Monthly Archives: April 2009

Was Hitler ‘n Christen? Webblad

Op ‘n onlangse draad hier het iemand indirek beweer dat Hitler ‘n Christen was, en ‘n stuk aangehaal wat Hitler daaroor gesê het in die openbaar, toe hy nog wou hê mense moet vir hom stem. (Ons almal weet hoe politici kan lieg om verkies te word.) My antwoord was om ander Hitler-aanhalings te gebruik om te wys hoe hy regtig oor die saak gevoel het, opmerkings wat gemaak is toe hy nie stemme gesoek het nie.

Hier is ‘n webblad wat ek vandag oor die tema raakgeloop het (‘n skakel soontoe het in my inbus beland.) Die blad se subopskrif beweer dit gaan oor “A Scriptural Analysis of Anti-Semitism, National Socialism, and the Churches in Nazi Germany. Debunking the Myth that Hitler was a Christian.” Die blad lyk vir my na ‘n sinvolle besprekingsbron oor die vraag van: “Baie mense het idees oor hoe die samelewing, ideaal gesproke, moet werk. Wat maak dat sekere idees op die ou end tot doodslag lei? Hoekom lei sekere idees meer gereeld as ander tot massaslagtings?

Kort stukkie onthou

 Koerante vertel Beatrice Arthur, Amerikaanse aktrise wat Dorothy Zbornakin Golden girls gespeel het, is oorlede. Hier is 2 aanhalings wat ek uit Golden Girls onthou:

Dorothy:  “I only smoke after sex.”

Blanche:  “That way, one packet would last you a lifetime.”

 

Dorothy se ma probeer ‘n argument met haar beeindig: “I whove you!” (“I love you, uitgespreek soos sy gedoen het toe Dorothy ‘n klein dogtertjie was.)

Dorothy:  “Too whittle, too whate!”

Kort aanhalings oor populêre anti-godsdienstige slagspreuke

“Godsdiens is die wêreld se hoofoorsaak van oorlog en doodslag.” – Anti-godsdienstige Slagspreuk

Kort aanhalings:

Almost 50% of all the killings in human history were committed in the past 100 years by regimes that either actively promoted atheism or strongly discouraged religion… When the murders of history are tallied up, it is very clear that atheism is the most dangerous philosophy ever embraced by humanity. Kirk Durston

Whatever the motives for atheist bloodthirstiness, the indisputable fact is that all the religions of the world put together have in 2,000 years not managed to kill as many people as have been killed in the name of atheism in the past few decades.

Dinesh de Souza

– – – – – – – – – – – – – – –

“Ateïste maak nie dood in die naam van ateïsme nie!” – Anti-godsdienstige Slagspreuk

(Gesê wanneer jy ongelowiges herinner dat anti-godsdienstiges die afgelope eeu meer mense doodgemaak het as wat altesaam in alle oorloë voor dit oorlede is; en ateïste talle kere meer as wat al vir sogenaamde godsdiensredes gedood is.)

Kort antwoord:

“Any thinking individual would laugh at a similarly illogical claim that Marlboro’s can’t cause cancer because no smoker lights up in the name of Marlboro.” – Vox Day

– – – – – – – – – – – – – – –

“Evolusie/ Wetenskap maak God onnodig. Alles kan sonder hom verklaar word.” – Anti-godsdienstige Slagspreuk

Kort antwoord:

“Evolution doesn’t explain the origin of life. It doesn’t explain consciousness, and, despite some heroic efforts, it doesn’t explain morality. I’m not making a God-of-the-gaps argument arguing that because evolution can’t account for it, therefore God did it. But neither should we submit to the atheism-of-the-gaps, that holds since science explains some things, it can surely explain everything.” – Dinesh D’Souza

‘n Vraag vir leraars, luisteraars, leuenaars, leuenstoelfilosowe, lusteloses, lewenslustiges, leiers en lede

h_consciousnessDaar is goeie en slegte nuus vir die Christendom. Eers die goeie nuus: Die belangstelling in spiritualiteit is hoog. Annerkant sê byvoorbeeld sy/haar blog is oor “die lewe, spiritualiteit, werklikheid, die heelal en ons plek daarin.” En daar is talle soos hy/sy- wat baie baie graag oor spiritualiteit wil praat. Temas soos “geestelike heelheid” word hoog aangeslaan. Aan die anderkant is daar die slegte nuus: Hoewel ons Christene beleef ons het al Één, en net een, teegekom wat geestelike heelheid kan bring, skakel  baie mense af as die onderwerp oor Hom begin gaan. Ek vermoed ‘n wanindruk oor wat geloof en wie God is het dalk baie daarmee te doen. Christenskap kan byvoorbeeld nie vir mense buite die kerk voorskryf wat hulle moet wees nie. Maar waaroor het mense ‘n wanindruk?

En daarom vra ek: As geestelikheid dan so belangrik is, hoekom stroom meer mense nie na Jesus nie? Ek gaan nie hier begin met antwoorde nie, ek laat die kommentaar-leweraars begin.

Hierdie is ‘n vraag “vir”, en nie net ‘n vraag “aan” nie, omdat “vir”ook “ter wille van” beteken. Die vraag is vir leraars, want hulle moet weet hoekom heelwat “respektabele mense” wat meer diepte soek, nie hulle “produk”- Jesus- soek nie. Die vraag is vir luisteraars, want hulle moet sê wat hulle sou wou hoor, wat Christene nie sê (of kan sê?) nie. Dis ‘n vraag vir leuenaars nie oor ek ‘n oneerlike antwoord wil hoor nie. Leuenaars beteken hier mense wat tot dusvêr nie kon eerlik wees oor hoekom hulle verder soek na godsdiensdienstigheid in iets anders nie, wat nie vir hulle kerk-medelede kon vertel hoekom of waar hulle soek nie. En leuenstoelfilosowe? Wel, as jy ‘n denker is, het jy dalk al gedink oor geestelikheid. Dis vir almal wat waarde heg aan geestelike dinge maar nie Christenskap oorweeg nie, om te vertel waarom nie. Of vir ons wat Christene is, om te verstaan waarom ander dit nie is nie. Dis o.a. in my “idees vir kategese, kinderkerk ens.” afdeling, omdat iemand wat met die jeug werk ook moet sorg dat hy/sy heersende denkrigtings in die samelewing verstaan. Want jy wil nie hê dat die kind of jongmens vir wie jy nou les gee, oor 5 of 15 jaar ‘n verdraaide beeld van God en geloof moet hê nie.

Die evangelie is onveranderlik. Maar die verpakking verander. As jy die evangelie aan ‘n Spaanssprekende wil verkondig, sal jy moet Spaans praat. Iemand het gesê: “As ek die evangelie aan ‘n honger mens verkondig, draai ek dit in ‘n toebroodjie toe.” Paulus het in 1 Kor. 9:22 gesê: “Vir almal het ek alles geword om in elk geval sommige te red.” En daarom, sonder kompromieë, vra ons as volgelinge van Christus onsself: Wat moet ons wees, en waaroor moet ons begin praat as ons die mens wat wil spiritueel wees, maar by Christenskap verbykyk vir die antwoorde, die Goeie Nuus wil help verstaan? Waarom is dit nie vir ons luisteraars die nuus wat hulle soek nie?

Integriteit

‘n Ander blogger vra my ‘n tyd gelede of ek nie Adgator ads wil gebruik nie. Gesien in die lig daarvan dat verskeie van my poste op daardie stadium aandag getrek het, kon ek net sowel ‘n wins daaruit maak. Dis seker die regte ding vir party ander mense om te doen. Maar ek ken vir Retha. En ek weet hierdie Retha kan nie vertrou word daarmee nie. As ek Adgator ads gebruik op hierdie stadium, sal dit my in die versoeking plaas. Hierdie mensie sal dan wil sê wat aandag trek, oor watter temas ook al aandag trek. En wil antwoord op maniere wat aandag trek.
   
Dit sal opregtheid hier dalk ‘n knou gee. En opregtheid is belangrik.

Hoe glo kinders?

 

‘n Tyd gelede het ek ‘n blog-inskrywing gemaak oor wat dit beteken om soos ‘n kind te glo.

Kl2
Udo Karsten bespreek die saak hier.

“Alhoewel kinderlike geloof in so ‘n verhoudingskon­teks geensins af­hank­lik is van besondere intelligen­sie of kennis nie, het dit niks te doen met naïwiteit nie. … Dis mense met die swakheid en roemloosheid van kinders wat God se genade (Jesus se verlossings­werk) ontvang. Hierdie ont­vangs en algehele onvermoë om iets te doen om God se guns te ver­dien, is ‘n weerspieëling van kinderlike geloof. “

Anthony Horvath bespreek die saak hier. Hy sê o.a.:

“Anyone who has kids knows that they ask a lot of questions and they are increasingly more sophisticated… I often wonder if people who think ‘faith like a little child’ is ‘childish’ spend much time around children. I know that my experience is not merely anecodotal…

I can also testify to the fact that the difference in the age groups doesn’t have anything to do with sophistication of the questions but rather the attitude in which the questions are asked.”

Om soos ‘n kind te glo, beteken geensins “glo sonder bevraagtekening” nie. Ook nie “glo sonder bewyse of rede” nie. Dis om te vertrou, sonder om te verdien wat jy van God af kry.

YouTubers vra 12-jarige om homself dood te maak

‘n 12-jarige seun met die skuilnaam ChristianU2uber het onlangs ‘n video by YouTube opgelaai waar hy ‘n opinie gee oor homoseksualiteit. Dit het ‘n lang stroom van meestal haatpos tot gevolg gehad. ‘n Paar van die kommentare was die volgende:

“stoopid littl [kru woord, verkeerd gespel],
ur an idiot,
y o y did i clik this and watch as much as i have….
scary 2 think little nazis like u still roam th earth,
proof that there is no god; u exist”
“…Please die.”
“There is no god, you pervert! btw: you’re homo.”
“Kill Christianity, and then kill yourself,”
“You, just like everyone who is against gay marriage, is a mentally retarded bigot. No exceptions. Now go to h—.”

Watter soort mens wens dat ‘n 12-jarige homself doodmaak, of hel toe gaan?
Dis sekerlik so dat, op sy ouderdom, hy heelwat meer lewenservaring moet kry voor hy werklik iets oortuigend oor ander mense se lewensstyl kan sê. Maar dis ironies dat dieselfde mense wat groter verdraagsaamheid vir sekere groepe (gays, in hierdie geval) bepleit, self nie ‘n greintjie verdraagsaamheid het teenoor ‘n kind wat nog nie kans gehad het om meer kante van ‘n saak te hoor nie. En wat, anders as hierdie outjie, persoonlik raak met haat.

——–

Hier is nog ‘n onlangse storie van gay haat:Lesbiërs wat ‘n kerkdiens onderbreek met baniere, dreunsang, deur die preekstoel te bestorm, vandalisme en publieke seksuele gedrag. Toe hulle uit is, het die predikant gereageer deur te bid dat hierdie haat-gevulde mense God se liefde sal ken…

Arm, maar darem (Tandemstorie)

Dellie het onlangs ‘n uitdaging op haar blog gesit: ‘n Tandem-storie. Die idee werk so: Skrywer 1 skryf ‘n paragraaf, en dan skryf skrywer 2, weer ‘n paragraaf. Dan, is dit weer skrywer 1 se beurt. Mens skryf om die beurt tot die storie klaar is, sonder om ooit te kommunikeer oor die rigting wat mens met die verhaal wil inslaan. Hier is ek en my makker se (makabere) resultaat. (Die skrywers hier is Assie in blou, en ek in swart.) Skakels na nog van die resultate is hier.

Arm, maar darem

Kabous sit en staar vir ure na die pakkie op sy tafel.Vroeer afgelewer deur die oornag diens. Hy weet presies wat daarin is, tog is hy baie onwillig om dit oop te maak, maar wat gedoen moet word , moet gedoen word.Hy sny die papier bewerig oop, staar lank na die arm in die plastiek sak en dink “eintlik n baie klein hand vir so n groot man” Nadat hy die pak weer verseel het en DHL dit kom haal het maak hy n bier oop en gaan sit op die stoep. Kabous maak sy oe toe en dink terug aan daardie sonnige dag nege maande gelede.

Die dag toe hy Linda ontmoet het. Hy wou eintlik nooit hê dinge moet só vêr gaan nie, dink hy. Hy het dit nie vir die geld gedoen nie. Hy het dit gedoen, oor sý betrokke was. Vrouens kan die beste in ‘n man uitbring- of die slegste. Sy het daardie dag ‘n kolletjie-sonrok aangehad, onhou Kabous, en sy was lewenslustig en borrelend. Colin kon sy oë nie van haar afhou nie. Colin. Sy gesig verhard toe hy aan die vent dink.

Twee name wat hy liewerste wil vergeet, Colin, n jong verwaande mediese student met n kop so groot soos n sirkus leeu, en dan Linda, allemans vrou met n duidelike voorliefde vir geld, baie geld. Hy wat Kabous is, avonturier, grootwild jagter en gids was haastig. Die vliegtuig het gewag.
Vir die eerste keer in sy lewe het Kabous eerder weggevlieg van iets as na iets. Kabous het nog altyd gevlieg eerder as kar gery: Die bestemming is belangriker as die stilsit van die reis, en hoe vinniger hy die ryery agter die rug het, hoe beter. Maar daai dag het Kabous nie gedink aan sy bestemming, aan wat hy daar wil doen, nie. Hy het gedink aan die sameloop van omstandighede wat maak dat hy vandag op hierdie vliegtuig gaan wees.

Skuld eisers was nog nooit hoog op sy lys van vriende nie. Kabous maak so eenhandig nog n bier oop, waar hy aanvanklik vir Linda as n uitweg gesien het, het sy toe al meer en meer na n bedreiging begin lyk. Hy onthou nog hoe belangrik dit daardie dag was om nie die aansluitings vlug te mis nie. “Damn maar dis warm.”
Hy het nie baie tyd gehad nie voor hy moes vlieg nie, en het dus minder met hulle gepraat as wat goed sou wees. As hy langer met Linda gepraat het, sou hy dalk haar beter opgesom het. Anders opgetree het. Maar sy vliegtuig het gewag. Eers later het hy gedink sy kan dalk ideaal by sy planne inpas. Planne, deels om sy skuldeiesers van sy nek af te kry. Maar dis nie al waaroor sy planne gegaan het nie.

Die manier hoe sy Colin gegroet het , het hom al laat besef dat hulle twee nooit n “Happy ending sou he nie”.Sy en Colin was te veel van n eenheid. Sy planne moes nou maar op hul eie stoom deurwerk. Hy het na Colin daar drie rye voor hom gekyk, en teen sy hele wese en menswees, vir die eerste keer n haatgevoel teen iemand gekoester.Skuld eisers het nou begin klein lyk.Sy planne vir sy toekoms het n heel ander wending ingeneem.”moet net seker maak dat Colin nie op die volgende vlug is nie.”
Hy het kontakte wat daarvoor kan sorg, maar sulke ‘gunsies’ kos geld. Geld wat hy binnekort sal hê, as dinge reg uitwerk. Hy bel: “Mike, ek het so ‘n bietjie hulp nodig. Kan jy sorg dat iemand so ‘n bietjie op Heathrow besig gehou word? Net lank genoeg om sy aansluitingsvlug te mis. Sy naam is ….” Kabous gee Colin se naam en van, die vlugnommer waarop hulle is en die tyd wat die vlug sal land. Geen onnodige detail nie. Hy vertrou Mike om die res te doen.

Detail het hy bietjie verdoesel, Mike was ‘n goeie vriend, maar hierdie was baie groter as dit. Mike was toe nooit nodig nie. Kabous was die 2e een om by te kom na die vliegranp. Colin klap hom liggies deur die gesig. “Hey, pel, lyk my dis net ‘n paar van ons tailenders wat dit gemaak het.” Kabous proe nog die swael op sy tong. Die gapende gat in die vliegtuig se romp staar na hom. Slegs 5 van al die “tailenders” het dit gemaak. Dis toe wat die stryd om oorlewing in alle erns begin het. Skuldeisers, Linda en Mike, het glad nie meer “gefeature” nie.
Eers het hulle gekyk of hulle enigsins naby mense is, maar kon geen teken van beskawing vind nie. Toe het hulle vir kos begin skrop in die vliegtuigwrak. Intussen het die Afrika-son genadeloos op hulle neergebak. Dit was ‘n week voor hulle ander mense gewaar het: 2 Swart mans, met wie hulle geen taal in gemeen gehad het om te kommunikeer nie.

Al die oorledenes was al begrawe. Die Afrikane het gekom en gegaan. Nooit weer gesien nie. Die kos en water wat hulle uit die wrak kon kry, was al lankal klaar. Daar was ‘n atmosfeer van hopeloosheid wat tasbaar in die lug gehang het. Dit was amper twee weke later toe Colin, wat bo verwagting leierskap oorgeneem het, met sy oorlewingsplan gekom het. Colin het een van twee opsies daar gestel: hulle kon OF sit en wag om dood te gaan, OF hulle kon sy desperate plan aanvaar. Dit het behels dat, aangesien hulle nie meer kos het nie, en hy ‘n mediese student is, hy van elkeen ‘n arm amputeer en dit dan dien as voedsel. Die verskil tussen lewe en dood.
Die idee was skokkend. Maar hulle het nie veel van ‘n keuse gehad nie. En wat hom siedend woedend gemaak het, was dat Colin hulle probeer oortuig het dat hy glad nie in staat sal wees om een van sy eie arms te amputeer nie. Die bliksem het hulle dus probeer oorreed tot iets wat hy nie aan homself sal doen nie. Hulle het nie heeltemal daarvoor geval nie. Na baie gestry, is dit aanvaar dat net die ander 4, Colin uitgesluit, die eerste rondte sou lootjies trek vir ‘n arm. Maar vanaf die 2de keer wat hulle ‘n arm sou nodig hê, sou Colin deel wees van die lootjies trek. (Hulle sou kyk wat hy die eerste keer doen, en, sou dit Colin wees wat geloot word, dit doen soos hy gewys het.) 4 stokkies, 3 langes en ‘n korte, is in Colin se hand gehou vir die eerste rondte. Wie ookal die kort stokkie trek, sou eerste wees.
Soos dit maar met die noodlot gaan, Colin se beurt het nooit gekom nie.Die dag toe James die laaste lootjie trek en begin huil, het Colin almal stip in die oe gekyk en gese ” Boys, ons gaan hierdeur kom. Ek beloof nou dat wanneer ons terug in die states is, ek my arm sal laat afsit en dit vir julle wys.”

James was nog erg verdoof van die whisky, valium en grandpa (en nog) konkoksie wat Colin vir hom opgedis het toe die eerste helikopter daar land.

Van Linda en haar trawante het hy nooit weer gehoor nie, kan nie help om te dink wat James, (die laaste een wat Colin se arm sal ontvang,) daarmee gaan doen nie. Al verpes en verag hy Colin hoe, een ding staan soos n paal bo water: Colin, slang en wat nog, is n man van sy woord.
Kabous maak nog n bier oop en sit sy voete oor die tralie werk van die stoep, wie weet, dalk eendag????????

Almal weet die aarde is rond

Almal weet die aarde is rond. Ons bedoel nou bolvormig rond, nie rond en plat soos ‘n CD nie. Wel, nou ja, behalwe vir die paar wat aan plat aarde-verenigings behoort. Maar hoe weet ons dit? Hoeveel van ons het dit al persoonlik beleef? Wie van ons was al af van die aarde om die rondheid te sien? Wie van ons was al om die aarde, en as jy al om was, het jy regtig seker gemaak dat jy nie van koers verander het nie? Op die ou end weet meeste van ons die aarde is rond, want ons glo die mense wat dit vir ons vertel.

Die vorm van die aarde is nie ‘n nuwe ontdekking nie. In die 6de eeu voor Christus het Pythagoras al vertel dis rond, en teen die 3de eeu voor Christus het geen opgevoede mense meer in ‘n plat aarde geglo nie. Voor dit het mense allerhande snaakse idees gehad soos dat Atlas die aarde op sy skouers dra, of dat dit op pilare staan. (En waarop staan Atlas/ die pilare?????) Die koms van die Christendom het niks verander daaraan nie- verwysings daarna (heelwat geskrifte van die Christendom het oorleef) in die geskrifte van die vroee, middeleeuse en moderne Christendom wys dat hulle die sferiese aarde as vanselfsprekend aanvaar het. Thomas Aquinas, ‘n 13de eeuse priester en vandag nog beskou as die grootste denker van sy era, noem dit bv. ‘n voorbeeld van ‘n deeglik bewese feit.

Party mense reken die Bybel het al geweet die aarde is rond voor die Bybel se menslike skrywers dit sou weet. Job 26:10 sê byvoorbeeld:

“He has inscribed a circle on the surface of the waters, At the boundary of light and darkness.” *

Dit verwys glo na hoe dit tegelyktydig dag en nag op verskeie dele van die aarde, elk ‘n ronde deel, kan wees, as gevolg van die aarde se vorm.
En hier is Jesaja 40:22

God het sy troon bokant die hemelkoepel, …*

(Mense soos die navorsingswetenskaplike Rich Deem maak, op grond van dinge soos bogenoemde verse, die argument dat die Bybel se verstommende wetenskaplike akkuraatheid, eeue voor die mense dit sou weet, ‘n argument vir die Bybel se betroubaarheid is. )

Party mense dink dat Galileo in die moeilikheid beland het oor hy ‘n ronde aarde aan ‘n plat-aarde wêreld en kerk verkondig het, maar dis onwaar. Hy het verder gewerk aan Copernicus, ‘n priester, se idee dat die aarde om die son draai. (Die pous, ingelig in die wetenskap van die dag, het met hom daaroor gepraat en hom gevra om ‘n boek te skryf wat die saak, insluitende probleme in sy argument, van alkante belig. Hy skryf toe ‘n boek wat allesbehalwe neutraal is en waarin hy die pous beledig. Sy boek is verban, en eers ontban toe ‘n ander pous aan bewind gekom het. Hierdie verbanning het duidelik nie net oor die tema of wetenskap in die boek gegaan nie, want Copernicus se boek oor dieselfde tema het toe reeds 70 jaar lank sonder probleme gesirkuleer.)

Dit word ook soms in geskiedenis verkondig dat Christopher Colombus die aarde rond wou bewys, en op reis gegaan het met ‘n klomp matrose wat bang was hulle sou afval by die kant van die aarde. Daar is selfs ‘n fiktiewe verhaal wat beweer dat Colombus moeilikheid met die Inkwisisie opgetel het. Eintlik wou hy die bekende wetenskaplike feit van die aarde se vorm gebruik om nuwe handelsroetes te vind. Colombus wou wetenskaplike kennis omskep in wins.

Nou waarom sou mense mites verkondig soos dat Colombus en Galileo probleme opgetel het met ‘n oningeligte, anti-wetenskap, plat-aarde kerk? Een standpunt is dat dit ‘n doelbewuste poging is om ‘n vals verhaal te skep, ‘n verhaal van ‘n kastige ewige geveg tussen die wetenskap (goed) en die kerk (sleg).Maar mens kan natuurlik enigiemand diskrediteer deur hulle standpunt met ‘n plat-aarde standpunt te vergelyk. Hier word evolusioniste se dogmatiese stellings byvoorbeeld met plat-aarde-aanhangers s’n vergelyk.

(Vir my lyk dit of meeste gelowiges aan God se bestaan soos gemiddelde round earther is. Almal van ons weet daar is redes om te glo aan God. As ons regtig gedink het daar is g’n redes nie, sou ons nie geglo het nie. Nie almal van ons ken die redes ewe goed nie.)

 Miskien herinner hierdie ons net weer dat alles wat ons (dink ons) weet, nie vanselfsprekend aanvaar moet word nie. Ons weet dinge, omdat ander mense hard gewerk het om dit uit te vind. As jy in die 7nde eeu BC geleef het, sou jy sekerlik nie geweet het die aarde is rond nie. Ons het oor talle sake nodig om by ander mense se wysheid te leer. On s kan dankbaar wees teenoor diegene wat voor ons dinge uitgevind het, of selfs, soos bv. Colombus, beproef het.

 —————————————–


*Volgens meeste Bybel-dateerders is Jesaja iewers tussen 739 en 587 BC(Die 8ste en de eeu vC) geskryf. Skattings oor Job verskil van 2100vC tot die 2de eeu voor Christus. (Hier en hier)

As God die wêreld gemaak het, wie het God gemaak?

Emil wys onlangs op sy blog iets heel geloofwaardig uit: As iemand vra: “Wie het die heelal gemaak?” en jy antwoord “God” of [X], kan mens volgende vra: “Wie het God of [X] gemaak?” Dis natuurlik waar. As jy wil vertel dat die aarde op ‘n skilpad se rug staan, waarop staan die skilpad?

En hy gee ‘n leidraad in die antwoord se rigting: (Woorde syne, skuinsgedruk myne)

Die knobbel van die kosmologiese argument is dít: as die antwoord van die vraag “Wat is die oorsaak van die heelal”” X is (God, byvoorbeeld, of die Oerknal), is dit moontlik om “Ja, maar wat het X veroorsaak?” daarop te antwoord. En as die antwoord op laasgenoemde vraag Y is, kan ons steeds vra “Wat het Y veroorsaak?” Die enigste wyse waarop ons kan keer dat die vraag al verder en verder teruggedruk word, is om daarop aan te dring dat X (of Y of Z) radikaal anders is sodat die vraag eintlik nie gevra kan word nie.

 Die antwoord is, soos Emil ook vertel, om ‘n oorsaak wat radikaal anders is te postuleer. Want alles het nie ‘n oorsaak nodig nie. Die kalam kosmologiese argument lui eintlik:

 

1. Alles wat begin bestaan het ‘n oorsaak nodig.

2. Die heelal het begin bestaan.

3. Daarom het die heelal ‘n oorsaak nodig.

Wat/ wie het die heelal gemaak? Hoekom is daar iets eerder as niks? Die algemeen aanvaarde wetenskap (wat ek ook aanhang), is dat ‘n oerknal die heelal laat begin het. By daardie oerknal het tyd ook begin. (Die huidige aanvaarde wetenskap ondersteun byvoorbeeld nie die idee dat die heelal van altyd af daar is nie.)
Die oerknal is nie só radikaal anders nie, want dit het ook begin gebeur. Van die oerknal kan gevra word: Wat het die oerknal laat gebeur? En een antwoord, vir ‘n verskeidenheid redes, is God/ ‘n god.
En kan die vraag dan gevra word: “Wat het God/ ‘n god laat bestaan?” Nee, dit kan nie. Dit maak sin dat oorsaak en gevolg binne ons heelal, binne die tyd-dimensie, die manier is hoe dinge werk. Maar die vraag kan nie gevra word van God, of van wat ookal gepostuleer word as die oorsaak van die oerknal, nie. Wat ookal voor die oerknal, voor tyd was, was waarskynlik nie op dieselfde manier onderworpe aan oorsaak en gevolg nie. Net dinge wat ‘n begin het, het ‘n oorsaak nodig. Die heelal het begin(volgens ons beste wetenskap, volgens die oerknalteorie). Die oerknal het begin, anders het hy nie gebeur nie. Maar daar is ‘n God van wie getuig word dat Hy die Alfa en Omega, die begin en einde IS.