Leer kinders Bybel lees

Hierdie is ‘n uitdeelstuk wat gebruik word as jy kinders (minstens Gr. 4, sodat hulle darem kan lees) leer hoe om self stiltetyd te hou. so-hou-jy-stiltetyd

Jy gaan met hulle deur, na elkeen ‘n uitdeelstuk het, wat hulle nodig het  vir stiltetyd (‘n Bybel, ‘n notaboek, ‘n pen, ‘n stil plek, ‘n spesifieke tyd)

Verduidelik vir die kinders die stappe op die bladsy. As jy by stap 2 kom , maak seker almal weet hoe om verse in die Bybel op te soek.

Oefen dit in jou volgende paar lesse in deurdat jou groep elke keer:

1)      Bid dat God jou sal help verstaan

2)      Lees uit die Bybel*

3)      Dink (en in die klas praat) oor wat hulle geleer het.

4)      Bid oor wat hulle geleer het.

5)      Herinner word om na klas te doen wat hulle geleer het.

 (Dis ook ‘n goeie idee om vir hulle lysies te gee met kort Bybelgedeeltes wat kinders kan sinvol vind, sommer met die spasies vir regmerkies langs dit en plek om te skryf/teken daaronder op dieselfde blad, soos in stap 3.)

Hier is ‘n blad wat jy een van daardie weke, weke waarin die Bybellees-vaardigheid ingeoefen word, kan gebruik. (Hierdie bladsy word middeldeur gesny om vir elke kind ‘n A5-uitdeelstuk te gee.) dank

Naskrif: Dis nie nodig dat hierdie aktiwiteit langdradig moet wees of jou hele les moet beslaan nie. As jy Bybelgedeeltes kies wat met jou dag se tema verband hou, kan die bid-lees-dink-bid-doen inoefen elke keer so min as ‘n paar minute van jou les wees.

3 responses to “Leer kinders Bybel lees

  1. Dankie vir die riglyne! Ek wil betrokke raak by ons kerk se kinderkerk, en die riglyne kan my help daarmee. Dit kan my ook help om my kinders meer in die Woord betrokke te kry. Die blog is defnitief een van my gunsteling leesplekke.

  2. Ek is al vir 20 jaar betrokke by die kinderbediening en stel lesmaterial saam om kinders en tieners te help om die bybel beter te verstaan

  3. chare, het jy ‘n webblad of kontak e-pos oor jou lesse? Mense lees soms (dit kry veral in Januarie baie trefslae) hierdie skakels op die blog om te soek na moontlike lesmateriaal:

    https://gelowigenondersoekend.wordpress.com/2010/01/27/lesse-vir-kinderwerk-nuwe-skakels/
    https://gelowigenondersoekend.wordpress.com/2010/04/26/lesse-vir-kinderwerk-nog-skakels/
    https://gelowigenondersoekend.wordpress.com/2009/01/17/idees-vir-lesmateriaal/

    Ek sou jou aanbeveel om inligting oor jou lesse op een van hulle te gaan gee as kommentaar.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s