Afrikaanse leestekens vir Afrikaanse bloggers

deelteken en kappie

Is daar nog mense wat met hulle Afrikaanse leestekens soos die deelteken en die kappie sukkel op rekenaar? Jy het seker all gevind dis moeite om die ALT-kodes te onthou van letters soos die ê in “sê” en die ë in “hoërskool.” Om nie eers te praat van letters wat minder gebruik word nie, soos die ô in môre en die ï in ateïs.

 

 

 

 

Of dalk het jy soos ek ‘n groter probleem – ‘n Skootkomper met ‘n sleutelbord wat nie eers die regterkantste nommer-sleutelbord het, wat gebruik word vir ALT-kodes, nie. Daar is ‘n maklike oplossing vir die probleem in XP.

 

Wat jy eenmalig doen:

1. Kliek op Start

2. Kliek op Control Panel

3. Kliek op Regional and Language Settings

4. Kliek op Language

5. Kliek op Details

6. Kliek op Add

7. Op oopvalvenster kliek op Keyboard layoute/IME

8. In daardie oopvalvenster, kliek op United States International.

9. Kliek op OK

10. Kliek op Apply en OK

11. Restart jou rekenaar.

 

Wat jy van nou af elke keer doen wat jy ‘n leesteken -karakter nodig het:

1)         Druk eers die leesteken se simbool. Dit is:

Shift+6 vir ‘n ^

Shift+’ vir ‘n “

 ‘ (enkel aanhalingsteken) vir ‘n vorentoe-aksent soos bv. op die é

` (die sleutel onder Esc) vir ‘n agtertoe-aksent soos bv. op die è

2)         Jy sal sien dat die karakter nie verskyn wat jy getik het nie. Tik nou sy letter regs van hom. (byvoorbeeld Shift+ ^ ; en dan ‘n e vir ê) Jy sal vind dat die simbool en letter saam verskyn.

3) As jy vir een of ander rede een van die karakters (` ‘ ” of ^ ) wil gebruik sonder ‘n letter reg onder dit, tik die leesteken en dan ‘n spasie.

 

Ah, uiteindelik is my probleem opgelos! Hoop dit help jou ook.

12 responses to “Afrikaanse leestekens vir Afrikaanse bloggers

  1. Dankie! Hierdie is nou regtig behulpsaam. Sal nou net eers my rekenaar se taal vanaf Koreaans na Engels moet oorskakel!

  2. BAIE dankie. Dis ‘n helse frustrasie op ‘n laptop!

  3. Baie dankie, ek het al die ê en é gecopy in ‘n word dokument en dan copy en past ek maar, maar nou ja, na hierdie baie handige inligting is dit nou ook op ‘n end!!

  4. Nope, ek het Vista op my laptop, en die setting is op USA, maar lyk my nie dit wil vir my werk nie… Ek gaan soek totdat ek dit regkry, dankie in elk geval!

  5. Zee, is jy seker jy gebruik die regte setting? Daar is meer as 1 wat US gelys is, maar dit werk op spesifiek United States International.

    Ek vermoed dit behoort te werk, hoewel ek XP gebruik.
    Sonkind, Boerinballingskap, gebruik enige van julle Vista?

  6. Daarsy, dink et het dit nou reggekry!!
    sê, ì, ë

    Dankie Retha, ek was seker maar so bietjie blond😉

  7. Nope! Ek hou nie van Vista nie, so byt nog vas op XP.

  8. Dankie Retha!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Jys my hero vandag!

  9. ê jippeeeeeeee

  10. I’ll be bêk. Moenie ophou blog nie retha😉

  11. Dankie vir daai laaste sin, Harry

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s