Die Baie Belangrike Woernaal Inskrywing

Gister het ek kliphard gewerk en nagevors: Ek skryf ‘n Baie Belangrike Woernaal Inskrywing! Ek blog om ‘n Baie Belangrike Waarheid oor te dra!

 

Vanoggend het ek ‘n leun vertel. Sommer, oor die leuen meer gerieflik as die waarheid was.

 

En toe praat die Gees met my: “Ek kan jou nie vertrou met daardie Baie Belangrike Woernaal Inskrywing nie, Retha.”

 

En ek onthou: ” Wie in die kleinste dinge betroubaar is, is ook in die groot dinge betroubaar; en wie in die klein dinge oneerlik is, is ook in die groot dinge oneerlik.” As ek nie oor iets klein by die ongerieflike waarheid kan bly nie, hoe kan ek eerlik oor dinge blog wat vol ongerieflike waarhede is?

 

Jammer, Here. Dit was U wat die visie vir die Baie Belangrike Woernaal Inskrywing vir my gegee het. Dis U wat my nou lei om te stop, want my hart is nie eerlik genoeg nie. Ek sal verder skryf wanneer U my ka vertrou.

4 responses to “Die Baie Belangrike Woernaal Inskrywing

  1. Sjoe Retha, dis eerlik!
    Partykeer moet mens seker bietjie terugsit en stil wees – mooibly!

  2. Vir iemand soos jy kry ek dadelik ongelooflik baie respek. Eerlikheid is vir my baie belangrik. Natuurlik sou en het ek al dieselfde as jy gedoen!

    Ek hoop jy bly nie te lank weg nie!

  3. Ek het my al vasgeloop deur nie vir daardie instink te luister om te stop, te stock take, en dan weer op te tree nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s