‘n Vraag vir leraars, luisteraars, leuenaars, leuenstoelfilosowe, lusteloses, lewenslustiges, leiers en lede

h_consciousnessDaar is goeie en slegte nuus vir die Christendom. Eers die goeie nuus: Die belangstelling in spiritualiteit is hoog. Annerkant sê byvoorbeeld sy/haar blog is oor “die lewe, spiritualiteit, werklikheid, die heelal en ons plek daarin.” En daar is talle soos hy/sy- wat baie baie graag oor spiritualiteit wil praat. Temas soos “geestelike heelheid” word hoog aangeslaan. Aan die anderkant is daar die slegte nuus: Hoewel ons Christene beleef ons het al Één, en net een, teegekom wat geestelike heelheid kan bring, skakel  baie mense af as die onderwerp oor Hom begin gaan. Ek vermoed ‘n wanindruk oor wat geloof en wie God is het dalk baie daarmee te doen. Christenskap kan byvoorbeeld nie vir mense buite die kerk voorskryf wat hulle moet wees nie. Maar waaroor het mense ‘n wanindruk?

En daarom vra ek: As geestelikheid dan so belangrik is, hoekom stroom meer mense nie na Jesus nie? Ek gaan nie hier begin met antwoorde nie, ek laat die kommentaar-leweraars begin.

Hierdie is ‘n vraag “vir”, en nie net ‘n vraag “aan” nie, omdat “vir”ook “ter wille van” beteken. Die vraag is vir leraars, want hulle moet weet hoekom heelwat “respektabele mense” wat meer diepte soek, nie hulle “produk”- Jesus- soek nie. Die vraag is vir luisteraars, want hulle moet sê wat hulle sou wou hoor, wat Christene nie sê (of kan sê?) nie. Dis ‘n vraag vir leuenaars nie oor ek ‘n oneerlike antwoord wil hoor nie. Leuenaars beteken hier mense wat tot dusvêr nie kon eerlik wees oor hoekom hulle verder soek na godsdiensdienstigheid in iets anders nie, wat nie vir hulle kerk-medelede kon vertel hoekom of waar hulle soek nie. En leuenstoelfilosowe? Wel, as jy ‘n denker is, het jy dalk al gedink oor geestelikheid. Dis vir almal wat waarde heg aan geestelike dinge maar nie Christenskap oorweeg nie, om te vertel waarom nie. Of vir ons wat Christene is, om te verstaan waarom ander dit nie is nie. Dis o.a. in my “idees vir kategese, kinderkerk ens.” afdeling, omdat iemand wat met die jeug werk ook moet sorg dat hy/sy heersende denkrigtings in die samelewing verstaan. Want jy wil nie hê dat die kind of jongmens vir wie jy nou les gee, oor 5 of 15 jaar ‘n verdraaide beeld van God en geloof moet hê nie.

Die evangelie is onveranderlik. Maar die verpakking verander. As jy die evangelie aan ‘n Spaanssprekende wil verkondig, sal jy moet Spaans praat. Iemand het gesê: “As ek die evangelie aan ‘n honger mens verkondig, draai ek dit in ‘n toebroodjie toe.” Paulus het in 1 Kor. 9:22 gesê: “Vir almal het ek alles geword om in elk geval sommige te red.” En daarom, sonder kompromieë, vra ons as volgelinge van Christus onsself: Wat moet ons wees, en waaroor moet ons begin praat as ons die mens wat wil spiritueel wees, maar by Christenskap verbykyk vir die antwoorde, die Goeie Nuus wil help verstaan? Waarom is dit nie vir ons luisteraars die nuus wat hulle soek nie?

3 responses to “‘n Vraag vir leraars, luisteraars, leuenaars, leuenstoelfilosowe, lusteloses, lewenslustiges, leiers en lede

  1. Retha, ek dink mens moet oppas dat die verpakking nie op ‘n stadium belangriker word as die inhoud nie. Ek dink die rede hoekom so baie mense vandag verby die boodskap van Jesus kyk is omdat hulle dit al tot vervelens toe gehoor het in al wat ‘n verpakking is. In daardie geval het hulle wat my betref reeds die informasie gekry. As daar miskonsepsies is sal ek werk om die miskonsepsies uit die weg te ruim, maar as ‘n spesifieke persoon klaar besluit het dan het sy/hy klaar besluit en dis nie my taak om daardie persoon te forseer om te glo nie.

  2. Flippiefanus, jou punt oor die verpakking is, myns insiens, geldig.

    Die konsep van verlossing, die Drie Eenheid, en God se “woord” is my grootste probleem met Christenskap. Spiritualiteit hoef nie ‘n geloof in Christus in te sluit nie, maar kan wel tog ‘n god insluit.

  3. Emil, ter illustrasie het ek so bietjie gespeel met daardie laaste paragraaf van jou. Kan sien waar die probleem le?

    “Die konsep van [eiksimmetriee], die [ses quarke], en [Heisenberg se “onsekerheidsbeginsel”] is my grootste probleem met [kwantum fisika]. [Natuurwetenskap] hoef nie ‘n geloof in [kwanta] in te sluit nie, maar kan wel tog ‘n [krag] insluit.”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s