On the freedom to disagree from your government

On AOL news Ken Layne asks: Should socialised medicare protesters be denied socialized medical care? Now Ken probably speaks of America, but I would answer “yes.” They should both be denied socialised medical care and denied the obligation to pay for it. If, for example, 5% of taxpayer money goes towards socialized healthcare, protesters who agree never to use it should get a 5% reduction in their taxes.

It’s only fair, wouldn’t you say?

8 responses to “On the freedom to disagree from your government

  1. Ek vind die oorheersing van die Christendom deur regse politiek in Amerika (en SA) baie hartseer.
    Die regses opponeer natuurlik openbare gesondheidstelsels, want hulle verkies ‘n stelsel met uitstekende sorg vir die rykes, en geen sorg vir die armes nie.

    Retha ek dink ‘n openbare gesondheidstelsel soos in Brittanje en die meeste Europese lande is ‘n wonderlike iets. Almal dra by, en niemand word uitgesluit nie.

    So, natuurlik moet regses wat daarteen protesteer ook nie uitgesluit word nie.

  2. Alleman, ek het verneem dat Brittanje se openbare gesondheidstelsel nie so waffers is nie, of is ek waningelig?

  3. Brittanje se openbare gesondheidstelsel kan gekritiseer word, en het voortdurende aandag nodig om vermorsing te beperk, maar in vergelyking met wat SA het, is dit iets wonderliks.

  4. Alleman, ek glo Brittanje se gesondheidstelsel doen beter as ons s’n. Ek sal nie weet of dit danksy, of ondanks, staat-inmenging in hulle of ons onderskeie stelsels is nie. Maar dalk moet ons nie so vinnig oordeel oor waarom mense gekant is teen die idee van regering-beheerde gesondheidsversekering nie.

    Hier is ‘n paar voor- en nadele daarvan, en dis nie net ‘n geval van “gun armes niks, wil alles vir hulself hou” nie:
    http://www.balancedpolitics.org/universal_health_care.htm

  5. Alleman had reg. Die konserwatiewes hang ‘n utilitarian benadering aan. Ek is ‘n groot voorstaander van “socialized medical care.” As dit binne my vermoë is om private hulp te bekostig, dan goed so. Maar ‘n bydrae tot ‘n sosiale fonds , al word dit wetgewing geforseer, is nodig. Is dit nie ‘n Christelike plig nie?

    5% belastingvermindering? Bah, die duiwel vat wat hom toekom, al dan nie😆

  6. Ongelukkig is dit so dat ons in ‘n land woon waar die oorgrote meerderheid van die mense nie toegang het tot mediese dienste nie. As ons deur iets soos belasting daartoe kan bydra om aan hulle mediese versorging te gee, moet ons (as Christene veral) bereid wees om dit te doen: Een voorwaarde, moenie net nie dat die regering die verskaffing van mediese dienste beheer en bestuur nie, kontrakteer dit uit, maar ook nie aan die familie of vriende van hogere politici nie…
    Dit sal ‘n moeilike proses wees, maar ek is daarvan oortuig dat dit sou kon werk. Baie dink werk, maar moenie die baba saam met die badwater uitgooi nie.
    Skuus vir die lang kommentaar.

  7. Skuus vir die lang kommentaar.

    Attie, jy hoef nie hier verskoning vra vir lang kommentare nie. Ek kan ook laaanges doen.

    Ongelukkig is dit so dat ons in ‘n land woon waar die oorgrote meerderheid van die mense nie toegang het tot mediese dienste nie. As ons deur iets soos belasting daartoe kan bydra om aan hulle mediese versorging te gee, moet ons (as Christene veral) bereid wees om dit te doen

    Ons land het reeds ‘n publieke gesondheidstelsel, met staatshospitale, wat deur belastingbetalers befonds word. En niemand stel voor dat dit weggeneem word nie. Ons moet inderdaad vra wat staatshospitale en ‘klinieke beter sal maak. Maar vermoedelik is “gee hulle net meer geld” nie die hele antwoord nie.

    Een voorwaarde, moenie net nie dat die regering die verskaffing van mediese dienste beheer en bestuur nie,

    Dis waar die bekommernis inkom in Amerika en hier, ja. – Meer beheer en bestuur van die regering. En ons regering is nie juis bekend vir effektiewe bestuur van ander sake (bv. polisie of onderwys) nie. En Amerikaners wat gekant is teen die idee, kan ook daarop wys dat Kanada (wat so ‘n stelsel het) se mense meer probleme met hulle stelsel het as Amerika- wat nog nie een het nie. http://winteryknight.wordpress.com/2009/08/03/must-read-how-does-health-care-in-the-usa-compare-with-other-countries/ (Amerika en Kanada is m.i. 2 meer vergelykbare lande as SA en Brittanje.)

    Baie dink werk

    Absoluut. Hier is iemand wat in Wall Street journal ander dinge as staatsbeheerde mediese fondse voorstel: http://online.wsj.com/article/SB10001424052970203946904574300482236378974.html

  8. Maar ‘n bydrae tot ‘n sosiale fonds , al word dit wetgewing geforseer, is nodig. Is dit nie ‘n Christelike plig nie?

    Dis nou ‘n goeie vraag: Is dit die Christen se plig om soveel as moontlik vir die regering se liefdadigheidswerk by te dra en die verantwoordelikheid van hoe die geld spandeer word in ander hande te laat? Of moet ons liefs so min as moontlik daar gee, en soveel as moontlik self betrokke wees en self seker te maak dat die liefdadigheid goed gedoen word? (Dis die topic van ‘n nuwe pos wat ek DV vanaand op hierdie blog gaan sit.)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s