Dit maak jou nie onskuldig nie, oom Jurie

Volgens die Star:

Afrikaans singer Jurie Els intends escaping being convicted on indecent assault by proving he only had sex with Robbie Klay after his protegee turned 16 and that Klay only blew the whistle years later …

Drie observasies, as dit waar sou wees:

1) Die wet het tot einde 2007 nog gesê dade tussen ‘n man en ‘n seun onder 19 is onwettig. Robbie se 16de verjaardag was in 2002, en Jurie se troue in 2005. Klaarblyklik wil Jurie vir ons vertel dat hy heeltemal bereid was om ‘n outjie te gebruik wat nog wetlik minderjarig was.

2) Jurie en Robbie erken albei dat hy ‘n vaderfiguur vir Robbie was.  Nou ja, ek verwag van ‘n volwasse man om duidelik te weet dis onaanvaarbaar om seks te hê met iemand vir wie jy ‘n vaderfiguur is. Ek verwag selfs van ‘n tiener uit ‘n swak gesin (Robbie) om dit soort van te weet.

3) Robbie is uit die skool gehaal vir sy sang, en sy ma het ophou werk om hom te tuisskool. Die tiener was dus geldelik afhanklik van sy loopbaan. Dus kon sy platevervaardiger/ die sanger saam met wie hy soms getoer het, Jurie, baie druk op hom uitoefen. Dis bekend dat selfs volwasse vroue soms seksuele teistering van ‘n werkgewer aanvaar oor finansiële druk. Hoeveel te meer ‘n tiener? Getuies vertel ook dat Jurie ‘n baie sterk, manipulerende persoonlikheid het. 

Kortom, Jurie wil klaarblyklik vertel dat hy ‘n minderjarige gebruik het wat hom as vaderfiguur beskou het en wat geldelik soort van afhanklik van hom was. En dan hoop hy seker dat die publiek simpatie met hom sal hê en weer sy CD’s sal koop?

6 responses to “Dit maak jou nie onskuldig nie, oom Jurie

  1. Ek het ook oor daardie 16 jaar gewonder. Selfs al is dit wettig, is dit steeds af. Ek dink amper homoseksuele seks kan nog steeds net tussen mense ouer as 18 gebeur.

    Hoe het Jurie nou heteroseksueel geword met Hestrie?

  2. Xena, baie navorsers sê meeste mense is nie 100% gay of 100% straight nie, maar kan afhangende van omstandighede in enige geslag belang stel. Sulke dinge hang baie van invloede af.

  3. Let op daarop dat ek nie Jurie beoordeel op wat Robbie vertel nie. Ek beoordeel hom op wat hy self blykbaar erken.

  4. Ek dink ons weet te min van die hele saak om kommentaar te lewer en in elk geval wie is ons om vinger na Jurie te wys bid eerder vir hom en Robbie. Al se hy wat ons mag nie oordeel nie ek het ook al maar het vir die Hemelse Vader om vergifnis gevra. Laat ons die Vader vra om n wag voor ons monde te plaas.

  5. Magda, hoe verstaan jy “oordeel”? Dink jy byvoorbeeld dat ‘n Christen nooit ‘n regter mag wees nie? Regters doen beslis ‘n soort oordeel, maar ek glo ‘n Christen mag daardie werk doen.

    Wat presies is dit wat gelowiges nie mag doen nie, dink jy, as ons nie mag oordeel nie?

  6. Magda, ek wou jou webblad opsoek, maar hy bestaan nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s