Dalk ‘n Eks-idioot?

Charles Malan erken in Rapport dat hy en ander wat beraadslag het met die ANC, dalk “bruikbare idiote ” was. Aan die kommentaar kan ek sien dat meeste mense saamstem dat hy, om die minste te sê, baie naïef was. Maar as hy een was, moet mens dalk tog bietjie simpatie hê.

Iemand wat self erken hy was (miskien) ‘n idioot, is beter as ‘n (miskien) idioot wat nog steeds nie sy dwaasheid insien nie, dink ek. Maar jy kan van my verskil daaroor.

4 responses to “Dalk ‘n Eks-idioot?

  1. Jip, daai tyd in Lusaka was ‘n ander tyd. Ek dink nie die omstandighede van vandag was toe in die gesigsveld nie.

    Dan is ek ook maar ‘n idioot😉

  2. Emil, miskien is meeste van ons (Charles Malan en sy kritici ingesluit) gefrustreerd oor ons graag ‘n land van regverdigheid en geregtigheid wou sien.

    Die ou SA, met sy apartheid, en verskille in hoeveel aan skoling bestee is vir wit en swart, was nie een nie. Die nuwe SA, met sy AA en BEE en misdaad, is ook nie een nie. Waarskynlik kon minder naïewe onderhandelaars gesorg het vir ‘n realiteit wat ietwat nader aan daardie ideaal sou kom nou. Maar die land kon nie bly wat hy was nie.

    (Ek sien nou ek’t vergeet om ‘n skakel in te sit na die artikel en kommentaar waarna hier verwys word. Ek maak dit nou reg.)

  3. O, Emil, as jy my iets tussen die lyne wou vertel (nie onmoontlik as jy😉 nie), hierdie blogger is baie stomp as dit kom by tussen die lyne lees. Dalk is dit oor my Asperger sindroom, dalk is dit net ek. Sê wat jy bedoel!

  4. Die stryd in die 1980s is anders as vandag. Toe was dit nog om bevryding. In enige “rewolusie” vind mens verheldering, of teleurstelling. In Lusaka was dit gesprekke oor edele motiewe en bedoelings. Vandag is daarvan min oor. Maar niemand kon voorspel wat sou gebeur die oomblik toe Pandora se boks oopgemaak is nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s