Nie so lank terug nie het ek geskryf oor ‘n debat tussen Christopher Hitchens, skrywer van “God is not Great: How religion poisons everything”, en die analitiese filosoof en Bybelskolier William Lane Craig. Craig is al jare lank een van die voorste debatteerders vir die Christen-geloof.
Daar is ‘n debat wat talle mense graag wil hoor: William Lane Craig teen Richard Dawkins, luidrugtigste voorstander van militante ateïsme, op die onderwerp: “Does God exist?” Albei het al groot debatstoere gehou, maar nog nie met mekaar gedebatteer nie.Tot dusvêr het RD nog nie ja gesê vir so ‘n debat nie.
As jy dink dat die debat interessant kan wees, gaan teken hier ‘n petisie om te vra daarvoor.