Dis eintlik nie só belangrik nie …

Die afgelope maand of twee doen ek by my werk goed wat so vervelig en herhalend soos uitskryfwerk is. Baie daarvan. En my kreatiwiteit lei onder die sieldodende werk. Saans het ek geen idees vir iets om te blog of te maak nie. En ek vertel myself: Druk deur. Haal in. Sodra jy ingehaal het, kan jy weer jou laptop werk toe bring en iets meer uitdagend doen. Jy kan dalk selfs ‘n uur of so baie dae hê om by die werk jou eie belangstellings op die internet na te jaag.

En ek druk deur en haal in. En Donderdag kom ek op die punt wat ek vir myself sê: “Môre gaan ek weer my laptop werk toe vat!” En Vrydagoggend breek aan, en my selfoonwekker maak my nie wakker nie. Toe ek opstaan, vra ek myself hoekom my wekker my nie wakker gemaak het nie. My selfoon is nie op my bedkassie nie. Ek klim uit my bed en soek my selfoon. Toe sien ek my skootrekenaar se kabels muurprop toe, my muis (ek haat die touch pad) en my USB modem. Ek sien nie my skootrekenaar waar ek hom gelos het- ingeprop tussen die vooraf genoemde- nie. My handsak lê oop, beursie langs hom, en al die note weg.

‘n Inbraak! Ek het ‘n dol dag van polisie kontak en probeer reël om weer my selfoon op die lug te kry en ‘n stukkende vensterslot weer te beveilig en rondbel om weer my kontakte se nommers bymekaar te kry en , en, en….

My laptop! My gedagtes is gesteel, alles waaraan ek werk en wat ek ontwerp en navors is gesteel. En fotos en mooi goed. Maar die dief was langs my om my foon op my bedkassie te vat- en het nie aan my geraak nie. En soos ek die namiddag by my peetkind kuier soos ek dikwels Vrydaemiddae maak, onthou ek, met die mollige graad een-dogtertjie wat babbel en bly is om my te sien, dat my geliefdes oukei is, en dat ek oukei is, en dat my verlies nie só groot was nie.

Maar ek wens nog steeds iemand kontak my en sê hy het ‘n Sahara-laptop gekoop by ‘n pawn shop, met “Retha Faurie” as gebruikernaam en ‘n klein jakkalsie-ikoon langsaan. ‘n rekenaar met folders vir apologetics, kinderwerk en papierpoppe (onder andere) onder sy “My Documents.” En wil ek die rekenaar terugkoop? Maar ek dien die Een wat alles ten goede laat meewerk. Hy kan hierdie ook ten goede laat meewerk.

——

Naskrif: Geskryf vanaf iemand anders se rekenaar. En moenie verbaas wees as ek in komende dae stadig reageer op julle kommentaar of e-posse nie.

7 responses to “Dis eintlik nie só belangrik nie …

  1. Dagse Retha

    Dis totaal verstommend hoe arrogant hierdie mense is in hul optrede.

    Ons bid saam jou en is dankbaar vir die wete dat jy veilig bewaar is in die hele proses. Mag jou begeertes en wense in die opsig waar word dat jy weer jou hartsgoed en gedagtes terug kry.

    Groete

  2. Geld kan nie mens se lewe koop nie! Soms word mense gedood vir ‘n pakkie sigarette. Dankie tog jys veilig.

  3. Ek is bly jy is veilg, maar ek word vreeslik kwaad om te dink mens moet maar tevrede wees dat jou eiendom, waarvoor mens hard gewerk het, sommer net so kan geVAT word en jy moet net bly wees hulle laat jou lewe!

  4. Ek is jammer om te hoor wat gebeur het. Behalwe die goed wat weg is, is dit ook ‘n skending van jou privaatheid. Ek hoop jy kry jou laptop terug.

  5. Ek kom nou net agter dat my “char griller” se gas bottel deur die nag gesteel is. Weer ‘n keer! Dit kan maklik vervang word maar ek se^ weer wat ek voorheen gese^ het, dit is ‘n mens se privaatheid wat in sy moer in verkrag word. Ek hoop dit sal jou so bietjie beter laat voel … nie omdat EK die ou is wat afgekak het nie maar omdat ons almal in dieselfde bootjie sit.

  6. Dankie, almal. Dammit, Andrew, hulle is darem vermetel. In een van my onlangse poste het ek bespiegel of die probleem dalk is dat baie dink hulle het die reg om ander se goed te kry, dat die lewe of die “rykes” hulle iets skuld. (Dit was in “Is “we demand” dalk die probleem?”)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s