Ander bloggers, ek vra raad

Ek beskryf myself op hierdie blog as iemand met diverse belangstellings. “Party mense sorg dat hulle al meer en meer van al minder leer. Op die ou end weet hulle alles- van niks. Ek  weer, leer al minder en minder oor al meer en meer. Een van die dae weet ek niks oor alles!”

 

Nou ja, daar is twee diverse temas, albei baie anders as dit waaroor my blog meestal gaan, waaroor ek baie materiaal versamel het. Sedert ek 1994 kinderbediening-opleiding gekry het by KEO (Ou naam van Petra Kollege, Witrivier) is ek elke jaar by minstens twee groepe van Sondagskool of Kleuterkerk, Kinderkrans of Goeie Nuus klubs betrokke. Ek het intussen ‘n hele klomp materiaal vir Christen-werk met kinders versamel en uitgewerk. Die ander tema is papierpoppe, waarvan ek heelwat versamel/ ontwerp het. Ek wil graag my lesmateriaal en papierpoppe deel.

 

Nou vra ek julle ander bloggers: As mens werklik diverse temas wil deel, is aparte klein blogs wat selde opgedateer word beter? Of sit mens alles op een blog, en tag/category dit net verskillend? Laasgenoemde irriteer dalk mense wat RSS feed kry wanneer die blog opgedateer word: hulle kry kort-kort ‘n boodskap oor temas waarin hulle nie belang stel nie.

 

Dalk dink een van julle selfs ek moet my papierpoppe apart blog, maar my kinderlesse hier?

8 responses to “Ander bloggers, ek vra raad

  1. Ek sou dit op een plek gehou het. Geen mens is eendimensioneel nie, waarom dit van jou blog verwag…

  2. een blog met tags…

  3. Dankie. Ek sal so maak.

  4. Een blog! Baie minder van jou tyd word beroof en baie meer vir ons om te lees!! 😆

  5. Een blog.

    Ek sal binne ‘n week niks meer he om te se as ek net by een tema moes hou nie.

  6. Ek stem vir een blog, maar met verskillende pages. Net `n idee.

  7. christianrethinker

    RF, as elke page ‘n aparte lys van blog-poste, most recent posts(die mees onlangse poste op daai blad), kategorieë en links kon hê sou daardie oplossing absoluut PERFEK gewees het.

  8. Hi Retha,

    Hoe moet ek maak om jou persoonlik in die hande te kry?!!

    Liza-Nel

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s