Slegs vir kinders!

virhulle

‘n Toegewyde Christen-vrou kom by my aan met ‘n breë glimlag. Sy vertel my: “Die Here vertel my ek is geroep om met stukkende vroue te werk. Ek is nou klaar met kinders gespeel, ek het my Sondagskoolklas aan Annemarie oorgegee.”

En ek is onmiddelik kwaad. Oor sy haar Sondagskoolklas drop? Nee. Die Here kan haar dalk die begin van die vierde kwartaal vir iets anders roep, en as sy selfs iemand anders kry om haar klas oor te neem, hoekom nie? En vir al wat ek weet het die Here Annemarie geroep om by kinderwerk betrokke te raak.
Oor sy met stukkende vroue wil werk? Nee, nooit, wat is daarin om oor kwaad te wees?

Wat my so kwaad maak dat dit al my selfbeheersing gevat het om nie daar te begin berispe voor almal nie (daar is ‘n tyd en plek vir alles) is dat sy impliseer dat kinderwerk net “speel” is, en nie ‘n sinvolle spandeer van tyd nie. Oor sy kinders minag, en nie as belangrik in die koninkryk beskou nie.

Die Bybel sê:

“Wie homself gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemel. En wie so ‘n kindjie in my Naam ontvang, ontvang my. … Julle moet nooit een van hierdie kleintjies minag nie, want Ek verseker julle dat hulle engele in die hemel gedurig by my hemelse Vader is.” Matteus 18

Die koninkryk van God het, volgens Matteus 18:3, ‘n bordjie op: Slegs vir kinders (en mense soos hulle). Ons moet verander en soos kinders word om daar in te gaan. (Kinderlike geloof , terloops- net om misverstand te voorkom noem ek dit- beteken nie ‘n geloof wat anti-rede en anti-kennis is nie, of “blinde geloof” nie- dit beteken iets anders.)

Bekeer ouderdomJunior sondagskool/kinderkerk/ kleuterkerk is nie een van die kerk se laagste takies vir mense wat niks beter kan doen nie. Dis belangrike werk met mense wat vir God belangrik is, wat na Sy beeld geskape is. George Barna, kerk-statistikus, het eenkeer ‘n opname onder Christene gemaak oor die ouderdomme waarop hulle tot bekering gekom het. (Grafiek hier regs. 100% verteenwoordig alle bekeerdes, nie alle mense nie.)

Wat mens by ‘n vraag uitbring? Watter persentasie van die kerk se geld, tyd, en beplanning gaan daarin om kinders tussen 4 en 14 te bedien? Kom ons vat, vir ‘n rowwe raaiskoot, 15% ? Wel, as ek in verskeie projekte belê, en ek sien dat 85% van my wins konstant kom uit ‘n plek waar ek gewoonlik 15% van my “geld” belê, sal ek meer daar belê- en minder elders. Die gemiddelde ouderling (en dalk selfs dominee) behoort dit mos te verstaan?

Die beroemde 19de-eeuse prediker Charles Spurgeon het gesê:

A child of 5, if properly instructed, can savingly believe and be regenerated as well as any adult.

Ek wil van hom “verskil”, en saamstem met wat ‘n jeugwerker my eentyd geleer het:

An adult, if properly instructed, can savingly believe and be regenerated as well as any child of 5. – Tania Schultz.

Daar is ‘n klomp voordele aan kinderbekerings. Die een is dat God ‘n groter deel van die bekeerde se lewe kry. (Bv. 60 jaar i.p.v. 30jaar.) ‘n Ander is dat die kerk so lidmate kry wat nog nie verval het in soveel sonde en slegte keuses en seer, en so baie nodig het om te verpleeg en genees en te vernuwe nie.

En die punt is? Die punt, medegelowige, is om oor kinders te dink soos God oor hulle dink. En God reken nie kinders, of werk met hulle, is onbenullig nie.

—————

Naskrif: Vir ‘n Christen wat verder oor hierdie saak wil dink, beveel ek hierdie aanhalings aan.

3 responses to “Slegs vir kinders!

  1. Hiermee stem ek ook nogal saam. Kinders bied soveel potensiaal dat ek nie kan verstaan dat enigiemand kan dink dis minderwaardig om met kinders te werk nie.

  2. Flippie, ek voel so sleg as ek so af en toe by my spambox uitkom en jou antwoorde daar sien. Het nie ‘n idee waarom jy in spam beland op my blog nie. As ek geweet het hoekom, sou ek dit verander het. Ek vra groot verskoning dat 2 ou kommentare van jou nou eers op my blog beland.

    Retha

  3. Wonderlik! Ons stem 100% saam. Dit is net God wat mense se harte kan aanraak sodat hulle Sy hart vir kinders kan kry. Miskien moet ons daarvoor begin bid.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s