God het jou lief: Kruisiging-Kinderles

Daar is ‘n soekenjin-term wat disproporsioneel baie mense by hierdie blog uitbring. Heelwat mense kom hier uit omdat hulle “Sondagskool les” of iets derglik getik het. En julle wat só hier uitkom is seker gefrustreerd, want eintlik was hier tot dusvêr net een pos onder daardie blog-kategorie.

Ek was egter al lank van voorneme om te begin om my lesmateriaal te deel. En toe vra ek myself: Waar begin ek?

En na vanoggend se kerkdiens weet ek: Ek begin nie by die lesse met die interessantste prente by nie. Ek begin nie by die lesse met die meeste aktiwiteite nie. Ek begin nie by liedjies waarvoor ek ekstra versies geskryf het nie. Die beste plek om te begin, is by God se liefde. As jy hierdie kort les by jou Sondagskoolklas of kinderkerk doen, sal jy waarskynlik nog aktiwiteite/ ‘n bybelverse/liedjies/ getuienis/ toepassings op die tema nodig hê omdat hierdie net ‘n kort les is. Maar jy as kinderwerker kan mos God vra wat Hy wil hê deel van jou les moet wees.

Let daarop dat hierdie les op die Sentrale Waarheid Metode geskryf is. Daar is ‘n waarheid (God het jou lief) wat op relevante plekke herhaal word, sodat daardie waarheid (so bid ons) ingang sal kry in die kind se hart en verstand.

Hier is die PDF van die les “God het jou lief” En hier is prente, regs-kliek om groot te sien, en dan die groot weergawe te “save” vir uitdruk.

 


Naskrif: Ek glo nie daar is meer kopiereg op die prente(Jesus voor Pilatus en Jesus aan die kruis) hierby nie. Dit kom uit ‘n Sondagskool-handleiding wat al meer as ‘n dekade gelede uit gebruik gegaan het.

3 responses to “God het jou lief: Kruisiging-Kinderles

  1. Kan julle asseblief vir my enige raad en lees material deur e-mail en idees vir n klassie ouderdom van 2-5 vir my sondagskool/kinderkerk? bja danki

  2. Ek dink dat KidsXpress se kleutermateriaal goed is. (Google hulle webblad.) Susan Fourie se Lesse wat leef” kleuterlesboek is glo ook goed. http://www.fxit.co.za/page_lesse.asp?PID=47

    (Ek wou my uitgewerkte lesse nog geblog het, toe steel iemand my rekenaar met al die lesse. Ek self het dus niks vir jou nie.)

  3. Hierdie onbaatsugtige hulpmiddels , gee my baie hulp aangesien ek net 6 kinders tussen ouderdom 6-12jaar het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s