Moenie alles glo wat jy hoor nie

Evolusioniste beweer hulle weet hoekom mans jaloers is: Evolusie. Dis evolusionêr voordelig vir mans om seker te maak sy vrou kry sy kind, nie iemand anders s’n nie. En dis ook glo hoekom huishoudelike geweld gebeur, waarom meeste vroue wat deur hulle mans vermoor word nog jonk en vrugbaar is.

Kom ons sê dit weer: Mans vermoor glo hulle vrugbare vrouens om seker te maak die vrou kry sy kind en bevoordeel sy gene. Aldus evolusioniste.

Nog ‘n stuk vertel dat introversie en ekstroversie deur evolusie bepaal word. As jy ‘n introvert is beland jy minder in konflik, wat jou help oorleef en jou evolusionêr bevoordeel. Jy het ook ‘n kleiner kans om siektes aan te steek. En as jy ‘n ekstrovert is? Dit help jou om kos en ander behoeftes te kry, want jy hoor by ‘n breër netwerk van die plekke waar kos, ens. beskikbaar is.

Of te wel: Mense is introverte oor dit geneties voordelig is vir hulle evolusie. Mense is ekstroverte oor dit geneties voordelig is vir hulle evolusie. Verstaan jy?

2 responses to “Moenie alles glo wat jy hoor nie

  1. Nie al die vroue wat jonk en vrugbaar is word vermoor nie. Ek dink werklik jy probeer jou bes om evolusie NIE te verstaan nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s