My handskrif

Vrydag tag Flippiefanus my om my handskrif vir julle te wys. Boervrou tag my toe ook. Die idee is: “Skryf in jou handskrif en neem dit af. Wys dit op jou blog.” Toe sukkel ek. My selfoonkamera is maar middelmatig, en ewe skielik word my selfoon nie herken as ek hom by my rekenaar se USB insit nie. Die volgende dag vra ek my rekenaartegnikus- broer se hulp. Hy vra my: “Hoekom het jy nie jou scanner gebruik nie?” Duh, Retha. Duh, duh, duh.

Handskrif RethaF

Hierdie laat my dink aan iets wat gebeur het toe ek in St. 6 was. ‘n Onderwyser deel vir my my boek uit, na hy gemerk het. Daar staan iets geskryf, maar ek kan nie uitmaak wat nie. Ek vra my ouers. Hulle kan ook nie die onnie se skribbels uitmaak nie. Die volgende dag vertel ek hom: “Meneer, as meneer hier geskryf het ek moet iets verander of oor doen, dan het ek dit nie gedoen nie, want ek weet nie wat meneer geskryf het nie.” Hy vat die boek. Hy bekyk dit deeglik. Op die ou end sê hy: “Daar staan ‘Jy moet netjieser skryf’.” Toe lag die hele klas vir hom.

Ek tag vir Boer in Ballingskap, Wipneus, White Knight en Wurmblikkie.

9 responses to “My handskrif

  1. Dankie dat jy deurgedruk het en saamgespeel het.

    Arme onderwyser. Dis seker ‘n kwessie van: maak soos ek se^ en nie soos ek doen nie.

  2. Pingback: Handskrif-onthulling « Boer in Ballingskap

  3. Mooi rympie😉

  4. Ek is mal oor jou ou Retha’tjie wat daar onder in die hoek staan!

    Hoekom is mense so skaam vir hul handskrif?

  5. Pingback: Handskrif – en stories uit graad 1 « wurmblikkie

  6. ♥ die prentjie, eenvoudig maar GELUKKIG!

  7. Ek sal vandag my huiswerk indien Retha. Jou skrif lees baie maklik, dis die belangrikste!!! En ek hou van jou prentjie!!😉

  8. Pingback: Handskrif « Veilige Hawe / Safe Harbour

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s