YouTubers vra 12-jarige om homself dood te maak

‘n 12-jarige seun met die skuilnaam ChristianU2uber het onlangs ‘n video by YouTube opgelaai waar hy ‘n opinie gee oor homoseksualiteit. Dit het ‘n lang stroom van meestal haatpos tot gevolg gehad. ‘n Paar van die kommentare was die volgende:

“stoopid littl [kru woord, verkeerd gespel],
ur an idiot,
y o y did i clik this and watch as much as i have….
scary 2 think little nazis like u still roam th earth,
proof that there is no god; u exist”
“…Please die.”
“There is no god, you pervert! btw: you’re homo.”
“Kill Christianity, and then kill yourself,”
“You, just like everyone who is against gay marriage, is a mentally retarded bigot. No exceptions. Now go to h—.”

Watter soort mens wens dat ‘n 12-jarige homself doodmaak, of hel toe gaan?
Dis sekerlik so dat, op sy ouderdom, hy heelwat meer lewenservaring moet kry voor hy werklik iets oortuigend oor ander mense se lewensstyl kan sê. Maar dis ironies dat dieselfde mense wat groter verdraagsaamheid vir sekere groepe (gays, in hierdie geval) bepleit, self nie ‘n greintjie verdraagsaamheid het teenoor ‘n kind wat nog nie kans gehad het om meer kante van ‘n saak te hoor nie. En wat, anders as hierdie outjie, persoonlik raak met haat.

——–

Hier is nog ‘n onlangse storie van gay haat:Lesbiërs wat ‘n kerkdiens onderbreek met baniere, dreunsang, deur die preekstoel te bestorm, vandalisme en publieke seksuele gedrag. Toe hulle uit is, het die predikant gereageer deur te bid dat hierdie haat-gevulde mense God se liefde sal ken…

8 responses to “YouTubers vra 12-jarige om homself dood te maak

  1. haha blameer die liberals.

  2. Wouter, ek wil graag beter verstaan: Is dit vir jou “haha” snaaks as mense ‘n kind doodwens? Haat is nie vir my snaaks nie.

  3. Ek dog dit was redelik obvious dat ek verwys het na die tweede skakel.

  4. Retha, met respek – jy oordryf.

    Dis die internet. Geweldadige taalgebruik is deel van die leksikon. Verskeie invloede, onder andere vanuit die veld van online gaming, permeate dié wêreld.

    ‘n Uitdrukking soos: “We raped them” beteken heel gereeld nie “ons het hulle fisies verkrag” nie, maar: “Ons het hulle gat geskop in DOTA”.

    Daai kindjie is nie doodgewens nie; die persoon wat daardie woorde getik het, sal nie in ‘n 100 jaar die moed hê om ‘n moord te pleeg nie.

  5. Wouter, wat is so snaaks aan gebeure in daardie tweede skakel?

    Johan, daai kind is doodgewens. Daai kind moes verskeie kommentare lees wat neerkom op “Ek wens jy was dood.” Met hulle monde (sleutelborde) het mense hom doodgewens, al bedoel hulle dit nie met hulle harte nie.
    Kom ek vra jou ‘n vraag: Veronderstel ek besoek blogs wat opinies uitspreek waarmee ek nie saamstem nie. (Dis seker maklik om jou in te dink.)
    Veronderstel ek skryf dan: “Onnosele [kru woord], jy is ‘n idioot.” en: “Gaan asseblief dood” en: “Maak [jou hele denkrigting] dood, en dan jouself.” en: “Jy en almal wat soos jy dink is verstandelik gestremd en bekrompe. Gaan hel toe.” Sal jy my dan verdedig en sê hoe gewelddadige taalgebruik deel van die internet-leksikon is, hoe ek in ‘n 100 jr. niemand sal doodmaak nie?

  6. On Sunday, November 9, 2008 Michigan liberals sat peacefully through announcements, worship and prayer for the sick, our nation and our President-elect before staging a coordinated, disgusting and repulsive attack…

    This is what Michigan liberals label a “radical right wing establishment,” and over 30 of them showed up in force yesterday. Wearing secret-service style ear pieces and microphones they received the “go” from their ringleader and off they went.

    The “open minded” and “tolerant” liberals ran down the aisles and across the pews, hoping against hope to catch a “right winger” on tape daring to push back (none did). And just in case their camera missed the target, they had a reporter in tow.

    An hour after police and security had collected and removed who they thought were the last of the liberals, a volunteer security person discovered two more, hiding, together, in a public restroom.

    Yesterday morning defined the difference between a church of believers and Michigan liberals.

    As jy nie die humor in die liberals verwysing kan sien nie het jy nog glad nie genoeg Amerikaanse nuus gekyk/gelees nie.

    Die kommentaar maak dit nog als 10000,0000x beter. Bv reply #6,8,13, ens ens

    Dit beteken nie ek ondersteun wat hulle gedoen het nie, maar ek kan nie help om te lag met daardie verweisings in dit nie.

  7. Dankie, Wouter! Nou verstaan ek jou “ha ha … liberals” verwysing. Ek is jammer. My vrae hier was oor ek jou nie verstaan het nie.

  8. En dis heel moontlik ander 12-jariges wat daardie soort snert comments skryf. Anonimiteit en internet-afstand maak snaakse dinge met mense en hoe hulle “relate” met mekaar…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s