‘n Eenvoudige boodskap vir ‘n deurmekaar en komplekse mensdom

Hier was onlangs ‘n pos waarin ek vertel het dat die Bybel ons nêrens vertel om te “glo sonder bevraagtekening” nie. Van die antwoorde het daarop neergekom dat geloof eenvoudig is, dat debat oor die saak mense kan verwar.

 

Hulle is natuurlik reg. Geloof is ‘n heel eenvoudige ding. Jesus het kom vertel wie hy is en waarom hy gekom het. Geloof gaan eenvoudig oor: Gaan jy hierdie Jesus vertrou of nie? Ons het almal instinkte wat ons vertel om maar te vertrou, of waarsku om nie te vertrou nie. In die lig van jou mensekennis moet jy jouself afvra: Hoe betroubaar is die Bybel se Jesus?

 

Ja, daar bestaan lang, ingewikkelde boeke oor die betroubaarheid van die Bybel, en navorsers wat jare spandeer het om daardie boeke te skryf. Hulle doen dit oor party mense ekstra bewyse nodig het voor hulle oortuig raak. As jy nie sulke bewyse nodig het nie, is dit piekfyn. As jy dit wel nodig het, is dit daar vir jou.

Daar is indrukwekkende artikels op die Internet om te verdedig dat Jesus geleef het, dat Hy gedoen het wat in die evangelies aan hom toegeskryf is, en dat Hy opgestaan het. Maar as Jesus jou lewe nuutgemaak het, het jy 10 teen 1 nie daardie redenasies self nodig nie.

 

Party mense kan slim redenasies maak oor die versoenbaarheid van die wetenskap en die Bybel. Hulle doen die moeite omdat ander mense beweer die twee is nie versoenbaar nie. Maar as niemand jou nog ooit kon mislei met liegstories soos “wetenskap en godsdiens is onversoenbaar”nie, het jy nie nodig om teruggelei te word van daardie liegstorie af nie.

 

Die evangelie, baie kortliks is:

 

God het jou gemaak na sy beeld.(1) Hy ken jou potensiaal, Hy weet wie en wat jy veronderstel is om te doen en te wees.

Jy het dinge gedoen, gedink, en gesê waarvan God nie hou nie.(2) So het jy die verhouding tussen jou en God versteur.(3) Howel God jou liefhet, is daardie dade nie welkom by hom nie. Maar jy, en die res van die mensdom, se wandade het ook mense se interpersoonlike verhoudings, die mens se  vermoë om sy potensiaal te bereik, en selfs die natuur, versteur. Niks wat jy uit jou eie doen, kan jou geneigdheid tot verkeerde goed regmaak nie.(4)

Jesus het ‘n manier gemaak om hierdie verhouding  te kan regmaak, en jou geneigdheid tot die verkeerde te herstel: Hy is in jou plek gestraf. Hy het die dood oorwin.(5) Hy vra dat jy Hom aanneem en volg. Dit behels o.a. om te erken dat jy sonde  gedoen het.(6) 

As jy kies om Hom aan te neem en te volg, maak God jou van binne af nuut.(7) Hierdie nuutmaak begin nou al, maar in die lewe na die dood sal die gelowiges en die skepping volkome nuutgemaak wees.

Jy kan hierdie eenvoudige boodskap óf aanvaar, óf verwerp. Mense van oraloor die wêreld, alle ouderdomme en vlakke van geleerdheid, getuig hoe hulle hierdie boodskap biddend aangeneem het, en dit die beste besluit is wat hulle ooit gemaak het.   

 

Skakels soos hierdie of hierdie of hierdie sê net dat jy myns insiens nie “intelligensie” of “logika”  moet noem as redes waarom jy dit verwerp nie.

 

Naskrif: Hoeveel lesers van hierdie gedeelte kan raai wat die kleure Goud, Swart, Rooi en Wit in die prentjie hierbo met die tema van die stuk te doen het?

 

(1)   Genesis 1:27

(2)   Romeine 3:23

(3)   Jesaja 59:2

(4)   Efesiërs 2:8-9

(5)   1 Korinthiërs 15:3-4

(6)   1 Johannes 1:9

(7)   2 Korintiërs 5:17

 

Hierdie is kortliks enkele van talle verse wat dieselfde boodskappe gee.

2 responses to “‘n Eenvoudige boodskap vir ‘n deurmekaar en komplekse mensdom

  1. Gits dit was nou lekker om op jou blog af te kom. Dankie vir hierdie inskrywing.

    Ek onthou die “Bybel sonder woorde”, dit het ‘n groen buiteblad gehad wat ‘groei’ verteenwoordig. As kind het dit ‘n groot indruk op my gemaak.

    Oor die algemeen lewer ek nie sommer kommentaar (my tyd is regtig beperk vir blogging), maar weet asseblief dat jy op my ‘Feeds’-lysie is. Ek sal lees soos wat jou inskrywings deurkom. Lekker blog verder!

  2. ek het lankal ophou vrae vra, ek probeer lewe volgens die “moenie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie” beginsel en ek bid elke aand vir die wysheid om die regte besluite te neem om van my die bes moontlike eggenoot, mens en vriend te maak…diep binne my glo ek my gebede sal seker ee n of ander tyd beantwoord word…..

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s