Kersfees vir ‘n stukkende wêreld

silent night-7 o'clock newsHierdie stuk het nie uitgedraai soos ek hom wou laat uitdraai nie. Amper alles wat ek hier wou sê, het ek besluit om nie te sê nie. Of vereers nie te sê nie. Sodat my lesers (Hallo, julle twee!) eerste kan praat.

 

Simon en Garfunkel het 4 dekades terug ‘n liedjie geskryf wat hulle Silent Night/Seven O’clock News genoem het. As mens dit ‘n liedjie kan noem. Wat hulle gedoen het, was om ‘n nuusberig (uit Augustus 1966, maar maak die datum saak?) op te neem, met in die agtergrond die kersfeesliedjie: “Silent night/ holy night/ all is calm/ all is bright……”

 

Die nuusberig praat oor onverdraagsaamheid en onregverdigheid, oorlog, reeksmoorde en ‘n dwelm-oordosis. En in die agtergrond speel: ” … all is calm, all is bright…”

 

Maar die hele wêreld weet: Alles is nie “calm” en “bright” nie. Of mooi liedjies dit nou vertel of nie. Soos Louis Brittz dit stel in een van sy (gospel-)liedjies: “…too many times our Christian jargon/ sound like Greek to any barman/ …my poetry, my happy rhyme/ it doesn’t help the world a dime/ No time! ….”

 

Jesus het immers juis gekom na ‘n wêreld van onreg, onrus en oorlog. Hy het juis vir hierdie soort wêreld ‘n boodskap gehad.

 

Sonder om dadelik my opinie te gee, wat dink julle wou Paul Simon en Art Garfunkel hier sê? En is “all is calm, all is bright” die Ware Boodskap van Kersfees? Indien nie, wat het Kersfees te sê oor hierdie stukkendheid? Enige ander kommentaar op Simon en Garfunkel se liedjie, of op die paar woorde uit Louis Brittz s’n?

21 responses to “Kersfees vir ‘n stukkende wêreld

  1. Ek hou baie meer van Louis Brittz se woorde. Daar is nie suggestie versteek nie. Hy slaan die spyker op die kop.

    Simon en Garfunkel het goeie musiek gemaak en ek luister graag en gereeld na hulle “Best Hits” – wie kan ooit die seminale “Sound of Silence” vergeet?

    Ons weet almal dis ‘n verneukspul, daardie “all is calm, all is bright.” Die wêreld is stukkend, en Jesus het dit oënskynlik kom heel maak. Ek dink Simon en Garfunkel bedoel my “oënskynlik”.

    Gesonde feestyd vir jou, Retha.

  2. Dit is die misverstand wat bestaan Emil. Die prentjie wat jy in jou inskrywing het Retha, wys Jesus in ‘n krip teenoor ‘n Pa en kind in beproewing. Dis seker bedoel om kontrasterend te wees, maar dit dui juis die ooreenkoms aan. Dui die feit dat Jesus in ‘n krip gebore is, nie juis dat Hy binne die gebrokenheid van die wereld gebore is nie? En is die feit dat Hy ‘n kruisdood gesterf het, nie juis ‘n aanduiding dat Hy hierdie gebrokenheid in sy ergste vorm ervaar het nie? Die feit dat Hy dit ervaar het beteken dat Hy dit verstaan. Daarom het ons hoop te midde van die gebrokenheid. Dis wat Stille nag vir ons beteken.

    Om te se^ dat Jesus vrede moes gebring het is eenvoudig nie waar nie. In Sy eie woorde volgens Matteus: “Do not suppose that I have come to bring peace to the earth. I did not come to bring peace, but a sword.” Ek dink wat dit beteken is dat dit waaroor dit werklik gaan is nie vrede nie, maar God se Koninkryk.

  3. Dankie, Emil en Flippiefanus, vir julle gedagtes hier.

    Lyk my die stukkie selfspot in my pos: “… my lesers (Hallo, julle twee!)…” was nie té vêr van waar nie! Ek sal wag met my gedagtes tot nog ‘n paar mense deelgeneem het.

  4. 😆 Retha, ek is seker daar lees meer mense. Dis dalk net FF en ek wat dapper genoeg is vir kommentaar:mrgreen:

  5. 😆 Retha ek het lekker gelag vir jou “Hallo julle twee”. Ek is seker daarvan meer mense lees dit.

  6. “… my lesers (Hallo, julle twee!)…” … 3!!!😉

  7. Moenie van Andrew vergeet nie!!

  8. Beste Retha
    Simon and Garfunkel se liedjie was snydende kommentaar wat steeds geldig is vandag.

    Ons christelike protestantse voorouers het hierdie land vir 350jaar regeer en gedomineer- waar was die liefde,vrede,barmartigheid en verdraagsaamheid? Dan kla ons oor regstellende aksie,crime, ens.

    ‘n Chritelike kerfees was nog altyd ‘n klugspel.

  9. Duusman, as ‘n wereld met Christenskap vir jou alreeds so erg is, bid dan dat jy liewer nooit ‘n wereld sonder Christenskap beleef nie.

  10. Flippiefanus- `n wereld sonder godsdiens kan net ‘n beter wereld wees.

  11. Wel, Duusman, noudat die “Christelike Protestantse voorouers”nie meer reageer nie, noudat ons ‘n sekulêre regering het, het ons land die wêreldleiers in moord en verkragting geword. (Dalk het ons maar tog meer “liefde,vrede,barmartigheid en verdraagsaamheid” (jou keuse van woorde vir hierdie lys) gehad.

    Hier is ‘n ware verhaaltjie, vir ons almal:
    ‘n Predikant, Rev. Soper, het graag in die buitelug gepreek vir wie ookal wil luister. Eenkeer kom ‘n vuil student verby, en skree vir hom: “We’ve had Christianity for 2000 years, and look at the state of the world!”
    Rev. Soper skree terug: “We’ve had soap for more than 2000 years, and look at the state of your neck!”

  12. Duusman, oor jou pos #10: Gee asseblief vir my bewyse daarvan, of hou op om goed te sê wat jy nie kan bewys nie.

  13. Ja Retha ek stem saam met jou, Duusman se stelling in #10 is totaal ongegrond. Die Christenskap het ten minste ‘n moraliteit daarmee geassosieer. Ateisme het geen moraliteit daarmee geassosieer nie. Dit is dus redelik om te aanvaar dat ‘n wereld sonder Christenskap ‘n wereld sal wees met meer onmin en misdaad as wat ons nou het.

  14. http://www.gadling.com/2007/08/23/least-religious-countries/

    Hoe minder religeus mense is hoe veiliger die land, hoe meer voorspoedig, hoe meer opgevoed, meer gelykheid , meer besorgheid oor jou medemens

    Die 350jr “christen” bydra tot ons land het ongelykheid,rassisme,verdrukking en haat geskep.

  15. Ek is seker- dat as Jesus God is – en sogenaamde wit Afrikaanse christene, kom by die hemelpoorte aan, dan sal poorte gesluit bly

  16. Duusman het gesê: “Hoe minder religeus mense is hoe veiliger die land, hoe meer voorspoedig, hoe meer opgevoed, meer gelykheid , meer besorgheid oor jou medemens”

    Duusman, dis merkwaardig! Vertel asseblief vir ons meer oor die veiligheid, voorspoed, gelykheid en besorgdheid oor jou medemens in Vietnam, North Korea, China en Laos, die wêreld se amptelik ateïstiese lande!

  17. Oor die pos hierbo: Dit lyk of die nuusberig en “Silent Night” albei ‘n deel van die waarheid praat.

    Die nuusberig vertel dat dit sleg gaan, dat die wêreld gebroke en vol probleme is. Dit was so in die tyd toe Jesus gebore was. Dit was so in 1966 toe hierdie nuusberig geskryf is. Dit is so vandag.

    Maar “Silent Night” praat ook ‘n deel van die waarheid. ‘n Verlosser is gebore. Silent Night lieg ook, alles is nie kalm en helder nie. Hierdie kant van die ewigheid sal dit ook nie wees nie. Die Bybel het nie gesê dinge sal op aarde alles kalm en helder wees nie. Want mense kan self kies hoe hulle wil leef. Hulle hoef nie noodwendig die Verlosser se manier te kies nie.

    Jesus het die wêreld getransformeer soos geen ander nie. Ons meet tyd as voor Hom en na Hom. Ons meet dit so oor die geskiedkundiges wat ons ‘n basis wou gee om tyd te meet, gelowiges was. Hospitale was ‘n innovasie van die Christendom, en daarom dat ‘n kruis-simbool nou nog gebruik word vir hospitale. Verpleging as beroep was begin deur gelowiges soos Florence Nightingale, uit toewyding aan Christus. Die Rooikruis was begin deur gelowiges. Christene soos Louis Pasteur was verantwoordelik vir van die grootste vorderings in medisyne. Christene gee vandag nog baie meer vir liefdadigheid as ongelowiges. Christene soos Wilberforce en Livingstone se werk het slawerny grootliks beeindig in baie lande. (Slawerny bestaan nog, grootliks in lande waar die Christen-persentasie en verdraagsaamheid teenoor Christene baie laag is, soos Indië; of andersins ondergrond.)

    In die wêreld voor Jesus het net seuns uit vooraanstaande families skoling gekry. Met die inkom van Christenskap, wat die waarde van almal in Christus beklemtoon het, het seuns en meisies, ryk en arm, skoling gekry. (Paulus se opdrag aan een gemeente dat vroue in die gemeente hulle in stilte moet laat leer, was nie seksisties nie. Dit erken dat daardie vroue tot op daardie stadium nie skoling gehad het nie, en vra hulle om die geleentheid wat hulle nou het te benut.) Die Christendom het geletterdheid bevorder – meeste tale ter wêreld is vir die eerste keer op skrif gesit deur sendelinge. Die begeerte om God in diepte, sistematies en filosofies te bestudeer, het die konsep van universiteite in die wêreld ingebring. Die woord universiteit getuig van die Christen-oorsprong, want dit beteken “een waarheid.”

    Christene gee baie meer vir liefdadigheid as ongelowiges, sê statistici. Selfs vir sekulêre liefdadighede.

    Britse tronk-statistiek wys dat mense met geen geloof 4 keer so waarskynlik in die tronk beland as gelowiges.

    As die liedjie beweer “all is calm, all is bright” praat dit nie direk die waarheid nie. Maar dalk kyk dit vorentoe na ‘n toekoms waar God inderdaad alles sal nuutmaak wat Sy kinders in Sy krag begin nuutmaak het.

  18. Wat in hierdie kommentaar staan, is vir gelowiges bedoel:

    Ondanks alles wat die Christendom in die verlede gedoen het (enkeles daarvan in my vorige pos), moet ek en jy onsself afvra: Wat doen ek om God se koninkryk te laat kom in die wêreld? Moenie gepla wees hoe die ongelowige, wat heelwat nie sien nie (as gelowiges vertel ons nie noodwendig oor wat onsself doen nie, maar die geskiedenis bewys ons voorgangers se dade), ons beoordeel nie, maar kom ons vra ons Vader wie en wat ons moet wees en doen hier op die aarde.

    En onthou: Die Bybel weet reeds dat wat die gelowiges ookal hier doen, alles sal nie kalm en helder wees in hierdie lewe nie. Maar daar is ‘n belofte: God sal voltooi wat ons in Sy naam begin het. Hy sal die skepping klaar nuut maak.
    Rom 8:19 Die skepping sien met verwagting daarna uit dat God bekend sal maak wie Sy kinders is.

  19. 16.”Duusman, dis merkwaardig! Vertel asseblief vir ons meer oor die veiligheid, voorspoed, gelykheid en besorgdheid oor jou medemens in Vietnam, North Korea, China en Laos, die wêreld se amptelik ateïstiese lande!”

    Top 50 lande meet die meeste ateiste. http://www.adherents.com/largecom/com_atheist.html

    Tyd om jou bril ‘n bietjie skoon te vee.

  20. Duusman, let op by die notas op die blad wat jy aanbeveel: “Note: The Communist nations of China, Cuba and North Korea were not included in this study. These countries may or may not be among the “Top 10 Most Atheist Countries” in the world.”

    Hulle is maar skelm met die getalle op jou gekose webblad. Hulle kies om Swede (iets tussen 46% en 85% ongelowiges) te plaas voor Viëtnam (81%). Daarom kies hulle maar aspris om die getal wat jou pas te gebruik (die 85%, nie die 46% nie.

    Maar kom ons vat jou gekose blad:
    As mens aanneem dat die statistiek wat 46% meet ewe akkuraat was as die een wat 85% meet, is die gemiddeld daarvan 65,5%. In die lig daarvan (gemiddelde vir elke persentasie wat twee skattings het.) meet ons nou al 3 tabelle op daardie blad:
    • Volgens jou gekose blad is Vietnam die land met die hoogste persentasie ateïste.
    • Volgens jou gekose blad is die land met die meeste ateïste China, dan Japan, Rusland en Viëtnam. Dit gaan relatief sleg in 3 van die 4. (En in China, waar die aantal Christene vinnig groei, is omstandighede ook besig om vinnig te verbeter in baie opsigte.) (Nog ‘n vraag: Ek wonder of hulle ook die toertjie doen om Bhoeddiste ateïste te noem om Japan se ongeloof-syfers te laat goed lyk? Ek het dit al vantevore teëgekom.)
    • Volgens jou gekose blad het Oos-Duitsland die hoogste proporsie ateiste- 88%, dan Slovenia en Rusland.

    Die verskil tussen die 3de en eerste tabel laat my ook wonder oor jou blad se akkuraatheid – as Oos-Duitsland 88% atties het, hoekom is hy nie bo-aan tabel 1 (land met hoogste % atteïste) ook nie? As Vietnam 81% ongelowiges is, hoekom is hy uitgelaat in tabel 3(lande met hoogste proporsie ateïste)?

  21. Duusman, afgesien van die skeefgetrekte aard van die statistiek soos Retha dit uitwys wil ek jou ook verder daarop wys dat Europese lande se kulture gebasseer is op Christelike beginsels. Dus, selfs al is die grootste persentasie van die bevolking van sulke lande nie meer Christene nie leef hulle nogsteeds volgens Christelike beginsels omdat hierdie beginsel deur die eeue in hulle kulture vasgele is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s