Oor skeptisisme en sosiale wetenskap, religie en ruimtereise

Science flies man to the moon. Religion flies man into buildings.

Ons kan gerus skepties wees oor sulke slagspreuke. Die eerste probleem met daai stelling is natuurlik dat wetenskap (en tegnologie) mense wel in geboue invlieg, in presies dieselfde opsig as wat wetenskap (en tegnologie) mense maan toe vlieg. Dis wetenskap wat die mens laat vlieg het, wat uitgewerk het dat ‘n gebou deur ‘n vliegtuig vernietig kan word. Wetenskap verskaf die tegnologie en vermoë vir albei.

En politiek is ‘n vername rede waarom albei hierdie dinge gebeur het: Die eerste maanreise was tydens die koue oorlog ‘n (baie duur, vir die belastingbetaler) manier van spiere wys, en 9/11 gaan oor politiese sake soos die verdrukking van die Palestyne, asook die Amerikaanse en Britse steun aan Egipte en Saudi-Arabie. Alle oorloë word deur politiek en regerings veroorsaak, maar die oorgrote meerderheid oorloë het nie godsdiens onder die oorsake nie.
Waarom kry wetenskap eer as iemand op die maan land, maar kry hy nie nie skuld as iemand hom gebruik om atoombomme te maak of vliegtuie in geboue vas te vlieg nie? As jy wetenskap bedank vir die “goeie” dinge waartoe hy die vermoë gee, moet jy hom mos kritiseer vir die slegte dinge waarvoor hy die vermoë gee?

 

Wetenskap is nie iets om te verafgod nie.Wetenskap kan fantastiese of aaklige gevolge hê. Wetenskap alleen kan ons nie in ‘n utopia inlei nie. Om onkrities lof aan wetenskap te gee, is ‘n vorm van scientisme, ‘n religie wat teen alle rasionaliteit ingaan. Die regte gesindheid in die mens is nodig om wetenskap, of watter nuttige ding ookal, reg aan te wend.

7 responses to “Oor skeptisisme en sosiale wetenskap, religie en ruimtereise

  1. Probeer hierdie een verdraai:

    “Aeroplanes fly, magic carpets don’t.”

  2. Hoekom sal ek dit wil verdraai?🙂

  3. Dis ‘n goeie argument. Ek hou veral hiervan:

    Waarom kry wetenskap eer as iemand op die maan land, maar kry hy nie nie skuld as iemand hom gebruik om atoombomme te maak of vliegtuie in geboue vas te vlieg nie? As jy wetenskap bedank vir die “goeie” dinge waartoe hy die vermoë gee, moet jy hom mos kritiseer vir die slegte dinge waarvoor hy die vermoë gee?

    Die spreuk wat jy aanhaal, van beide ‘n deduktiewe en induktiewe vraagstelling is reeds gedoem by uiting. Dit poog om twee onvergelykbare elemente teenoor mekaar te stel. Dit, op sy eie, spreek van onkundigheid. So misverstaan mense die wetenskap vs godsdiens debat – die twee staan afsonderlik.

    Andrew se stelling, daarenteen, doen die argument meer gestand😉

  4. Dankie, Emil. (Interessant genoeg kry ek daai slagspreuk op die blog van iemand wat Politics, Philosophy & Economics geswot het… )

    Bedoel jy met “die twee staan afsonderlik” dat die redenasie van die eerste en tweede helfte van die argument afsonderlik staan, of dat godsdiens en wetenskap afsonderlik van mekaar staan? Ek glo godsdiens en wetenskap is afsonderlike sake, maar nie “non-overlapping magisteria” nie.

  5. Afsonderlik. Waar is die “overlap?”

  6. Ek maak gou seker, want jy het nie geantwoord nie. Jou mening het die woorde in

    “Dit poog om twee onvergelykbare elemente teenoor mekaar te stel. … die twee staan afsonderlik.”

    “Twee onvergelykbare goed is volgens jou:

    1) die deduktiewe vs. induktiewe redenasies van die slagspreuk?
    2)Wetenskap en godsdiens

    Ek vind albei in elk geval onvergelykbaar, maar ek wil graag jou bedoeling verstaan.

  7. Ek het ook ‘n mening oor die saak hier gegee.

    http://alleman.wordpress.com/2009/04/14/godsdiens-vlieg-jou-nie-in-geboue-vas-nie/

    Op daardie draad het iemand my ingevlieg oor ek noem “Wetenskap maak miljoene ongebore babas ‘n jaar dood” (bedoelende: die mediese wetenskap verskaf die metodiek daarvoor).
    Sy antwoord my toe dat die mediese wetenskap babalewens red,((bedoelende: die mediese wetenskap verskaf die metodiek daarvoor). Ja, die mediese wetenskap doen albei. En as hy lof verdien vir lasgenoemde, verdien hy kritiek vir eersgenoemde.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s