Net een God minder?

‘n Populêre ateïstiese teorie was onlangs op my blog gepropageer. Die idee kom aanvanklik van Stephen Roberts, wat dit as volg bewoord:

“I contend that we are both atheists. I just believe in one fewer god than you do. When you understand why you dismiss all the other possible gods, you will understand why I dismiss yours.”

Daar is natuurlik teen hierdie tyd al ‘n hele klomp onvrye denkers wat agter Roberts aanpraat, soos Sam Harris en die Wouter- deelnemer op my blog. Harris gaan tot sovêr om te beweer dat Christene en Moslems mekaar se gelowe op eenderse maniere verwerp, en dat hy alle gelowe op daardie manier verwerp.

Eers het ek ‘n grappie van die opmerking probeer maak:

“Daar is talle uitrustings in jou kas wat jy nie vandag aangetrek het nie. Deur kaal te loop gaan ek net een uitrusting verder.”

Party mense het nie die humor gesien nie, en het toe beweer dis nie dieselfde nie, want mens dra nie elke dag dieselfde klere nie. Hulle mis die punt. Die punt was dat daar soms ‘n merkbare verskil is tussen één van iets kies en nul van iets kies. Daar is ‘n groot verskil tussen kaal loop in die openbaar en klere dra. Daar is ‘n verskil tussen die stelling: “Iemand/ iets het die heelal gemaak” en “niemand het het die heelal gemaak nie.”En Christene en Moslems verwerp nie mekaar se gode op dieselfde manier nie, of op dieselfde manier as ongelowiges nie. Moslems glo Jesus was ‘n profeet. Christene glo dit nie van Mohammed nie, en ateïste glo dit per definisie nie van enige gode wat hulle verwerp nie. Christene glo ook dat minstens party ander godsdienste wel soms iets waar van God weet, en dat ander minstens reg is dat ‘n skepper die heelal en aarde beplan het.

Maar daar is ‘n ander belangrike fout in daardie stelling: Gelowiges “dismiss” nie ander gode op die manier wat ateïste God “dismiss” nie. Christene glo dat heelwat van die wesens wat as gode gedien word, bestaan. Satan word byvoorbeeld aanbid, en ons glo hy is “die god van hierdie wêreld”. Volgens gelowiges bestaan hy. Volgens gelowiges sit demone- wesens uit die geesteswêreld agter heelwat misleiding oor geloof, agter heelwat vals godsdienste. Ons glo dus aan talle wesens wat as gode gedien word, ons dien net Een.

As Roberts (Sam Harris/ Wouter) dus sou glo my God bestaan, maar is ‘n leuenaar in rebellie teen ‘n hoër God, dan eers verwerp hy my God om dieselfde redes/ op dieselfde manier wat ek ander gode verwerp.

13 responses to “Net een God minder?

  1. Retha, ek geniet jou blog vreeslik en volg die interessante debatte. Wel gedaan.

  2. Pffrwhaahaha…at Wouter.

    Goeie idee … nou kan ek AL my uitrustings elke dag dra. Weet nog nie hoe ek my golf, berg stap, flippers en booties gelyktydig gaan aankry nie.

  3. So van kaalgat rond stap gepraat, dit tref my nou skielik dat ek jare laas op Sandy Bay was. Noudat ek werkloos is kan ek dit weer ‘n weeklikse roetine maak. Yes yes yes.🙂

  4. I am happy to be able to restore some dignity to the University of Stellenbosch. Two scientists from the University are on the Project Steve list. They are:

    Steven Bradshaw
    Professor of Chemical Engineering, University of Stellenbosch

    Steven L. Chown
    Professor of Zoology, University of Stellenbosch

    Well done and thank you.

    http://ncseweb.org/taking-action/project-steve

  5. Ek moet sê ek laaik ook hoe ek ‘n onvrye denker is omdat ek deur my eie logika en denkwyse by dieselfde eenvoudige idee uitgekom het.
    Sjoe al daai mense wat dink Zimbabwe is in ‘n kriesis is sulke onvrye denkers!

  6. Wouter, my data cap laat my nie toe om videos te kyk op die internet nie. As daardie draad enige antwoord inhet op die stelling dat Christene in die bestaan van talle bonatuurlike wesens glo, en iemand wat in een bonatuurlike wese minder as ek glo sal nie ‘n ateïs wees nie, dan moet jy dit maar in woorde kom maak.
    Wat betref dat jy en hierdie skrywers afsonderlik tot die gevolgtrekking gekom het, dis moontlik. Dan moet julle seker afsonderlik afsien van die idee dat gelowiges net aan een bonatuurlike wese glo, en julle dus in een minder. Of dalk afsonderlik verdedig dat jy/ julle wel in talle bonatuurlike wesens glo, maar net een minder dien as gelowiges.
    Roer, dankie. Jy is natuurlik welkom om so nou en dan opinies ook by die debatte in te sit.
    Andrew, Wouter sal natuurlik jou Sandy Bay-besoek goedkeur. Miskien kan jy hom saamnooi soontoe? Of dalk sal hy verkies om dit in die publiek te doen?

    Disclaimer: Enige stelling oor kleredrag en naaktheid wat ek in hierdie onderwerp maak, moet as grappie geinterpreteer word. As jy in dieselfde vertrek as ek was, sou my stemtoon en gesig jou dit vertel het.

  7. Wel sommige gelowiges glo net aan een god, en as hulle in die duiwel ook glo as ‘n god is dit dan twee. Elkgeval die punt is meeste gelowiges glo nie in al die gode nie, daar is letterlik duisende van hulle. So ek dink dit is regverdig om te dink dat gelowiges meer as 99% van alle gode verwerp. Die getal waarin hulle glo of nie glo nie maak nie eintlik rerig saak nie. Die punt is dat hulle wel in sommiges glo en ander nie, dit maak hulle dus atheiste teenoor daardie gode.

    Die satire clip op youtube, wys hoe ‘n dude na al die grootste gelowe geconvert het, met alles wat hy elke dag moet doen ens.

    Die eerste gebod wat geskryf was is dat jy voor die christen god geen ander gode mag hê nie. So baie gelowiges verwerp ander gode op grond van daardie bevel. Vir sekere atheiste, wel die wat seker eers gelowig was anyway, argumenteer dat om net 99.95% van alle gode te verwerp nie rerig sin maak nie, daar is immers geen bewyse om enige god te regverdig nie, en as daar sou wees sal ons nog steeds nie weet of dit die werk van Ra, Zeus, Set, of die Horus sal wees nie. Om nie in Ra, Horus, Isis, Set te glo nie, is amper presies dieselfde as om nie in Yaweh, Jesus, Mary en Satan te glo nie.

    Nog ‘n voorbeeld as gelowiges sê(en hulle doen baie), wel morele waardes kom van hulle god af kan ek vra, hoekom dit nie van een van die volgende Gode wat se naam met A begin wat gode is van justice en moraliteit nie? Hoekom kom moraliteit nie van Astraea, Adikia, Aino, Akonadi, Ala, Alecto, Alkonost, Amelenwa, Amn, Anbay, Ani, Apet, Arete, Aso, Atai, Augralids, Azele Yaba of Azer Ava af nie?
    Miskien is hulle almal in ‘n bo natturlike cosmic battle, saam met Jesus teen die forces van evil(en daar is baie van hulle!). En hoe gaan daai flippen wetenskaplikes ooit bewys dat hulle nie is nie!😛

    Hoe is julle gelowiges seker julle moet nie eerder vir Azele Yaba aanbid nie? Daar is ook tekste en dokumentasie en ervarings oor baie gode, hoe seker is julle Jesus is daai een wat julle lewe aanraak en nie die Flying Spaghetti Monster nie?

    Julle kaanse om verkeerd te wees is 1-4(?) keer uit ‘n paar duisend kleiner as myne🙂

    En dit is waaroor daardie clip gaan. Mens sal nooit met 100% sekerheid kan sê dat jou God die regte een is nie, as daar net 2 gode was dan was jou kaanse maar 50/50 maar ‘n mens is nogal geskroef met ‘n paar duisend gode!

    Ten minste het jy dan ‘n awesome verskeidenheid klere, hehe😀

  8. Retha baie dankie vir jou komentaar, ek het gekrul soos ek lag en dit nog voor ek jou disclaimer gelees het. In die middel van die nag kan die Asian markte maar boring wees en so ‘n ou opkikkertjie is baie welkom.

    … ek grinnik nog steeds.🙂

  9. daar is immers geen bewyse om enige god te regverdig nie, en as daar sou wees sal ons nog steeds nie weet of dit die werk van Ra, Zeus, Set, of die Horus sal wees nie

    Daai spesifieke twak is nie welkom op my blog nie. As jy hierdie onsin vertel, het jy nog nie hierdie bladsy gelees nie: https://gelowigenondersoekend.wordpress.com/om-jesus-te-volg-maak-sin/ Eerste-keer-besoekers hier kan eenmalig vergewe word dat hulle nie weet daarvan nie. Jy weet wat hier staan.

    Hoekom kom moraliteit nie van Astraea, Adikia, Aino, Akonadi, Ala, Alecto, Alkonost, Amelenwa, Amn, Anbay, Ani, Apet, Arete, Aso, Atai, Augralids, Azele Yaba of Azer Ava af nie?

    Ek het al kumulatiewe redes genoem waarom die Christen-God anders is as ander Gode. Raai op watter blog-bladsy?

    Julle kaanse om verkeerd te wees is 1-4(?) keer uit ‘n paar duisend kleiner as myne🙂

    Ons kanse om verkeerd te wees is …. kleiner as joune? Dankie Wouter! Ek sê dit mos nog die hele tyd!😉

  10. Hallo Retha,

    Lekker om weer hier verby te lees. Hierdie onderwerp is so ‘n pragtige voorbeeld van retoriek wat van groter belang is as logika. Dit klink baie oortuigend om te praat van “Net een God minder” en dit te laat klink asof dit ‘n logiese argument is.

    Dit is so goed soos om te sê dat uit al die korreltjies sand by die see is nie een van hulle ‘n diamant nie, net omdat derduisende aansprake verwerp en/of aanvaar dat ‘n diamant is gevind. Niks in so ‘n argument praat eens van die epistemiese waarde wat werklik agter die aansprake is nie.

    Dit is ‘n ernstige logiese “cop out” om nie jou eie epistemiese metode te vergelyk met ander en om jouself eerlik te vra wat is die waarde van jou eie sekerheid.

    So, enige attie wat hierdie retoriek geniet moet tog maar net een of ander tyd kom by die punt waar hy/sy ‘n logiese argument daaragter wil sit.

    Groete,
    Michael

  11. Dankie, Michael.

    Hoe dink ek nou aan nog ‘n punt wat deel kon wees van ‘n net-1-God-minder inskrywing, maar wat nie laas by my opgekom het nie: Talle mense, van elke moontlike Godsbeeld insluitende ateisme en agnostisisme, dien die god mammon. Party van hulle glo in sy bestaan, ander nie. Dis nog een van die talle bonatuurlike wesens wat volgens gelowiges wel bestaan, maar wat ons kies om nie te dien nie.

    Boonop glo ons natuurlik daar is waarheid in talle God-konsepte, in party meer as ander. Die Hindu-konsep van karma is bv. nie totaal onsin vir ‘n Christen nie, en daar is verskeie ooreenkomste met Judaisme.

  12. Hallo Retha,

    Is dit nie Paulus wat erken het dat die diamante van kennis oor God in alle mense se harte geskryf is nie?

    Rom 1:19 omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar.
    Rom 1:20 Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie;
    Rom 1:21 omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister.

    Vir my lyk dit of daar baie mense is met diamante in hulle hande terwyl hulle vas glo dat dit maar net see sand is.

    Groete,
    Michael

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s