Skepties SA, ons kinders verdien beter

Skepties SA, soos koerantlesers of selfs lesers van hierdie blog reeds weet, wil ‘n hofsaak maak om godsdiens in skole te beperk.

Een van die kommentare hier oor die saak was van ‘n blogger genaamd Skoor:

Ek vertrou dat die George Claassen en die res van die heksejagters sal kry wat hulle toekom. Om spesifieke skole uit te sonder en te teiken, gaan my verstand te bowe. Ek kan horror verhale neerskryf oor hoe dit in skole in die land gaan. Van hoenderpote wat in ‘n groot kastrol kook in personeelkamers, en waar GEEN klasgee plaasvind tot na eerstepouse, wanneer die onderwysers hulle pote klaar geeet het, tot viktimisering van onderwysers en vandalisme. En dan mors hulle tyd op sulke twak!

Ja, ons land het talle swak skole met totaal ongemotiveerde onderwysers, soos Skoor uitwys. Ek kan my kop op ‘n blok sit die skole wat Claassen by die naam noem en wou vervolg, is van die beter akademiese skole in sy gebied. Wat Skepties SA beoog, is eintlik om goeie skole af te trek na die vlak van skole waar niks onderrig voor eerste pouse plaasvind nie- en Skepties SA verstaan dit nie. Hulle verstaan dit nie, want hulle kan nie skepties kyk na hulself, na menslike natuur, of die resultate van godsdiens uit skole haal elders in die wêreld nie.

 Skepties SA besef nie, vir een ding, dat goeie skole juis skole is waar die ouers betrokke is, en kies wat hulle kinders leer en wie die onderwysers is nie. Die regering voel vere vir jou kind. Jy as ouer gee die meeste om. As Skepties SA wil hê die regering moet meer beheer neem oor wat kinders mag en nie mag leer nie, word ouerbetrokkenheid- wat baie goed vir skole is- afgewater. (Hans Pietersen en diesulkes is egter vanselfsprekend welkom om as ouers ook deel te neem aan besluite oor wat geleer word by hulle kinders se skole.)

Vir die soort onderwyseres wat vrywillig haar geloof met kinders deel, is onderwys ‘n missie wat sy doen om God te eer en kinders vir wie God lief is te help. Maar om haar te vra om nie God te deel met kinders nie, is om eintlik te vra dat sy haar missie op die agtergrond skuif. En om te dink dat ‘n onderwyser(es) wat se missie en visie op die agtergrond geskuif/ vergeet word, ‘n ewe goeie en toegewyde onderwyser sal bly op die lang termyn (net ene wat stilbly oor godsdiens) is naief. Om te glo alle jong SA-ners wat in God hulle motivering vind, kan maar ander beroepe as onderwys kies, en dat skole nie sal ly wanneer daardie soort innerlik gemotiveerders wegbly uit die onderwysberoep nie, is uiters kortsigtig.

Om dit eenvoudig te stel: Daar is ‘n minderheidsgroepie onderwysers wat gemotiveer word deur hulle geloof. Hulle sien hulle werk as ‘n missie en doen dit met ‘n visie. Selfs waar hulle in die minderheid is, trek dit ander onderwysers by hulle skool om ook goeie werk te lewer. Toegewyde onderwysers skep ‘n kultuur van toewyding. Hulle is die sout en die lig van die onderwysberoep. As jy die visie- en missie- onderwysers vra om stil te bly oor hulle geloof, is die kanse goed dat jy party van hulle sal demotiveer. Op die lang duur demotiveer jy ook diesulkes om onderwys as beroep te kies.

En ons kinders het elke gemotiveerde onderwyser nodig wat ons kan kry. In ‘n ander onlangse pos (nie oor godsdiens in skole nie) het ek juis ook gevra vir meer aansporings om onderwysers te motiveer, nie minder nie.

Ek hoop en bid regtig dat ons land nie die soort skole kry wat die Skepties SA mense verdien nie. Want ons kinders verdien beter…

2 responses to “Skepties SA, ons kinders verdien beter

  1. Kry die feite reg – “julle” kinders mag kry wat hulle verdien, solank skole by die wet hou. Lees wat die wet vereis.

  2. Ja, Bysteek, ek hou ook daarvan as mense hulle feite reg kry. Dankie, ek sien ons altwee hou van feite. My vorige twee poste was ook oor hierdie saak, en die eerste van hulle [George kla!(sen)] het dan juis ook ‘n grondwetkenner oor die wet aangehaal, en vertel dat Claassen klaarblyklik sy feite verkeerd kry. My tweede inskrywing het verwys na feite van hoe objektief goed geloofsonderig in Christenskap vir kinders is. Jy het nog nie die skakel na daardie feite gekliek om jou feite reg te kry nie, né?

    Wat die openingsin van daardie webblad betref- “Waag dit om te dink” waarop sinspeel dit? Want as julle daarmee reken dat gelowiges nie mense is wat dink nie, moet kan ek vir jou ook sê:

    Kry die feite reg.

    Christene word gevra om te dink! Christene moet juis God liefhê met die “hele hart, hele siel en hele verstand.

    En waarvan presies moet mens denke vry wees om ‘n “Vrye denker” te wees? Vry van logika? Vry van beinvloeding? (Niemand is vry van beinvloeding nie!)(Dit hou seker verband met my blog-vraag van wanneer ‘n mens “oopkop” is. https://gelowigenondersoekend.wordpress.com/?s=oopkop)

    Maar as my feite verkeerd is, is jy welkom om my reg te stel. “Kry die feite reg” is egter nie op sigself ‘n korreksie nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s