Monthly Archives: Mei 2009

Oor skeptisisme en sosiale wetenskap, religie en ruimtereise

Science flies man to the moon. Religion flies man into buildings.

Ons kan gerus skepties wees oor sulke slagspreuke. Die eerste probleem met daai stelling is natuurlik dat wetenskap (en tegnologie) mense wel in geboue invlieg, in presies dieselfde opsig as wat wetenskap (en tegnologie) mense maan toe vlieg. Dis wetenskap wat die mens laat vlieg het, wat uitgewerk het dat ‘n gebou deur ‘n vliegtuig vernietig kan word. Wetenskap verskaf die tegnologie en vermoë vir albei.

En politiek is ‘n vername rede waarom albei hierdie dinge gebeur het: Die eerste maanreise was tydens die koue oorlog ‘n (baie duur, vir die belastingbetaler) manier van spiere wys, en 9/11 gaan oor politiese sake soos die verdrukking van die Palestyne, asook die Amerikaanse en Britse steun aan Egipte en Saudi-Arabie. Alle oorloë word deur politiek en regerings veroorsaak, maar die oorgrote meerderheid oorloë het nie godsdiens onder die oorsake nie.
Waarom kry wetenskap eer as iemand op die maan land, maar kry hy nie nie skuld as iemand hom gebruik om atoombomme te maak of vliegtuie in geboue vas te vlieg nie? As jy wetenskap bedank vir die “goeie” dinge waartoe hy die vermoë gee, moet jy hom mos kritiseer vir die slegte dinge waarvoor hy die vermoë gee?

 

Wetenskap is nie iets om te verafgod nie.Wetenskap kan fantastiese of aaklige gevolge hê. Wetenskap alleen kan ons nie in ‘n utopia inlei nie. Om onkrities lof aan wetenskap te gee, is ‘n vorm van scientisme, ‘n religie wat teen alle rasionaliteit ingaan. Die regte gesindheid in die mens is nodig om wetenskap, of watter nuttige ding ookal, reg aan te wend.

Hier vir ‘n rede

Op ‘n ander blog het deelnemers hierdie week ‘n gesprek gehad oor geloof en wetenskap. Iemand vertel daar dat hy bang is vir die pad waarop dit hom dalk sal plaas as hy eers begin glo dat sekere dinge in Genesis nie letterlik bedoel is nie. Dit bring die gesprek op die ou end by deconversion uit, en by lewe sonder om in God te glo. Iemand sê toe dat sonder God, sy lewe betekenis sou verloor. Waarop meer as een ongelowige (billik) antwoord: “Maar my lewe het dan betekenis! Moenie veralgemeen nie!”
En dis waar. ‘n Spesifieke ongelowige kan ewe veel of meer sin in sy lewe beleef as ‘n blindweg gekose (randomly chosen) Christen. Die verskil lê elders: As ons vir ewig leef, en as ons dade ewig betekenis het, teenoor medemense wat ook ewig leef, dan is “betekenis” ‘n objektiewe realiteit, ‘n feit. As die mens maar net vergaan, en geen hoër gesag bestaan om te sê wat waarde het en wat nie, is betekenis ‘n subjektiewe opinie.
As gelowige kan ek rasioneel glo dat die lewe wat God my gee, vir ‘n rede gegee is. Geloof in Jesus maak dat ons realistiese gronde het vir die dinge wat werklik saakmaak – dinge soos betekenis en omgee. Ons is hier vir ‘n rede. Ons moet ons kanse en talente gebruik. Wat jy sê en doen en leef maak vir ‘n verskil- vir ewig.
 

 

pic

Craig/ Hitchens debat oor God se bestaan lok duisende

20090405_110716_DebateTop_300Die geleentheid was uitverkoop. Mense het ure tougestaan om in te kom. Elke ouditorium op die kampus was volgepak, en daar was ‘n web-uitsending na 35 ander Amerikaanse state en 4 ander lande. Waarvan praat ons? ‘n Beroemde sanger? ‘n Sportbyeenkoms?

Nee, ons praat van ’n debat. Tussen Christopher Hitchens (Joernalis en skrywer van God is not great: How religion poisons everything) en William Lane Craig (Professor in Filosofie). En die onderwerp? Dit was “Does God exist?” (En party mense sê dat byna niemand meer in godsdiens belang stel nie!)

Mens kan seker die video koop, maar vir nou moet ek maar tevrede wees met opsommings soos Doug Geivett s’n, Rebecca LuElla Miller s’n, en Wintery Knight s’n.(As jy net een van hierdie wil lees, beveel ek Geivett aan.)

Dit is so dat mense nie vinnig hulle opinie verander in sake soos hierdie nie. Nogtans lyk dit of selfs ongelowiges erken dat Craig gewen het. (En party gelowiges hoop selfs dat hierdie vir Hitchens op die lang duur in bekering se rigting sal help.) Natuurlik het Craig se voorbereiding en debatsvernuf iets met sy oorwinning te doen, maar op die ou end kán hy só ‘n debat wen oor daar bewyse is vir God se bestaan.

En hierdie soort debatte gaan nie net oor die kop nie. Soos Rich Bordner daaroor sê:

The highlight of the debate for me was when Craig made an evangelistic appeal to both Hitchens and the non believers in the audience. Of course, Hitchens wasn’t just gonna bow the knee right there, but this underscores a proper view of apologetics: it is an evangelistic, missionary enterprise.
I frequently hear Christians dismiss apologetical ventures because “its all just arguing about words. You can’t win anyone to Christ with an argument. Only the Holy Spirit can do that. It’s all head and no heart and is totally irrelevant to my life.”
First, I think anyone watching tonight could see Craig’s character and fervent love for the Lord. I’ve seen the same for many Christian philosophers and apologists on the intellectual front lines. They are winsome and attractive ambassadors, as Koukl says. This puts that last objection (it’s all head and no heart) in it’s place.
Secondly, *nothing* in isolation can win someone to Christ without the Spirit, not even love or acts of service. But people are won over to Christ with arguments all the time when they are used by the Holy Spirit. With the Holy Spirit’s help, they are quite potent.

Ja, daar is redes om te glo. En daar is redes om jou lewe aan Jesus oor te gee.

Op missie vir die Koning

die-chroniken-von-narnia-der-konig-von-narnia-wallpapera

Ons is hier vir ‘n rede. Ons is deel van ‘n oorlog tussen lig en donker. Ek kom gister af op hierdie inspirerende toespraak (met verwysings na Lord of the Rings en Narnia) deur Anthony Horvath. Koningskinders mag nie moed opgee nie.