My ma praat oor die telefoon met een van my drie broers. Sy praat oor hoe bly sy is om weer my ander broer te sien. Díé was wees omstandighede vir meer as 6 maande nie by die huis nie. Sy gesels hoe sy goed gebak en gemaak het waarvan Ouboet hou.
Waarop Kleinboet antwoord: “Ja, die verlore seun het mos nou teruggekom, nou word alles reg gemaak vir hom.”
En my ma sê: “Weet jy hoe klink jy nou? Soos die verlore seun se boetie.”
(Sy het darem weer vir vir die verlore seun se boetie iets spesiaal gemaak toe hy weer ‘n week later kom kuier!)