Arm, maar darem (Tandemstorie)

Dellie het onlangs ‘n uitdaging op haar blog gesit: ‘n Tandem-storie. Die idee werk so: Skrywer 1 skryf ‘n paragraaf, en dan skryf skrywer 2, weer ‘n paragraaf. Dan, is dit weer skrywer 1 se beurt. Mens skryf om die beurt tot die storie klaar is, sonder om ooit te kommunikeer oor die rigting wat mens met die verhaal wil inslaan. Hier is ek en my makker se (makabere) resultaat. (Die skrywers hier is Assie in blou, en ek in swart.) Skakels na nog van die resultate is hier.

Arm, maar darem

Kabous sit en staar vir ure na die pakkie op sy tafel.Vroeer afgelewer deur die oornag diens. Hy weet presies wat daarin is, tog is hy baie onwillig om dit oop te maak, maar wat gedoen moet word , moet gedoen word.Hy sny die papier bewerig oop, staar lank na die arm in die plastiek sak en dink “eintlik n baie klein hand vir so n groot man” Nadat hy die pak weer verseel het en DHL dit kom haal het maak hy n bier oop en gaan sit op die stoep. Kabous maak sy oe toe en dink terug aan daardie sonnige dag nege maande gelede.

Die dag toe hy Linda ontmoet het. Hy wou eintlik nooit hê dinge moet só vêr gaan nie, dink hy. Hy het dit nie vir die geld gedoen nie. Hy het dit gedoen, oor sý betrokke was. Vrouens kan die beste in ‘n man uitbring- of die slegste. Sy het daardie dag ‘n kolletjie-sonrok aangehad, onhou Kabous, en sy was lewenslustig en borrelend. Colin kon sy oë nie van haar afhou nie. Colin. Sy gesig verhard toe hy aan die vent dink.

Twee name wat hy liewerste wil vergeet, Colin, n jong verwaande mediese student met n kop so groot soos n sirkus leeu, en dan Linda, allemans vrou met n duidelike voorliefde vir geld, baie geld. Hy wat Kabous is, avonturier, grootwild jagter en gids was haastig. Die vliegtuig het gewag.
Vir die eerste keer in sy lewe het Kabous eerder weggevlieg van iets as na iets. Kabous het nog altyd gevlieg eerder as kar gery: Die bestemming is belangriker as die stilsit van die reis, en hoe vinniger hy die ryery agter die rug het, hoe beter. Maar daai dag het Kabous nie gedink aan sy bestemming, aan wat hy daar wil doen, nie. Hy het gedink aan die sameloop van omstandighede wat maak dat hy vandag op hierdie vliegtuig gaan wees.

Skuld eisers was nog nooit hoog op sy lys van vriende nie. Kabous maak so eenhandig nog n bier oop, waar hy aanvanklik vir Linda as n uitweg gesien het, het sy toe al meer en meer na n bedreiging begin lyk. Hy onthou nog hoe belangrik dit daardie dag was om nie die aansluitings vlug te mis nie. “Damn maar dis warm.”
Hy het nie baie tyd gehad nie voor hy moes vlieg nie, en het dus minder met hulle gepraat as wat goed sou wees. As hy langer met Linda gepraat het, sou hy dalk haar beter opgesom het. Anders opgetree het. Maar sy vliegtuig het gewag. Eers later het hy gedink sy kan dalk ideaal by sy planne inpas. Planne, deels om sy skuldeiesers van sy nek af te kry. Maar dis nie al waaroor sy planne gegaan het nie.

Die manier hoe sy Colin gegroet het , het hom al laat besef dat hulle twee nooit n “Happy ending sou he nie”.Sy en Colin was te veel van n eenheid. Sy planne moes nou maar op hul eie stoom deurwerk. Hy het na Colin daar drie rye voor hom gekyk, en teen sy hele wese en menswees, vir die eerste keer n haatgevoel teen iemand gekoester.Skuld eisers het nou begin klein lyk.Sy planne vir sy toekoms het n heel ander wending ingeneem.”moet net seker maak dat Colin nie op die volgende vlug is nie.”
Hy het kontakte wat daarvoor kan sorg, maar sulke ‘gunsies’ kos geld. Geld wat hy binnekort sal hê, as dinge reg uitwerk. Hy bel: “Mike, ek het so ‘n bietjie hulp nodig. Kan jy sorg dat iemand so ‘n bietjie op Heathrow besig gehou word? Net lank genoeg om sy aansluitingsvlug te mis. Sy naam is ….” Kabous gee Colin se naam en van, die vlugnommer waarop hulle is en die tyd wat die vlug sal land. Geen onnodige detail nie. Hy vertrou Mike om die res te doen.

Detail het hy bietjie verdoesel, Mike was ‘n goeie vriend, maar hierdie was baie groter as dit. Mike was toe nooit nodig nie. Kabous was die 2e een om by te kom na die vliegranp. Colin klap hom liggies deur die gesig. “Hey, pel, lyk my dis net ‘n paar van ons tailenders wat dit gemaak het.” Kabous proe nog die swael op sy tong. Die gapende gat in die vliegtuig se romp staar na hom. Slegs 5 van al die “tailenders” het dit gemaak. Dis toe wat die stryd om oorlewing in alle erns begin het. Skuldeisers, Linda en Mike, het glad nie meer “gefeature” nie.
Eers het hulle gekyk of hulle enigsins naby mense is, maar kon geen teken van beskawing vind nie. Toe het hulle vir kos begin skrop in die vliegtuigwrak. Intussen het die Afrika-son genadeloos op hulle neergebak. Dit was ‘n week voor hulle ander mense gewaar het: 2 Swart mans, met wie hulle geen taal in gemeen gehad het om te kommunikeer nie.

Al die oorledenes was al begrawe. Die Afrikane het gekom en gegaan. Nooit weer gesien nie. Die kos en water wat hulle uit die wrak kon kry, was al lankal klaar. Daar was ‘n atmosfeer van hopeloosheid wat tasbaar in die lug gehang het. Dit was amper twee weke later toe Colin, wat bo verwagting leierskap oorgeneem het, met sy oorlewingsplan gekom het. Colin het een van twee opsies daar gestel: hulle kon OF sit en wag om dood te gaan, OF hulle kon sy desperate plan aanvaar. Dit het behels dat, aangesien hulle nie meer kos het nie, en hy ‘n mediese student is, hy van elkeen ‘n arm amputeer en dit dan dien as voedsel. Die verskil tussen lewe en dood.
Die idee was skokkend. Maar hulle het nie veel van ‘n keuse gehad nie. En wat hom siedend woedend gemaak het, was dat Colin hulle probeer oortuig het dat hy glad nie in staat sal wees om een van sy eie arms te amputeer nie. Die bliksem het hulle dus probeer oorreed tot iets wat hy nie aan homself sal doen nie. Hulle het nie heeltemal daarvoor geval nie. Na baie gestry, is dit aanvaar dat net die ander 4, Colin uitgesluit, die eerste rondte sou lootjies trek vir ‘n arm. Maar vanaf die 2de keer wat hulle ‘n arm sou nodig hê, sou Colin deel wees van die lootjies trek. (Hulle sou kyk wat hy die eerste keer doen, en, sou dit Colin wees wat geloot word, dit doen soos hy gewys het.) 4 stokkies, 3 langes en ‘n korte, is in Colin se hand gehou vir die eerste rondte. Wie ookal die kort stokkie trek, sou eerste wees.
Soos dit maar met die noodlot gaan, Colin se beurt het nooit gekom nie.Die dag toe James die laaste lootjie trek en begin huil, het Colin almal stip in die oe gekyk en gese ” Boys, ons gaan hierdeur kom. Ek beloof nou dat wanneer ons terug in die states is, ek my arm sal laat afsit en dit vir julle wys.”

James was nog erg verdoof van die whisky, valium en grandpa (en nog) konkoksie wat Colin vir hom opgedis het toe die eerste helikopter daar land.

Van Linda en haar trawante het hy nooit weer gehoor nie, kan nie help om te dink wat James, (die laaste een wat Colin se arm sal ontvang,) daarmee gaan doen nie. Al verpes en verag hy Colin hoe, een ding staan soos n paal bo water: Colin, slang en wat nog, is n man van sy woord.
Kabous maak nog n bier oop en sit sy voete oor die tralie werk van die stoep, wie weet, dalk eendag????????

10 responses to “Arm, maar darem (Tandemstorie)

  1. Makaber, inderdaad! Maar goed gedoen, julle twee. 😉

  2. Dis regtig goed! Dit kort eintlik ‘n vervolg😉

  3. Baie nice julle🙂

  4. Interessantte storie😆
    Mag ek nooit so honger word nie😉

  5. Pingback: Al die tandem stories « Dellie se Dinge

  6. Effens grillerig, ja, maar goed gedoen. Dankie vir die saamspeel!😉

  7. Goed gedoen julle! 😉

  8. Baie nice gedoen. Ek het maar bietjie voorliefde vir emmers vol bloed ens. Ek kan hierdie toneel in ‘n movie voorstel! So ietsie soortgelyks aan tonele uit Hostel.

  9. Baie nice julle.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s