Prys die Here- of die Rooi See diep is of nie

MosesEendag het ‘n middeljarige vrou ‘n nuwe werk gekry. Hierdie werk sou beteken dat sy elke oggend ‘n halfuur lank moet bus ry werk toe, en elke middag ‘n halfuur terug huis toe. Sy besluit toe om nie daardie uur elke dag te mors nie, en liewer die Bybel van voor tot agter deurgelees te kry. Sy lees nog so een oggend aan Eksodus, toe skree sy skielik: “Prys die Here!”

Die student langs haar hop omtrent in die lug van skrik. “Wat is dit nou, tannie,” vra hy.
“Ek het sopas gelees”, vertel sy, “dat God ‘n skare Israeliete droogvoets deur die Rooi See laat gaan het!”

“Ag, tannie” vertel die jong man “die Rooi See is plek-plek net kniediep. Dis nie so wonderlik as mense daar kan deur nie.”

“O,” antwoord die tannie. Sy gaan sit en lees haar Bybel verder. Nie lank nie, of sy skree weer: “Prys die Here!”

Die wysneus student langs haar hop weer van skrik. “Wat is dit hierdie keer, tannie,” sug hy.

“Ek het sopas gelees”, vertel sy, “dat God ‘n leërmag Egiptenare in kniediep water laat verdrink het!”

Ek skat die punt van die storie is dat jy jou deur die Bybelkundiges en teoloë moet laat leer soms, maar moenie dat hulle jou van jou sin van verwondering oor die God van die Bybel beroof nie…

5 responses to “Prys die Here- of die Rooi See diep is of nie

  1. Dagse Retha

    Dis ‘n pragtig verhaal.

    Juis daarom sukkel so baie mense want hulle soek ‘n verklaring en ‘n bewyse vir elke ding wat God kan doen. Ons enigste probleem is dat ons wat slegs ‘n “stofdeeltjie” is in die hele skepping, die Skepper wil verklaar. Prys die Here vir sy grootheid en goedheid.

    Groete

  2. Ek hou van die storie. Mense het desedae ‘n beheptheid met “verklarings”. Tog sal hulle sulke verklarings vir soetkoek opvreet selfs al is die verklarings eintlik nie baie geloofwaardig nie.

  3. Imagine net daar was jetskis in daai tyd…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s