I have a dream

 

Nou die dag praat ek met ‘n jong man oor sy werk. Hy is ongelukkig by sy werk. Hierdie is ‘n kort opsomming van die gesprek.

 

 

Ek vra hom wat hy graag sal wil doen.

 

Hy: “In ‘n kantoor sit.”

 

Ek: “Nou as wat sien jy jouself?”

 

Hy: “Ryk. Sodat ek nie klante se nonsens hoef te vat nie.” (Laasgenoemde opmerking het my effens bekommer, want ek was ‘n klant van hom. Maar dis af van die onderwerp af.)

 

Op geen stadium in die gesprek gee hy enige aanduiding van iets wat hy wil doen nie. Hy vertel net wat hy nie wil nie (klante-probleme) en wat hy wil (geld). Die hartseer ding is dat daardie mentaliteit deesdae vir my baie algemeen lyk onder jong mense, van alle rasse en lae van die samelewing.

 

‘n Droom waarna gewerk word, gee ‘n rede om voor te leef. Soos in die ou Abba-liedjie: I have a dream/ a song to sing/ and my destination/ makes it worth the while/ pushing through the darkness/ still another mile…..

 

Party mense het ideale. Daar is ‘n manier wat hulle hulself sien, iets wat hulle graag wil wees en doen. Hulle wil op een of ander manier ‘n verskil maak. Ander sien net wat hulle wil hê, of dit nou liefde of geld of wat ookal is. Wat doen mens om vir die droomloses te wys dat daar meer in die lewe is as net wat hulle wil hê? Hoe inspireer mens mense om te droom (dagdrome oor Lotto wen tel nie)- en te werk na dit wat hulle droom om te wees?

samp095

One response to “I have a dream

  1. Ja dis so jammer dat mense baie keer net geld najaag. Dis belangrik dat mense ‘n passie vir iets moet he. As hulle dit navolg sal geld vanself kom, nie noodwendig so dat mens sal ryk word nie, maar genoeg om van te lewe.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s