Op lewe!

Dellie het ‘n blad oor vreemde blog-soekterme op haar blog. Die vraag daar is: Wat is die vreemdste soekterms waarmee jou blog al opgespoor is? Die skokkendste een was gister op my blog-statistiek: “Hoe om selfmoord met pille te pleeg.” Dit het my soos ‘n vuishou tussen die oë getref om dit te lees.
As jy wat daardie soekterm gebruik het dalk weer hierdie blog lees, of as iemand anders wat selfmoord oorweeg hier lees: Moenie! Ek was ook al depressief en ek kan jou sê: Dinge verander later. En iewers is daar iets wat jy kan doen of iemand wat jou nodig het.
Ek het g’n slim woorde nie. Net dit: Lewe is ‘n wonderlike, ongelooflike kosbare ding.  Jou lewe ook. Denkende lewensvorme is so raar, so besonders, dat ons dalk op die enigste planeet in die heelal bly wat dit het. Iewers moet daar tog vir jou rede wees om te lewe. En as jy nou dink daar is geen rede om te leef nie, dinge kan dalk volgende jaar anders wees. Soek hulp. Kies lewe.
Het enigeen van julle ‘n boodskap vir hierdie persoon, of ‘n mening hieroor?

2 responses to “Op lewe!

  1. Don’t do it. As jy kon lewe daarna, sou jy spyt wees.

  2. Los dit liewer, want jy gaan in elk geval die verkeerde pille in die verkeerde dosis drink en nie doodgaan nie. Al wat gaan gebeur is dat jy moerse siek gaan word en erg verneder gaan wees as hulle jou “maag voor almal gaan uitpomp”.

    Gaan sit en dink oor hoe kosbaar een enkele lewe is, jou eie lewe. daar is net een van jou, en jy is spesiaal. net jy kan jou lewe leef. en jy het daardie kans. en dit is nogal WOW!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s