Internet-surfer, só spaar jy baie megabytes/ tyd

Hande op, almal wat dink Suid-Afrikaanse Internet-diensverskaffers vra te veel geld. (Van hier af tik ek stadiger- my een hand is in die lug.) Dis ‘n feit- hierdie land van my is een van die duurste plekke op aarde vir internet-diens.

 

Miskien is jy iemand wat per megabyte betaal vir jou Internet-gebruik. Of dalk het jy ‘n aantal in-kontrak-megabytes en betaal jy ekstra sodra jy dit oorskry. Nog erger, jy kan dalk Telkom gebruik en betaal per tyd op die internet. Of dalk het jy ‘n stadige konneksie en jy moet ‘n webblad vol hoë-resolusie foto’s besoek vir inligting.

 

Hier is ‘n maklike manier wat ek die laaste maand of 2 gevind het om Megabytes te spaar, veral op blaaie wat jy gereeld besoek. En dit spaar ook tyd omdat minder inligting van die Internet aflaai.

 

Ek gaan vertel hoe om dit te doen in Internet Explorer en in Firefox:

 

Internet explorer:

Kliek op Tools, Internet Options, Advanced. Jy kry nou ‘n lang lys wat in afdelings ingedeel is. Die eerste twee afdelings is Accesability en Browsing. Gaan af na die afdeling multimedia, en neem die regmerkie langs “show pictures” weg.

 

Jou Internet sal nou sonder prentjies vertoon. (Tot jy kies om terug te verander, natuurlik.)

 

En as jy een of twee prente op ‘n bladsy moet kyk, terwyl die res van die blad se visuele detail onnodig is? Maklik.Jy sal sien dat fotos nou vervang is deur reghoeke wat in een hoek ‘n hoofsaaklik wit ikoon het. Sit jou muispyl op die ikoontjie van die foto wat jy wil sien. Regs-kliek daarop. In die opwip-lys, lings-kliek op “Show picture.”

 

Firefox:

Kliek op Tools, Options, Web features.  Neem die regmerkie langs “load images” weg.

One response to “Internet-surfer, só spaar jy baie megabytes/ tyd

  1. Dankie Retha!! Ek het definitief enige hulp nodig!! My Teddie kan dit nie hou soos sy vrou deur megabytes hardloop!!🙄

    My hande is op, Suid Afrika se internet is baie duur!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s