Was Hitler ‘n Christen? Webblad

Op ‘n onlangse draad hier het iemand indirek beweer dat Hitler ‘n Christen was, en ‘n stuk aangehaal wat Hitler daaroor gesê het in die openbaar, toe hy nog wou hê mense moet vir hom stem. (Ons almal weet hoe politici kan lieg om verkies te word.) My antwoord was om ander Hitler-aanhalings te gebruik om te wys hoe hy regtig oor die saak gevoel het, opmerkings wat gemaak is toe hy nie stemme gesoek het nie.

Hier is ‘n webblad wat ek vandag oor die tema raakgeloop het (‘n skakel soontoe het in my inbus beland.) Die blad se subopskrif beweer dit gaan oor “A Scriptural Analysis of Anti-Semitism, National Socialism, and the Churches in Nazi Germany. Debunking the Myth that Hitler was a Christian.” Die blad lyk vir my na ‘n sinvolle besprekingsbron oor die vraag van: “Baie mense het idees oor hoe die samelewing, ideaal gesproke, moet werk. Wat maak dat sekere idees op die ou end tot doodslag lei? Hoekom lei sekere idees meer gereeld as ander tot massaslagtings?

3 responses to “Was Hitler ‘n Christen? Webblad

  1. Dit lyk na ‘n interessante werk. Miskien kan jy Michael Burleigh se “The Third Reich” ook lees. Dis ‘n bondige historiese werk, maar anders as ander skrywes oor Hitler, bekyk hy deeglik hoe Hitler sy volk stelselmatig mislei deur veral na Hitler en ander Nazi’s se toesprake te kyk. Hy vergelyk Hitler se steun met ‘n sekulêre beweging. Ek het self nog nie die werk klaar gelees nie😳

  2. Dankie, Emil. Dis juis wat ek oor wil dink: Hoekom gebeur sulke dinge?

  3. Ek stem, “The Third Reich” is seker die beste, en mees akkurate bron oor Hitler, en dan ook sy eie, “Mein Kampf”.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s