Doen dit met passie!

Ek is elke keer half verbaas as ek hoor mense stel belang in my blog. Hoekom sal iemand nou my goed wil lees? Op skool het ek maar taamlik middelmatige punte vir meeste opstelle gekry. En dan onthou ek die verskil. Op skool het Juffrou of Meneer vir my vertel waaroor ek moet skryf, en dan moet die onderwyser deur 100 St. 7’s se meestal on-geïnspireerde werke oor daardie tema lees. Nou skryf ek wat ek voel om oor te skryf. En enigeen is interessanter as hy praat oor dit waaroor hy sterk voel.

Dale Carnegie gee in sy boek “A quick and easy guide to effective  public speaking” die raad dat jy ‘n onderwerp moet kies waaroor jy sterk voel. En terwyl jy jou toespraak voorberei, herinner jy jouself aan hoekom jy sterk voel daaroor. Ekself reken dat enigiemand wat toelaat dat iemand anders sy/ haar toesprake skryf, nie die moeite werd is om na te luister nie. As jy nie jou eie gedagtes oor ‘n saak wil bespreek nie, is jy nie die regte persoon om oor die onderwerp te praat nie. (Dit grief my as ons politici op TV-nuus gewys word terwyl hulle toesprake aflees!)

Die heel interesantste mense vir my is passievolle mense, besig om te praat oor hulle gunstelingsaak. En dis wat ek wil wees: Iemand wat dit wat ek doen, met passie doen. Iemand wat dit wat ek sê, passievol sê.

As jy jou werk geniet, hoef jy nooit in jou lewe te werk nie.

If you cannot do what you love, love what you do.

Ken jouself. Weet waaroor jy passievol is. En wy jou tyd daaraan.

One response to “Doen dit met passie!

  1. Ja Retha om ‘n passie vir iets te he^ is ‘n groot gawe en dis tragies as mens in jou lewe jou passie vir iets verloor het. Nog meer tragies is wanneer iemand vir niks in die lewe meer ‘n passie het nie. So persoon kan net so wel dood wees.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s