Ek glo, want Jesus is betroubaar

 George Maru het onlangs aan Flippiefanus ‘n uitdaging gestuur: “Maar goed, as ek mag, sal ek graag ‘n uitdaging aan jou (of enige ander Christen) wil rig. Gee my ‘n rede om te glo.”

 

Flippiefanus het hom ‘n indrukwekkende antwoord gegee wat met die presiese kwaliteite van sterre te doen het. Sammi antwoord met ‘n kort, maar kragtige pos oor ongeloof en die Joodse geskiedenis. Sonkind gee ‘n mooi getuienis. Flippiefanus het Boerinballingskap ook gevra vir ‘n antwoord, maar hy het (nog) nie daarby uitgekom nie.

Jesus

En my antwoord? My lang lys antwoorde is hier.

My kort antwoord is: Daar was eenkeer ‘n karakter genaamd Jesus op die aarde. Hy het met sy koms al gedetailleerde professieë waar gemaak.Hy het gesê hy is God en sal dit bewys deur uit die dood op te staan. Daarna was hy dood voor ‘n skare, en talle het hom weer lewendig gesien. En toe ek in gebed hierdie historiese karakter vra om my lewe nuut te maak, het ek van binne af verander, op maniere wat ek myself nie kon verander nie. Hierdie Jesus is God, bely ek.

En die nog korter antwoord: Ek glo, want Jesus is betroubaar.

As jy ‘n gelowige is, waarom glo jy? Antwoord gerus hier, of antwoord op  jou blog en plaas ‘n skakel in die kommentaar hier.

7 responses to “Ek glo, want Jesus is betroubaar

  1. Ek glo, want Jesus is (soos Angus Buchan sê) vir my meer real, as mense om my. Ek glo, want Jesus openbaar Homself daagliks aan my op nuwe en wonderbaarlike wyses. Ek glo, want Jesus is.

  2. Pingback: Geloof « The Squatter Camp

  3. Dis presies hoe dit is Retha. Betroubaar, genadig, liefdevol maar ook streng. Alles. Eenvoudig.
    Dis ONS wat dit kompleks probeer beredeneer of wegredeneer.
    Pragtig gestel!
    Dankie.

  4. Ek is besig om die boek te lees wat Johannes voorstel – BAIE insiggewend BAIE!

  5. Ek werk nog aan my inskrywing,🙂

  6. Retha
    (Net my beskeie mening en vir wat dit werdmag wees)
    Ek hoop Andrew en George Maru sal ook hier lees.

    Daar staan geskryf…Ek glo in Jesus omdat God ons Vader deur sy Genade, vir my die geloof in Jesus, Seun van God, gegee het. Geloof is ook maar net Genade van ons Here af? Dan nie?

    Soos Paulus dan ook gese het, kan ons ons op niks beroem nie, want alles is uit Genade. My geloof in Jesus as Seun van God, en ook God self, en dat Hy opgestaan het uit die dode, en lewe, kan ek dan ook slegs se omdat die Heilige Gees in my, vir my dit se en geloofwaardig maak.

    Ek as mens kan (soos Paulus gese het)hom nie beroem op sy geloof nie, anders word ons hooghartig en hoogmoedig (soos die Fariseers)

    Om dan te probeer om vir iemand wat ‘n ateis is, of iemand wat nie “glo” nie, in diepte en op wetenskaplike gronde te probeer bewys waarom hy/sy dan moet glo dat Jesus die Verlosser van die wereld is, of dan ten minste die Seun van God, sal net die teenoorgestelde uitwerking he. Dis dan wanneer hulle die geleentheid gebruik(en dan misbruik ook), om dan ons Geloof in Jesus, as Verlosser, af te bring na die vlak van “werke”. MAW Dit hang van jou alleen af. Jy het natuurlik nog steeds die keuse om te glo of nie, maar dit is juis hier waar die misterie van God intree. Miskien gebede wat beantwoord word deur grootouers of dan ouers vir jou verlossing? Ek weet nie. Dis hoekom dit ‘n misterie is. Maar nog nooit het God enige een weggestuur wat opreg, uit hulle hart, vir Hom gesmeek het dat Hy Hom moet openbaar aan hulle nie. En Hy doen dit op verskillende maniere vir elke mens. Maar jy kan nie in Jesus glo, nie voordat jy God, ons Skepper wat ons Heilig, Heilig, Heilig noem, “ontmoet” het nie. En mense kom by ‘n punt in hulle lewe waar hulle so ‘n honger en dors het, dat dit die Enigste Weg word vir hulle. En hier kom God se Genade ook in. Die hartseer en pyn in hierdie wereld word en is veroorsaak deur die vervalle mens alleen. En God laat dit toe. Hoekom? Want, in sulke omstandighede, gee Hy nie meer om dat jou liggaam vergaan nie, maar gee om vir jou siel. Party mense kom vinniger by Hom uit. Ander glsd nie. Sal eerder God beskuldig vir alles wat verkeerd is in hulle lewe.

    Die Woord se tog dat die (mense)wat Hom liefhet, sal Hy ook “liefhe” (lees Geloof, Hoop en Liefde en die drie loop hand aan hand!) tot en met die duisendste geslag.
    Liefde is die grootste (se Jesus) van die drie. Dit sluit in naaste liefde maar eers liefde vir jouself. Nie die “eie ek” liefde nie, maar Jesus in my. Jy moet eers God kan liefhe, voordat Hy vir jou Geloof sal gee. Sonder Geloof is daar geen Hoop (Verlossing en maw Jesus). Sonder Hoop is daar weer geen liefde. Die een kannie sonder die ander nie..

    So my antwoord in kort is..

    “Ek glo slegs uit Genade. God was/is my Genadig om vir my, die Geloof in Hom geskenk het. DAAROM is my lewe ‘n dankoffer en lofprysing vir Hom en tot Sy eer.”

    Soos Paulus gese het….”U Genade is vir my genoeg O Here..”

  7. Jammer vir al die spelfoute!🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s