy of haar “godsdiens.” Dalk is die persoon wat my blog as ‘n godsdiens-blog beskryf só ‘n persoon.
Hier wil ek iets deel wat nie lyk soos enige van my ander blog-inskrywings nie. Maar dit bly deel van wat ek, Retha Faurie doen. Ek teken so nou en dan papierpoppe in my spaartyd. Hier is ‘n papierpop wat ek onlangs geteken het. Ek noem dit “Jest clowning around.”

As jy ‘n papierpop wil maak hiervan, maak só:
1) Druk die papierpop en klere in kleur uit. (Onthou net dat as jy iets vergroot of verklein moet jy alles ewe veel vergroot of verklein, sodat die klere sal pas. As jy jou nar bv. teen 80% grootte uitdruk, moet jy elke uitrusting ook teen 80% grootte uitdruk.
2) Plak die nar-pop op karton. (Dis nie nodig vir die klere nie.)
3) (Opsioneel) Beskerm die pop en klere met DCFix as jy wil. Jy kan selfs die pop (nie die klere nie) laat lamineer.
4) Sny die pop en klere uit.

3 responses to “Glimlag!

  1. Ek gaan net hierdie naweek my Betsy Boop papier pop maak. Baie dankie!!

  2. As jy hier gekom het deur “papierpop” te google, gaan eerder na hierdie blog van my: http://paperdollsandtoys.wordpress.com/

  3. Pingback: Jest clowning around | Paper dolls and other paper toys

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s